Author Topic: Die pad na die hel...  (Read 25419 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Die pad na die hel...
« on: November 06, 2011, 07:03:57 AM »
'n Spreekwoord wat boekdele spreek en 'n mens laat dink is:
Die pad na die hel is met goeie bedoelings uitgelê.

Hoeveel keer het ek al gedink ek doen goed, probeer my bes om te help, dan knal dit terug in my gesig soos 'n donderbussie wat truplof, dan sit ek met so 'n swart geroette bakkies en geskroeide wenkbroue en luister hoe almal vir my lag.  :nono:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Die pad na die hel...
« Reply #1 on: November 06, 2011, 07:41:06 AM »
Juis, en dna raak mens bang om iets te doen  agv vorige nare ondervindings. dis seker ook nie reg om net niks te doen nie. ek het al gehoor iemand seg as jy niks foute wil maak nie doen dan niks en as almal niks doen nie word daar niks gedoen nie en ons verval in middeleeue.

ja maar die ervaring van iets goed bedoel wat backfire is sleg.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die pad na die hel...
« Reply #2 on: November 06, 2011, 08:19:16 AM »
Soos jy kan sien is "antie" weer op die lug.
Ek sal nou-nou my e-pos gaan doen.

Die probleem is ook dat daardie mense vir wie jy probeer help het, nou kwaad is vir jou.  Hulle dink jy sit op 'n troon en oordeel hulle, maar dit is baie ver van die waarheid af. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Die pad na die hel...
« Reply #3 on: November 06, 2011, 08:45:16 AM »
HR kom van H/O JHB af om die personeel in die kantoor wat einde Nov moet klaarmaak, toe te spreek.
Een van ons departemente in die Medical Division maak toe en hulle Kaapstad tak deel 'n kantoor met ons, 'n ander afdeling van die Medical Division. (Ek werk vir 'n baie groot BEE Co met verskillende Divisies in die Mediese veld).
Die vorige dag vra ek die sekretaresse (wat ook moet gaan) of sy gaan reel vir eetgoed ens,  nee se sy, sy gaan nie en as hulle wil koffie he, sal sy maak.
Ek besluit die aand dat ek iets sal voorsit.. sommer om die somber atmosfeer bietjie te versag.
Kry die oggend vars muffins en sit die kantoor se nuwe stel koppies en bekers uit met alles netjies in skinkborde gepak op die side boards in die boardroom.  Kry vars koffie in die perculators en moet net aangeskakel word.  Aircon op 'n gemaklike temp en alles is net te nice.
Die sekretaresse is woedend dat ek dit durf waag om in hulle meeting in te meng,  maar nadat ek haar verseker het dat my bedoeling was om die spanning bietjie te breek met 'n vars koffie en muffin in die hand, het sy ingesien dat ek net wou help.
Goeie bedoelings word nie altyd so gesien nie.  Met kommunikasie kan dit reggestel word.  Maar ook dit werk nie altyd as die partye nie WIL verstaan nie.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die pad na die hel...
« Reply #4 on: November 06, 2011, 09:54:48 AM »
Dit is jammer dat daar mense is wat altyd alles in 'n negatiewe lig sien. 
Jy kom dit ook gou agter wanneer jy iets sê en 'n persoon begin dadelik selfverdediging toepas.  Dan draai ek my kop so skeef, sit 'n frons op my hele gesig en probeer sin maak.  O!  Die skoen het gepas!  Dit was nog nooit nie op daardie persoon gemik nie, maar die skoen het hom/haar ook gepas.  :icon_scratch:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Die pad na die hel...
« Reply #5 on: January 10, 2012, 07:06:13 AM »
Met my goeie bedoelinge het ek al 'n pratende padkaart na oom Nic se kaggel geb(r)ou  :crybaby2:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die pad na die hel...
« Reply #6 on: January 10, 2012, 11:06:12 AM »
Pragtig gestel Raaitjie!  Geb(r)ou.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die pad na die hel...
« Reply #7 on: April 03, 2013, 11:28:35 AM »
Ek dink ons moet nog gesels oor hierdie onderwerp. 
Goeie bedoelings is net wat dit is - goeie bedoelings.  As iemand vir jou iets wil gee of doen,  hoekom daai ou in die gesig vat deur te sê ek vra nie aalmoese nie.  Hê?  Auk!
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die pad na die hel...
« Reply #8 on: September 13, 2013, 09:08:57 AM »
Daar gebeur dit toe weer met my.  Ek kry inligting van die koerier dat hulle in al die dorpe waar ek boeke wil laat koerier aflewer behalwe Henneman wat nie op die lys is nie.  Mooi so.  Ons gee die pakkies met adresse en die nodige inligting en ek is baie verlig dat die groot werk afgehandel is.
Ans sou self haar boeke verlede naweek kom afhaal het, maar ek is mos slim.  Sy sal dit baie gouer kry as ek dit laat aflewer.  Goeie bedoelings!
Daar hoep die poender en hak die kaan.  Die enigste pakkie wat hulle aflewer is Kaapstad en Elsabé kry hulle boeke in 'n japtrap.  Toe sou ek uitvind die res van die boeke is per Postnet versend, maar toe nie.  Dit is met die poskantoor versend.  Daar is nou nog mense wat skarrel om hulle boeke te kry en ek vra nederig omverskoning vir die ongerief.  Ouens, ek betaal vir die posgeld.  Ek hoop dit sal spoegies op die ongerief wees.  Dankie vir julle geduld met my. 
Voorwaar, die pad na die hel is uitgelê met goeie bedoelings.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Die pad na die hel...
« Reply #9 on: September 13, 2013, 02:22:55 PM »
Ek het myne vandag gekry- in die wolke! Dit is so, so, so mooi! Baie, baie dankie PM. Baie dankie.  :love7:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die pad na die hel...
« Reply #10 on: August 22, 2015, 09:08:31 AM »
Ek wou weer hierdie onderwerp plaas toe sien ek dit is al klaar hier.   :dontknow:

Hoeveel keer het ek al gedink ek doen goed, probeer my bes om te help, dan knal dit terug in my gesig soos 'n donderbussie wat truplof, dan sit ek met so 'n swart geroette bakkies en geskroeide wenkbroue en luister hoe almal vir my lag.


Om te weet is om te verstaan.