Author Topic: Oorbodige Items in jou kas...  (Read 2064 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Oorbodige Items in jou kas...
« on: May 15, 2013, 08:37:29 PM »
Het jy oorbodige items in jou kas?

Myne... seker al daardie truie en warm goed bo in die kas wat ek nie dra nie.  En kom die winter, het ek NIKS om aan te trek wat warm is.
As ek net 'n lang swart jas kan kry wat my (lengte'tjie) pas, sal ek die gelukkigste girl op die aarde wees.
Maar nou sukkel ek met 'n lengte wat net soveel as die breedte is.  En die ontwerpers van klere dink as jy groter om die lyf is, word jou arms en bene langer. Terwyl dit eintlik andersom is.  Jy is dikker, want jy is korter!!!  Hallooooooooooo... hoor julle ons?  Nee, hulle hoor nie.  
En ek soek SWART, nie bottergeel of bottelblou of bloedrooi.  Want dit kan jy vandag aantrek en more nie. Dan sit jy weer met die probleem van NIKS OM AAN TE TREK.
As ek net 'n lang swart jas kan kry wat nie dubbele voue op die vloer le as dit oor my skouers pas..
« Last Edit: May 16, 2013, 03:28:14 AM by Angelica »
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Oorbodige Items in jou kas...
« Reply #1 on: May 16, 2013, 04:43:07 AM »
Dit is altyd 'n probleem.  Of te lank of te kort of te groot of te klein.  Dalk kan jy 'n kleremaker iewers opspoor wat vir jou 'n jas kan maak, of verstel.  'n Jas wat netjies pas.   :icon_biggrin:

In my kaste is daar ook goed wat ek nie meer dra nie.  Verlede jaar na die vloed het ons alles uitgedeel wat ons vir ses maande nie gedra het nie.  Ons sal sien wat moet nuwe huise kry na die winter. 

Miskien is my groot probleem "eentoning".  As ons so van die huis af werk het 'n mens baie min spasie vir klere.  Jy pak vir 5 dae en dra daai klere tot jy weer terug is by die huis.  Dan is jy so moeg daarvoor jy wil dit nie weer sien nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Oorbodige Items in jou kas...
« Reply #2 on: May 17, 2013, 03:29:08 AM »
goed wat julle nie meer dra of gebruik nie, pas aan na my.

ek pas dit aan - grootmens klere vir kinderkleretjies ens ... dan gaan dit na huis waar 'n mamma met wees kindertjies bly ... daar is verskeie sulke huise hier in die kaap en nee - dis nie almal net swart nie - baie van hierdie kindertjies is wit ook.

gebruiks artikels - ook - ons maak dit weer mooi en dan kan die ander tannies dit nog gebruik ...

blikke waaruit jy jou winkel kits kos gesny het ... botterls - plastiek en glass - ou eetgery - you name it - I will use it - en as ek nie kan nie - is daar iemand in die team wat wel 'n plan met dit kan maak ... ons noem dit recycle re-use re-home


Angelica ek is seker daar is iemand wat vir jou 'n mooi swart jas kan maak - ek sal bietjie uitvind onder my naaldwerk maaitjies
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w