Author Topic: Call Centres en Departments...  (Read 1831 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Call Centres en Departments...
« on: May 11, 2013, 06:03:57 AM »
Het jy al jou Mediese Fonds se Call Centre geskakel?
Eerstens moet jy deur 'n lys 'If you are a member, press 1. If you are a service provider, press 2. If you...' ens ens ens ens ens tot daar onder by press 9 gaan.
Dan lui die foontjie en die deuntjie, wat jy al self op 'n viool kan uitskree, speel in jou ore. (Na 'n paar weke sal selfs Sarie Marie beter klink.)
Dan praat die tannie weer oor waar jy kan gaan opsoek vir sekere dinge en sy handig jou weer oor aan die orkes. Tot vervelens toe.  Wat soos ure voel later hoor jy 'n gemorrel met 'n vraagteken aan die einde van die gemorrel aan die ander kant en jy skrik wakker uit jou drome... jy se 'beg your pardon? maar dis net weer 'n gemorrel in 'n taal of dialek wat niemand, of so klink dit, kan verstaan.  Daardie foontjies wat hulle oor hulle se koppe aanhak in die Call Centres hang mos hier onder hulle kele.  So dis net 'n geroggel en gegorrel. Ek kan om die dood nie hoor wat hierdie dames se nie.
So, as die twee van julle uiteindelik mekaar verstaan, kan sy jou net tot op 'n punt help, wat nie veel hulp is nie en jou dan deurskakel na Client Services.
Weereens dieselfde uitvoering van Bach se manewales in Beethoven se flat.  Urrrrre, se ek jou.  Uiteindelik!!  Weer die geroggel.  Ek gooi sommer die foon neer.
Na baie tyd se gesukkel met net een persoon se rekening-query, gee jy moed op. More is nog 'n dag.
En dit alles vir die klient / pasient. 
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Call Centres en Departments...
« Reply #1 on: May 11, 2013, 09:14:30 AM »
So, wat jy sê is dat daar is nog firmas wat die ekstra myl loop vir hul pasiënte.   :hello2:   :notworthy: 
Daardie "nommer asseblief" is 'n euwel wat orals kopuitsteek en dit is 'n nagmerrie.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Call Centres en Departments...
« Reply #2 on: May 15, 2013, 06:23:15 PM »
Call Center's is EVIL  :bootyshake:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w