Die kuierstoep > Bekgeveg

Is jou hond 'n pyn in die nek

(1/5) > >>

PM:
Is jou hond een van daardie honde wat die buurt die hele nag kan wakker hou met sy geblaf maar jy as eienaar van die hond hoor niks!
Wat is die probleem?  Hoekom blaf jou hond die hele buurt wakker maar jy slaap soos 'n babatjie?  Hoekom blaf jou hond die hele dag aanhoudend, jy is by die werk en is glad nie daarvan bewus nie.  ???  Meneer, hoekom het jy 'n hond?

Gawelina:
Ek het 'n hond sodat hy kan blaf en die fokkers wat in die straat loop en kwaad doen kan vertel hy sien hulle. Die pad by ons kamervenster is een van die hoofingange van ons dorp. Dis eenvoudig ongelooflik hoeveel van hulle loop hier en nie in die straat nie, teen ons muur. Hulle terg die honde en daarom blaf die honde. Verder het die buurman sulke duur sampletjies vir honde. Die goedjies beteken fietol, maar hulle kom kef teen die muur by my honde en dit dryf my twee wolwe tot raserny. Nee wat, as iets beweeg moet my hond maar blaf. Hulle blaf net as daar iets is. Gaan kyk maar. Enigste keer wat hulle my werklik erg irriteer, is wanneer hulle so te kere gaan as by die huis kom, of as hulle blaf vir die bediende of die klein hondjies in die huis. Dan wil ek hulle wurg!

PM:
Hier waar ons bly is twee groot honde in die erf agter ons.  Hulle blaf sonder ophou.  Daar is niemand in die straat nie, hulle blaf en blaf dag en nag en dit steek al die keffertjies in die omgewing aan.  Dit is genoeg om 'n mens mal te maak, stapel gek.  Dan raak die baas of base aan die suip en dan is daar 'n bakleiery.  Hulle raas en skreeu en gaan te kere dat hoor en sien vergaan.  Dit is eens te erg. 
Die strate lyk soos ashope en as jy by die hek uitry moet jy nog koes vir die beeste op die sypaadjies.  Mense, hierdie plek is nie in SA nie, of moet ek sĂȘ SA is nie in hierdie plek nie of is dit maar net die nuwe SA. 

Angelica:
Die straat waarin ek werk, 'huisves' nou mediese fasiliteite waar eens net woonhuise was.
'n Nuwe hospitaal en sentrum is gebou en dit grens aan 'n woongebied.  Maw, die straat word nog steeds gebruik as deurloop vir die mense na en van hul werksplekke. 
Daar is nou nog heelparty gewone huishoudings met keffertjies wat heeldag blaf vir hierdie lopers.  Heeldag.  Onder in die straat is tweetjies en regoor die spreekkamer is 'n keffertjie en sy groot broer.  Dit hou nooit op nie. 
En binne in die spreekkamer is Ella wat haar hare uittrek oor hierdie geblaf.  Dis hel steurend.
Maar die base is mos nie by die huis om te hoor nie.
Gelukkig hoef ek nie in daardie straat te slaap nie.
Maar waar ek slaap, is street racing die inding.  Vrydagaand en Saterdagaand het die brekers weer behoorlik die teer opgerol. 

Trapsoetjie:
Nee my honde is nie 'n pyn in my nek nie.
Honde blaf oor 'n paar redes..

1 Algemeen bekend, beskerm sy gebied en "Pack"
2 Minder bekend, oor hulle bang is...en hul hoor goed wat ons nie kan hoor nie.
3 Dan die een wat heeldag en nag huil en blaf ... gewoonlik verveeld. Eienaars moet opvoeding kry.

Ek het iets anders wat my 'n pyn gee. En sy wil nog nie trek nie...... :icon_scratch: Miskien moet ek PM se bure se honde huur om voor haar deur te blaf heel dag en nag lank dalk pla dit haar.  :icon_biggrin:

 :angel12:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version