Author Topic: spreekwoorde en gesegdes  (Read 54837 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
spreekwoorde en gesegdes
« on: April 20, 2013, 07:10:16 PM »
“Hy is so lelik, sy ma roep hom toe oë.” – ingestuur deur Ettiene Venter

“Ek is klaar so mooi, as ek nog maer moes wees, was Charlize Theron, geskiedenis.” – ingestuur deur Annelize

“Gaan groot of gaan huis toe.” – ingestuur deur Annelize

“Ek het nie tiete nodig nie, ek het ‘n persoonlikheid.” – ingestuur deur Annelize

Wanneer ‘n persoon hom werklik toe hou: “Jy weet dat jy ‘n wettige lisensie nodig het vir jou vlak van onnoselheid?” – ingestuur deur Ciska Coetzee

Die mossies wil ook loerievere dra. (Keeping up with the Joneses.)

“Jou ma is so lelik die laaste keer toe sy ‘n fluitjie gehoor het is toe sy getrap is deur ‘n trein.” – ingestuur deur Clinton Buys

“Iemand het ‘n afdraande gesig soos ‘n wasplank.” – ingestuur deur Marinda le Roux

“Iemand het ‘n lang gesig soos ‘n perd wat berg-af kyk.” – ingestuur deur Marinda le Roux

“Haar naels is so skerp dat sy nie nooit ‘n skêr hoef te gebruik nie.” – ingestuur deur Gerhard Schafer (sêgoed van sy oorlede pa)

“Terwyl die son sak in die weste kom dit iewers anders op in die ooste.” (daar is altyd hoop na teleurstellings) – ingestuur deur Gerhard Schafer (sêgoed van sy oorlede pa)

“As die wors styf is, is dit gaar.” – Joe Coetzer

“Vergewe sodat jy kan vergeet maar onthou om te vergeet sodat jy kan vergewe.” – ingestuur deur Gerhard Schafer (sêgoed van sy oorlede pa)

“Sy is so toe soos ‘n plastiekpop se poephol!” – ingestuur deur Sonja van der Merwe

“Pa wat eet ons vanaand? Wel seun ek dink vannaand se menu is duiwemelk en spykers.” – ingestuur deur Johan de Klerk (sêgoed van ‘n pa)

“As ek moes rook sou die Groot Baas ‘n skoorsteentjie by my ore uitgebou het.” – ingestuur deur Gerhard Schafer (sêgoed van sy oorlede pa)

“Hy is so vlytig dat hy volgende week se klante al eergister bedien het.” – ingestuur deur Gerhard Schafer (sêgoed van sy oorlede pa)

“Hy is so lui dat hy gereeld bid om NIE werk te kry nie.” – ingestuur deur Gerhard Schafer (sêgoed van sy oorlede pa)

“Sy is so vinnig hier in en uit dat dit kompleet voel asof Schumacher se Ferrari parkeerplek soek.” – ingestuur deur Gerhard Schafer (sêgoed van sy oorlede pa)

“Hy het sulke niekerboltone soos ‘n ice-cream klonkie met skurwe hakskene soos ‘n kombuis ousie.” – ingestuur deur Gerhard Schafer (sêgoed van sy oorlede pa)

“Die wenresep om ‘n Casino te verlaat met ‘n klein fortuin – gaan met ‘n GROOT fortuin.” – ingestuur deur Noddy Schutte

“Hy is so lelik dat die honde eerder tjank as om vir hom te wil blaf.” – ingestuur deur Gerhard Schafer (sêgoed van sy oorlede pa)

“Ek sweer ek is so ongelukkig, as dit sou heuning reën, sal ‘n bol kak my tref.” – ingestuur deur Pietman

“Sy is cheaper as ‘n please-call-me.” – ingestuur deur Gerhard Schafer

“Die brannwewyn loop soos ‘n grys muis met pienk Croc’s aan.” (As iets reg loop of as iets lekker is.) – ingestuur deur Juan Du Toit

“Hy het ‘n oop bek soos ‘n gaar vis.”

