Author Topic: die pankreas  (Read 20766 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
die pankreas
« on: April 29, 2013, 09:16:31 PM »
die pankreas
wat is die pankreas?
die pankreas is 'n orgaan wat gedeeltelik agter die maag sit/lê/hang. die ding is vol eilandjies wat goed afskei wat help om brood en kos te verteer.... dit maak ook insulien wat maak dat ek kan lekkergoed eet ...

so laerskoolagtig voel dit vir my, eintlik onnosel ek myself onder 'n tafel in ...
hoe meer ek lees, hoe groter verwarring ...

het enige van julle kennis van pankreasontsteking, -verstopping, -operasies, -kanker, -siste, onhoudbare -pyn? waar kan ek dalk soek na ondersteuningsgroepe?

 :grommit: 
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: die pankreas
« Reply #1 on: April 30, 2013, 03:31:01 AM »
Seker so 5 jaar gelede het ons oudste pankreatitus gehad.  Daardie pyn is nie 'n grap nie.  Hy was ernstig siek en het by die dood omgedraai voordat die dokters vasgestel het wat die probleem is.  Die "siek gedeelte" van die prankreas is verwyder en om 'n lang storie kort te maak, dit gaan goed met hom en hy lei 'n gesonde normale lewe. 
Kry net 'n goeie spesialis wat weet wat gedoen moet word, dit is belangrik. 
Sterkte aan Eben en ook aan jou Annie, ons dink aan julle. 
Ek weet nie of daar ondersteuningsgroepe is nie, dit is nie 'n algemene probleem nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: die pankreas
« Reply #2 on: April 30, 2013, 10:26:03 AM »
Pankreas. Saamgestel uit die eilandjies van Langerhans. As die eilandjies ontsteek en siek raak is dit 'n groot probleem. Ja vervaardig insulien. Wanneer die eilandjies doodgaan is dit onvervangbaar. Eilandjies word nooit vervang of herstel nie. Wanneer die pankreas dus siek word en moontlik van die eilandjies verloor is die skade onomkeerbaar. Daarom: geen kuur vir diabetis nie.
Dokters in Duitsland maak egter nou goeie vordering en hulle kan in 'n mate die probleem oplos as dit vroegtydig behandeling kry.
Dit is in kort my kennis van Pankreas in leketaal.



 :icon_bigsmurf:

Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: die pankreas
« Reply #3 on: April 30, 2013, 08:12:29 PM »
dankie julle  :love7: 
ja, hoe meer ek lees en uitvra en ander se ondervindinge hoor ... dit lyk of 'n deel van sy pankreas wat deur 'n sist verstop is, uitgesny (kan/moet) word om die onuithoudbare pyn te probeer verlig ... maar die spesialiste se lyftaal weerspreek hulle moontlike behandelings ...  :dontknow: 

al wat hy vra is dat die oorsaak van die pyn behandel word ...  :crybaby2: 

 :grommit: 

« Last Edit: May 01, 2013, 04:28:03 PM by adele »
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: die pankreas
« Reply #4 on: May 01, 2013, 09:23:25 AM »
In my ervarings met siektetoestande het ek geleer dat 'n mens jouself deeglik moet vergewis van die feite.  Toe ons kinders was het ons al ons vertroue in dokters geplaas.  Dit is beslis nie meer die geval nie.  Dit wil voorkom asof medies en medisyne nou 'n baie goeie besigheid geword het en hoe meer jy kan gaan vir toetse en skanderings en sonars, hoe meer geld maak hulle.  Jou medies sal maar betaal en jy sal maar vrek van pyn.  Jammer, maar ek is baie bitter teenoor dokters.  Hoe meer jy kan oplees hoe beter.  Dit is nie maklik nie.  Voorspoed vir julle, ek weet uit ervaring dat daardie pyn jou letterlik op jou knieë dwing. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: die pankreas
« Reply #5 on: January 21, 2018, 10:17:19 AM »
Lees ek weer saam vanaand aan jou plasing Adele. Ek sien PM was alreeds in 2013 bitter teenoor die ouens wat ons met ons lewens vertrou. Blosend moet erken die uwe dat ek ook vertroue verloor het na vele nare ondervindings en mistastings, wegraak van belangrike leggers, verkeerde medikasie, verkeerde dosisse en die eed van Mammon wat deesdae hooggety vier waar eens belowe was om die pasient eerste te stel :crybaby2:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: die pankreas
« Reply #6 on: January 24, 2018, 03:15:43 PM »
Ja matertjies, met oom google het ons nie 'n verskoning om nie navorsing te doen nie. 
Om te weet is om te verstaan.