Author Topic: Spykerkaskenades  (Read 3493 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Spykerkaskenades
« on: May 26, 2011, 08:42:26 AM »
Spykerkaskenades

Jy wat manel dra,
ek lag vir jou in my hand
as jy so sukkel om bo te bly,
met vlerke wat wild swaai en
‘n stertjie wat wikkel
van kant tot kant.

Met daai stomp bek
gryp jy vashou plek
en ek is verbaas dat jy
so lank bo kan bly.

Vroulief sit gedwee en staar
na die velde tot wie weet waar.
Sy is gládnie verwonner nie
as jy sommer net so áf donner nie.

As jy opspring en voor haar kom staan,
skud jy daai vlerke wel gedaan.
Dan gooi ek my kop agteroor en lág,
nou kan ons net wag vir die nageslag.
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Spykerkaskenades
« Reply #1 on: May 26, 2011, 06:58:26 PM »
ek het dit nou sooo geniet, om daai prentjie voor my te sien.   :hello2: 
ek gaan een van myne soek wat so hierby aanpas dan kan jy dit dalk eendag naby mekaar plaas.

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Spykerkaskenades
« Reply #2 on: May 26, 2011, 07:36:11 PM »
Giggel ek nou vir die stukkie vry. Ja nee, kyk, as jy wil sal jy bo bly.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Spykerkaskenades
« Reply #3 on: May 26, 2011, 09:05:47 PM »
Bo bly sal ons bo bly.  Ek hou nie van afval nie,  ek hou van bo-bly!   :toothy4:

Kom ons maak so Adéle!  Kom ons plaas dit saam in die boek!  Bring sustertjie,  bring!  Ek kan nie wag nie!  Ek het al 'n mooi foto wat ons daar innie Kaap geneem het by  Bettiesbaai!   
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Spykerkaskenades
« Reply #4 on: July 28, 2019, 08:30:18 PM »
Kyk, vanmiddag het ek twee vlerksleepduifies dopgehou .... maar daardie nageslag is nog nie oppad nie, die vlerkslepery gaan nog 'n rukkie aanhou  :toothy4:
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Spykerkaskenades
« Reply #5 on: July 29, 2019, 11:59:57 AM »
Ek sal duime vashou dat dit gou gebeur.  Die "vryseisoen" is om die hoek.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Spykerkaskenades
« Reply #6 on: August 02, 2019, 11:49:16 AM »
Ek soek en soek... dit smaak my die vryseisoen kwyn met ouderdom saam  :icon_biggrin: hoe gemaak as jy die vlammetjie weer wil laat flikker verwonder ek my nou vanaand want die stilte in ons pandok waai die flikkerende kersie dood voor dit nog behoorlik kon vlam vat!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Spykerkaskenades
« Reply #7 on: August 05, 2019, 01:26:38 PM »
Ons kyk maar wat die bokke en die duifies doen.   :angel12:
Om te weet is om te verstaan.