“Jy is op en af soos ‘n hoer se onderbroek.” (loop baie rond) – ingestuur deur Jaan Roodt

“Die pad na ‘n man se hart is deur sy borskas met n broodmes.” – ingestuur deur Gideon Furst

“Hoe meer haas hoe minder wortels.” – ingestuur deur Gideon Furst

“Die man het so min ritme hy sukkel om aan ‘n deur te klop.” – ingestuur deur Chirese van Wyk

“Wanneer iemand gesê het dit reën nou lekker, was sy antwoord: O, ek dog dit reën water.” – ingestuur deur Ria Daneel (sêgoed van haar oorlede pa)

“In die winkel kan ‘n mens enigiets kry, van gemaalde spykers tot oorlogskepe.” – ingestuur deur Ria Daneel (sêgoed van haar oorlede pa)

“Hy het afhang skouers soos ‘n kasteroliebottel.” – ingestuur deur Ria Daneel (sêgoed van haar oorlede pa)

“Hy het deurskynende ore soos ‘n galsiek haas.” – ingestuur deur Ria Daneel (sêgoed van haar oorlede pa)

“Sy is so vet, haar hakskene bars oop.” – ingestuur deur Marietjie Pretorius

“Die kamer is so klein – ons verf sommer ons meubels op die muur.” – ingestuur deur Marietjie Pretorius

“Moet my moerie koerie.” (as iemand jou gat krap) – ingestuur deur Janie

“Mag jy so oud raak dat die vlooie in jou plooie begin nesmaak.” – ingestuur deur Janie

“Daai girl is so los soos ‘n ou tuinhekkie.” – ingestuur deur Marika

“Die toppunt van vernuf is om ‘n ossewa op ‘n teerpad te spin.” – ingestuur deur Johan Lotter

“Die definisie van spoed is om ‘n poep in ‘n rondawel se hoek vas te keer met 3 knopkierries.” – ingestuur deur Johan Lotter

“Die ou is so skeel dat hy met twee skeermesse gelyk moet skeer.” – ingestuur deur Johan Lotter

“Die ou is so kwaad sy kuitspiere trek so styf dat sy toonnaels deur sy skoensole druk.” – ingestuur deur Johan Lotter

“As ek in jou ore fluister, skop jou voete nou-nou die plafon raak.”

“Jy speel met jou ma se trane.” (Indien iemand iets gevaarlik doen.)

“Ek ken kak, en ek ken jêm, en hierdie smeer jy nie op jou brood nie!” – ingestuur deur Joe Hamman

“Ek is nou so lus om moord te pleeg. Ek soek net iemand wat my wil dood spyker.” – ingestuur deur Eugene

“‘n Man sonder vrou is soos ‘n kombuis sonder vuur.”

“Komkommers is soos maagde: hulle kan nie te lank bewaar bly nie.”

“Dis makliker om ‘n korf vlooie op te pas as ‘n dosyn jong meisies.”

“‘n Soen sonder ‘n snor is soos pap sonder sout.”

“Mans is soos perskes en pere – soet net voor hulle sleg word.”

“Elke keer as die geskiedenis homself herhaal gaan die prys op.”

“Vriende loop in as al die ander uitloop.”

“Ek is nou so kwaad, jy kan met my sweis.” – ingestuur deur Venessa Visser

“Gister vind ek mos uit drank is my baas! Nóú werk ek lekker!” – ingestuur deur Rian Kuyk

Iets wat jy kan gee en nog steeds behou is jou woord.

Selfs ‘n skilpad maak vordering as hy net sy kop uitsteek.

Die beste manier om goeie vriende te maak is om een te wees.

Die geluk in jou lewe hang af van die kwaliteit van jou denke.

Jou idees sal nie werk as jy dit nie ook doen nie

Die swaarste ding om rond te dra is wraakgedagtes

Moenie veiligheidsreëls per ongeluk leer nie.

Ons grootste leuens is die wat ons vir onsself vertel.

“Moenie drink en bestuur nie, suip en kruip.” – ingestuur deur Ivan du Plessis

Van alles wat jy dra is jou uitdrukking die belangrikste.

“Hy is so skeel, terwyl hy braai hou hy die vleis dop met een oog en soek solank nog hout met die ander.” – ingestuur deur David Beukes

“Ek voel soos ‘n ryp sonneblom, wil net saad skiet.” – ingestuur deur Pieter

Die geringste daad is beter as die grootste voorneme.

“Dit is nou so droog in die Boland, waterblommetjies word verkoop as droë rangskikkings.” – ingestuur deur Roelof van der Westhuizen

“Sy is so vlak soos ‘n piering.” – ingestuur deur Lizzy

“Ek voel nou soos ‘n tienerdogter met ‘n puisie.” – ingestuur deur Lizzy

“Moenie krap waar ek nie jeuk nie.” – ingestuur deur Lizzy

“Moet asseblief nie drink en bestuur nie, stop eeder en vat ‘n slukkie.” – Jacques Blignaut

“Hy is so dom, hy dog Sherlock Holmes is ‘n behuisingskema.” – ingestuur deur Fafa

“Haar boude is so groot, as sy loop lyk dit soos 2 bulldogs wat in ‘n streepsak baklei!” – ingestuur deur Cindy v H

“‘n Konsert om die planeet te red … laat my dink aan die Titanic.”

“Hy’s so skelm hy steel ‘n CD uit ‘n CD-speler uit sonder dat die musiek stop!” – ingestuur deur Faffa

“Ek is so rof, ek drink boomslanggif as ‘n shooter!” – ingestuur deur Faffa

“Ek is so rof, ek skiet my tande met ‘n haelgeweer skoon!” – ingestuur deur Faffa

“Sy is so oud haar tiete lyk soos ‘n 1940 Ford se mudflaps!” – ingestuur deur Cindy van Huyssteen

“Ek is nou so honger ek sal ‘n ronde paai soos ‘n pil sluk!” – ingestuur deur Jacques

Ek sal jou klap dat jou kuite bars! – ingestuur deur Faffa

“Hy’s so dom die hoenders byt hom!” – ingestuur deur Faffa

“As ‘n meisie vir jou vra hoe hou jy van jou eiers in die oggend? Dan sê jy ‘liggies gekrap met lang naels’” – ingestuur deur Faffa

Die beste in die lewe soek ‘n mens nie, jy vind dit.

“Sy’s so maklik sy voer haar self ‘n date rape drug!” – ingestuur deur Faffa

Wees duidelik en openhartig met jou advokaat … dit sal dan sy taak wees om alles deurmekaar te maak.

“Stop ‘n mooi meisie so vol wors dat haar oë soos slaghuisvensters lyk!” – ingestuur deur Faffa

“‘n Goeie woordeboek is soos ‘n spieël: as jy weet hoe om dit goed te gebruik, sal jy vasstel wat jy reeds vermoed het.”

“Hy’s so kalm jy kan in sy kosblik kak sonder dat hy worry!” – ingestuur deur Faffa

“Vader tyd is ‘n gemene ou bliksem.” – ingestuur deur Christo Jacobs

“As iemand se hare lelik is : Opgeskeerde kop soos ‘n resieshoender.” – ingestuur deur Milly

“Lui mense dra hul dood, flukse mense loop hul dood.” – ingestuur deur Milly

“Die beste vir die sesde en dieselfde vir die elfde.” – ingestuur deur Milly

“My hart is soos ‘n taxi, altyd plek vir nog een.” – ingestuur deur Milly

Hy’t sy gat gesien sonder ‘n spieëltjie.

“Die kamer is so klein, as jy jou mind wil change moet jy eers uitgaan.” – ingestuur deur Milly

“Dis so droog, jy steek ‘n seël vas met ‘n kopspeld.” – ingestuur deur Milly

“Dis so droog, jy poep dat die stof so staan.” – ingestuur deur Milly

“Jy het ‘n klein koppie soos ‘n party frikkadel.” – ingestuur deur Milly

“As iemand sê ‘Maar hulle het so gesê’, dan sê jy ‘Hulle het ook gesê die aarde is plat’” – ingestuur deur Dexter

“Vandag voel my oë soos ganspoepholle in paartyd.” – ingestuur deur Magda Landsberg

“Ek is nou so kwaad dat ek my poepelhare in ‘n Franse vlegsel kan vleg.” – ingestuur deur Magda Landsberg

“Moenie drink en bestuur nie, rook boom en vlieg.” – ingestuur deur Willie Wilmans

‘n Politieke veldtog kos veel meer as wat ‘n eerlike man kan betaal.

“Bespaar water, drink bier.” – ingestuur deur Hendrik Wijnmaalen

“Jou oë blink soos nat beesmis in die maanlig.” – ingestuur deur Hendrik

“Elke woord was op een of ander stadium ‘n neologisme.”

“Jy is so lelik, as jy skool toe gaan trek jou ma uit die huis.” – ingestuur deur Zimdoller-roller

“Die kommin mense is soos 123, 1 liter brandewyn, 2 liter coke en 3 liter ford.” – ingestuur deur Zimdoller-roller

“Op die Indiër se plaas lê die hoenders samoosas. – ingestuur deur Zimdoller-roller”

Dis wanneer ons onsself vergeet dat ons dinge doen wat verdien om onthou te word.

As jy jou drome wil bewaarheid moet jy nie te lank slaap nie.

Ek het nou so lus vir Eno’s ek eet sommer ‘n pie.

Ek is nou so die bliksem in, ek soen sommer ‘n slang oopbek.

Ek is nou so verwar soos ‘n honger baba in ‘n Topless bar.

Jan Ployer: “Dit is gulp-oopruk-veruklik-lekker, ek lê hom sommer in.” (wanneer jy iets terdeë geniet)

‘n Predikant is iemand wat ses dae onsigbaar is en op die sewende dag onverstaanbaar is.

Johan Deug: “Jy sweet soos ‘n hoer in die kerk.”

N. Nieuwoudt: “Sy het ‘n hang-gat soos ‘n hok-leeu.”

N. Nieuwoudt: “Dis soos bungee gone wireless.”

Blondie: “Jou tannie se ballas! (as jy kwaad is vir jou man)”

Fish: “Ek sal jou oë uitsuig en omgekeerd terugspoeg sodat jy kan sien wat se kak in jou kop aangaan.”

Bosfeetjie: “Jou ouma se bal!” (as jy jou toon stamp of iemand praat stront met jou)

Klasie Pretorius: “Ek is nou so deurmekaar, ek voel skoon soos ‘n balbyter in ‘n meisieskoshuis.”

Ek het so minderwaardig gevoel soos ‘n Zim-dollar.

Die son het uit die see opgerys soos ‘n gloeilamp uit ‘n bad water.

Hy is so maer soos ‘n vark op ‘n grondhervormingsplaas.

Hy’t sy chips gehad.

Sy gedagtes het in sy kop rondgetuimel en verwantskappe gesmee en gebreek soos onderbroeke in ‘n tuimeldroër.

Hy het diep uit sy keel gelag – soos daardie geluid wat ‘n hond maak net voor hy opgooi.

Haar woordeskat was so sleg soos, wel, wat ook al.

Dit was ‘n werkersklas-tradisie, soos pa’s wat hul kinders met elektriese bore rondjaag.

Sy het nader aan hom gegroei – asof sy bakterieë was en hy Britse beesvleis teen kamertemperatuur.

Martin Grobler: “Die man is so windgat selfs die Suid-Ooster is skaam vandag.”

Martin Grobler: “As jy in die vlakwater speel byt die haaie jou nie maklik nie.” (mense met min waagmoed het minder geleenthede en geld maar ook minder risiko ‘s)

Martin Grobler: “Hulle probeer alweer Renoster se horing vir Seekoei opsit.” (om kulturele verskille te ontken en dit op mekaar af te wil druk)

Hy is so lank, as hy rook en motor bestuur, as hy by die passasierskant uit.

Martin Grobler: “Hy pluk alweer ‘n veer van die teer.” (besig met liegstories)

Jannie van Staden: “Hierdie jaar gaan ek net een drankie per dag drink. Ek trek nou by 16 April!”

Montaine: “Hy is so kort, hy weet nie of dit keelseer of aambeie is nie.”

Montaine: “Ek drink min … net 1 bier, maar dan word ek ‘n ander man, en jis nou HY kan vir jou suip!”

Montaine: “Ek is so honger, ek kan ‘n perd opeet en my mond met die joggie afvee.”

Montaine: “Hy’s so skelm, jy moet jou vingers tel nadat jy met hom handgeskut het.”

Gerhard: “Dit het verdwyn soos ‘n poep deur ‘n nagrokkie.” (as jy iets gebêre het en dit is weg)

Martin Grobler: “Hy is gatvol om gatvol te wees.” (genoeg is genoeg)

Anoniem: “Die sirkus is toe want die apie is bloedneus.” (maandstonde)

Frikkie Viljeè: “Jou etter portret!” (vir ‘n lelike persoon)

Bossiejooi: “Hy was so lelik met geboorte dat hulle sy broeikasvensters moes tint.”

Bossiejooi: “Haar tette is so groot, as sy op haar rug lê, dan lyk dit soos twee dart boards.”

Amanda van der Merwe: “Ek kon die vloer met my ooghare polish soos ‘n Columbus polisher.” (wanneer jy vies is)

Amanda van der Merwe: “Jy’s so deurmekaar soos ‘n verkleurmannetjie op ‘n smartie boks.”

Shirley Meyer: “Haal asseblief jou tong uit my hol uit.” (los my uit)

Amanda van der Merwe: “Ek werk so hard dat die kak aan my baard hang.”

Sandra Kuhn: Wanneer iemand aantreklik is: “Jou rooi Russiese veghond.”

Sandra Kuhn: “Haar boude hang soos ‘n afgetrede polisieperd s’n.”

Tania Pienaar: “Ek is nou so deurmekaar soos ‘n poep in ‘n spykerkas!”

