Author Topic: 'n Sjampanje Oktaaf  (Read 6010 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
'n Sjampanje Oktaaf
« on: April 21, 2013, 04:56:44 AM »
 
:bootyshake: PM het gevra dat ek hierdie kreatiewe skryfstyl ook by ons gedigstrukture kom uitstal.


'n Sjampanje Oktaaf word geskep deur 8 gesentreerde reëls, wat kreatief minder word om 'n glas voor te stel. Die laaste reël vorm die voetstuk en dien dan ook as eenwoordtitel van jou oktaaf.
In hierdie struktuur weerspieël sinonieme sprankelend soos die borrels in vonkelwyn.

Reël 1 is die 'rand' van jou glas en lesers vorm hier 'n beeld van die toneel wat in die lewensglas afspeel. Die handeling/werkwoord wat hier gebruik word, word in reël 2 ook in sinonieme vorm herhaal.
Vryf/poets in my voorbeeld.

In reël 2 kom 'n uitdrukking voor, met 'n verduideliking/uiteensetting daarvan in reël 3. My uitdrukking was poer-poer en die woordeboek gee dit aan as onproduktief.

Reël 4 is 'n saamgestelde woord, weereens as sinoniem, vir die 'voetstukwoord' (reël 8) wat dan ook die titel van jou oktaaf vorm. Hier kan die skrywer kreatief skep aan eie samestellings.

Reëls 5, 6 en 7 vorm die 'steel' van jou glas. Ek wou graag die © teken gebruik as 'n stom bewys van die reg op ons besluite om te vergewe of nie.

Voorbeeld met woorde sonder beeld

Ons vryf oor die merke van onthou
soms al poer-poer blink gepoets,
weerspieël dit onproduktief
-verbitterdstom-
met
'n
©
-onvergewendsgesind-
« Last Edit: April 21, 2013, 05:00:54 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Sjampanje Oktaaf
« Reply #1 on: April 23, 2013, 09:45:35 AM »
Dankie Raaitjie.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 'n Sjampanje Oktaaf
« Reply #2 on: April 24, 2013, 12:05:28 AM »
Plesier en voorreg mater. Ek het dit geniet om die struktuur saam te stel en hopenlik sal daar eendag 'n paar sjampanje oktawe borrel tussen ander nuwe digvorme wat geskep word deur woordemmigrante :love7: :hello2:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Sjampanje Oktaaf
« Reply #3 on: June 26, 2013, 09:28:28 AM »
Ons moet kyk na hierdie struktuur vir boek 3 Raaitjie.  Die koffie-enetjie ook. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 'n Sjampanje Oktaaf
« Reply #4 on: June 26, 2013, 09:42:03 AM »
Sal hom merk. Ons moet begin kopkrap oor nuwes  :icon_scratch:

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: 'n Sjampanje Oktaaf
« Reply #5 on: June 26, 2013, 09:52:48 AM »
nee wag eers!   :nono:   hier is nog te veel waaraan ons almal moet oefen   :icon_biggrin: 

 :grommit: 
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 'n Sjampanje Oktaaf
« Reply #6 on: June 26, 2013, 09:55:18 AM »
Is reg matertjie. My plek geboek vir die oefen hoor, maar ons moet nuwes kry wat na boek drie toe ook moet gaan LOL. Dink hoeka ons moet bietjie kompetisie maak vir die ouens se eie structure  :bootyshake:

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: 'n Sjampanje Oktaaf
« Reply #7 on: June 26, 2013, 10:10:08 AM »
julle planne werk altyd goed... daar hoef nie eers pryse te wees nie. ek is die skuldigste maar is tog so lief vir strukture. gaan regtig meer aandag hieraan moet gee.

hier op Ventersburg is al vir jare en jare 'n Leeskringvereniging wat nou begin swaar kry want die ou mensies verlaat die lewe ... maar so is ek verlede jaar gevra om oor 'gedigte' te gaan praat. en met 'n pak papiere in my hand, vlinders in my maag, onsekerheid oor wat om te se' en 'n broek wat gebewe het [wonder of ek dalk 'n romp aangehad het?] is ek toe biblioteek toe. ek het die praatjie begin met als wat ek op internet oor die bronstydperk en vroeer en later kon kry, slim geklink oor die eerste hebreeuse en griekse digters en dit deurgetrek na ons internetdigters, met baie voorbeelde van gedigte van ons eerste afrikaanse skrywers en ons klomp van vandag. die terugvoer was ongelooflik! ek is weke daarna nog voorgekeer deur vriende wat wens hulle was daar. 

en nou!! ai, my maag pyn alweer ... moet ek einde Julie 'n praatjie gaan hou vir die Leeskring oor gedigte! so met die gewonder saam het my seunskind met die idee gekom ... Ma, vertel hulle van al die strukture wat julle skryf.
en nou is ek besig om 'n praatjie daaroor saam te stel ....    :icon_study: 
dink tog aan my.   :love7: 

 :grommit: 
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 'n Sjampanje Oktaaf
« Reply #8 on: June 26, 2013, 10:27:04 AM »
Oe wonderlik matertjie!! Sommer trots op jou man  :love7: :hello2: Sien die tikker verander my strukture sommer na die Ingelse weergawe. Eish! Jy moet groot seblief kom deel hoor!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Sjampanje Oktaaf
« Reply #9 on: June 26, 2013, 12:46:02 PM »
Dit sal wonderlik wees as jy dit kom deel matertjie.  Kyk in Rooiwyn Kaggelvuur & Vers, daar by die "voorwoord" van die gedigstrukture kan jy dalk iets kry wat help.
Kom deel dit met ons, groot asseblief. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: 'n Sjampanje Oktaaf
« Reply #10 on: June 26, 2013, 02:12:32 PM »
Sterkte Adele, ek weet die een gaan ook uit die boonste rakke wees.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: 'n Sjampanje Oktaaf
« Reply #11 on: June 26, 2013, 04:05:30 PM »
dankie julle ... goeie ondersteuningspan, wens net julle kon hier wees.

ek werk nou uit RK&V, gebruik dit as basis!  [toon inni sand]

 :grommit: 
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Sjampanje Oktaaf
« Reply #12 on: June 27, 2013, 08:06:09 AM »
Wens regtig ek kon daar gewees het.  Sal aan jou dink en ons almal sal saam met jou daar in die gees wees.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.