Author Topic: die herfs van pyn  (Read 3980 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
die herfs van pyn
« on: April 30, 2013, 10:57:44 PM »
die herfs van pyn

met hande ineengevleg
het hulle
’n hangbrug, myle ver,
oor oerwoude vol alleenjare gebou

eerste wankelende tree
trappie vir stappie
vashou aan die wind
wat die gang van die swaai bepaal

word sekerheid
’n vaste wete
van vertroue en tweesaamlewe
in die najaar van hul asemteue

tot twee tydmate verder
in die hangbrugkalender
’n houtkraak klief deur murg en skeen
’n grypdief aan hul harte steel

word eensaamvrees
weer aangewaai-
die wind wat die hangbrug swaai
tornado deur elk opening
om hortend-fluitend
met die herfs van pyn
hul daagliks brood te smeer

 :grommit: 
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: die herfs van pyn
« Reply #1 on: May 01, 2013, 09:56:24 AM »
Verskriklik mooi geskryf Adéle.  Ek hang 'n beerkaros van omgee om julle matertjie.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: die herfs van pyn
« Reply #2 on: May 01, 2013, 04:26:16 PM »
dankie vriendin ... ek tel elke oggend die dag op en stap daarmee op my skouers tot vanaand, dan bere ek hom in die skemervaringbos tot more-oggend toe. ons jubel en prys ons Here heeldag deur wanneer die aarde 'n nuwe dagbreek inkantel en ons nog 'n dag vir mekaar gespaar is.

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: die herfs van pyn
« Reply #3 on: May 02, 2013, 08:00:57 AM »
Aangrypend geskryf.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: die herfs van pyn
« Reply #4 on: May 02, 2013, 07:21:55 PM »
dankie Fransi  :love7: 

 :grommit: 
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: die herfs van pyn
« Reply #5 on: May 03, 2013, 06:21:54 AM »
Ek was daar waar jy nou is my matertjie.  Elke dag is kosbaar.  Ons is daar deur en is vir mekaar gespaar.  Uit my hart uit glo ek dat dit vir julle ook beskore mag wees.  Sustertjie, ons vou julle toe in verstaan en hoop en liefde.  Ons glo opreg dat dinge gebeur met 'n doel en die liefde wat julle ervaar, is daar om 'n rede.   Dit is vir julle bedoel.  
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: die herfs van pyn
« Reply #6 on: May 07, 2013, 10:24:46 AM »
dankie lief vriendin, dit gaan maar rof ... ek kom nie elke dag by als uit nie.
sit vanoggend en lag vir myself oppad vd dorp af dam toe ... hierdie skoottoppie word ontelbare kere op 'n dag aangesit ... dan roep iets weer en wanneer ek terugkom, of weer kan aandag skenk, dan knoppiedruk ek dit weer ... en herhaal die beweging weer later ....

dit gaan nie goed nie, swakword kry nou al amper 'n naam met 'n hoofletter...

 :grommit:   
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: die herfs van pyn
« Reply #7 on: May 07, 2013, 11:05:02 AM »
Wat sê die dokters, kan hulle nie iets aan die probleem doen nie?  Hoe langer hulle wag hoe swakker sal hy word.  Wat is hulle probleem?
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: die herfs van pyn
« Reply #8 on: May 07, 2013, 07:34:48 PM »
hy gaan eers die 20ste terug vir MR scan en hartsonar en nog toetse, ek weet nie regtig wat als nie...
dan sal daar dalk 'n antwoord en/of besluit gegee en geneem word ... maar as dit die pankreas is, glo ek 'n operasie sal nie maklik gedoen word nie. die span het reeds gesê dit sal 'n baie hoë-risiko-operasie wees met 'n onsekere prognose

           :grommit:   
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: die herfs van pyn
« Reply #9 on: May 08, 2013, 06:16:40 AM »
Dit is erg om so te wag en wag.  Die onsekerheid vreet mens op en maak jou gedaan.  Ons dink aan julle sustertjie.  Sterkte vir julle.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: die herfs van pyn
« Reply #10 on: May 10, 2013, 11:37:33 PM »
Sjoe Adele - jy het darem die mooiste beskrywings en ek lief die een : oor oerwoude vol alleenjare gebou

baie baie mooi gedig
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: die herfs van pyn
« Reply #11 on: May 11, 2013, 07:15:13 PM »
baaaie dankie lief Willa   :love7:

 :grommit: 
adéle  :grommit: