Die Biblioteek > Wenke wat werk

Verbloem 'n lelike hoekie in jou tuin

(1/3) > >>

Meraai vannie Baai:
In ons Cowboydorpie dryf die bure se laslappieheinings of 'buitegeriefies' mens soms teen die mure uit. Raadop besluit Outop toe so jaar of wat gelede, om vir my 'n afskorting aanmekaar te timmer met ons eie laslapheining (wat oor was na ons die plonsgaatjie toegemaak het.)

Op die gevreetboekie het iemand gewys hoe hulle vertikaal tuinmaak, en net daar byt die pottegogga my ook. Alles was ingespan, van Toppie se ou krokke tot geliefde teepotte en klippers wat vrolik trippe trappe tone speel langs saadbakkies.

















Fransi:
Vrolik en so geweldig kreatief.

Angelica:
Baie oulik.
Nie gedink daar is nog 'buitegeriefies' in Oz ?
Miskien is dit ook 'n goeie idee om buitegeriefshuisies te he, dan kan ons water spaar.
Want hemele weet, waar ons gaan water kry vir al die nuwelinge wat elke dag 'kop uitsteek', kan nie eens die slim mense weet.

Terry:
Dit is 'n lieflike tuin Meraai!  Ek het op paar soortgelyke fotos afgekom, kan ek dit maar hier onder jou 'Verbloem 'n lelike hoekie in jou tuin' kom deel?

Meraai vannie Baai:
Dankie vir die pragtige komplimente julle  :icon_bigsmurf: Terry natuurlik is jy meer as welkom om vir ons nog fotos te kom vasmaak hier! :love7: :hello2:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version