Jan van der Westhuizen: “Hy het ‘n lang gesig soos ‘n dorsdonkie.”

Jan van der Westhuizen: “Enigeen kan ‘n fout maak … selfs ek het ook amper eenkeer ‘n fout gemaak.”

Jan van der Westhuizen: “Om geld uit my uit te kry, is so moeilik soos om botter met ‘n rooiwarm naald in ‘n ystervark se hol op te stop.”

Carol Coetzee: “Ek is nou so gefrustreed ek kan die teëls met my naels lig.”

Carol Coetzee: “Ek is nou so kwaad ek kan my agterstewe met ‘n pynappel afvee.”

Maritsa: “Hy het Shoprite-voete.” (wanneer iemand se voete vuil is)

Hy is soos ‘n skool tydens vakansies – geen klas nie.

Etenstyd is die tyd wanneer ‘n kind nie wil eet nie.

‘n Baba is ‘n soort engel waarvan die vlerke korter word namate die bene langer word.

Bothma Marx: “Wat kom van kansvat? Pram stoot!”

Absie: “Sy lippe is so dik, hy praat in hoofletters!”

Cindy : “Moenie aan ‘n leeu se seer bal krap nie! (ek’s in ‘n slegte bui)”

Sy huis is so vuil, jy moet jou voete afvee wanneer jy uitstap.

Meermin: Wanneer iemand op jou senuwees werk: “Moenie probeer om `n sambreel in my hol oop te maak nie.”

Meermin: Wanneer iemand oordryf: “Moenie die dam onder die eend uitruk nie.”

Bothma Marx: “Hoe kalm moet ‘n man wees? Soos ‘n koei wat bul vat.”

Bothma Marx: “Wat kom van kansvat? Pram stoot!”

Levi Roberts: “Sy is so vet, as sy op die bed lê, val sy albei kante af.”

Jana: Wanneer iemand verjaar: “Mag jy so oud word dat jou hol-hare jou voetspore toevee!”

Stompie: “Hoe loop die stroop? (hoe gaan dit)”

Levi Roberts: “Jy is so skurf, as ‘n mens jou kaalbors van ver af sien, lyk dit asof jy ‘n tjek-baadjie dra.”

Bernedette: “Sy voël is so groot, dit lyk soos ‘n erdwurm met ‘n handbriek aan …”

Bernedette: “Hy is so maer, hy lyk soos ‘n skeur in ‘n aartappelsak!”

Johan de Wet: Wanneer jy wil spog oor jou bakkie se krag: “Dit sal ‘n hoer af trek van ‘n matroos wat ‘n jaar lank op see was.”

Bianca van Vuuren: “Ek ken kak en ek ken ice-cream, en hierdie is nie ice-cream nie!”

Sy kop is so plat, daar is nie eens plek vir ‘n hoofpyn nie.

ChrisC: “So kalm soos ‘n daggawalm.”

ChrisC: “So kalm hy kan in sy broek skyt maar sal nie eers worry nie.”

Die rooibaadjies is in die baai. (maandstonde)

Ryno van Zyl: “As iemand jo vra: hu ganit? kak ma orait!”

Moenie die lewe te ernstig opneem nie – niemand oorleef dit in elk geval nie.

Die ding van kleptomania is, as jy dit het, kan jy altyd iets daarvoor neem!

‘n Gevolgtrekking is waartoe jy kom as jy te lui is om verder te dink.

Dit is beter om in die skaduwee van ‘n boom te sit en stry oor die geld as om in die warm son daarvoor te werk.

Billy Kamffer: “Ek is nou so kwaad ek kan die hel doodpis!”

‘n Begroting is ‘n manier om sistematies bankrot te gaan.

Die maklikste om iets in die huis te vind is om nog een te koop.

Die wat trou doen goed, die wat nie trou nie doen beter.

Indien jy die eerste keer slaag – probeer om nie te verbaas te lyk nie.

Spikkelkat: “Mag jou vingers in vishoeke verander en jou knaters begin jeuk.”

Karin: “Hy’s so kort, as hy op die mat sit hang sy voetjies af.”

Gerhard: “Sy soen soos ‘n stofsuier. As sy klaar is, moet jy jou onderbroek uit jou hol uit trek.”

ChrisC: “Nou maar laat dit goed gaan. Sien jou by die boom … as ek hom nie rook nie.”

ChrisC: “So kalm soos ‘n daggawalm.”

ChrisC: “So kalm hy kan in sy broek skyt maar sal nie eers worry nie.”

Skemer: “‘n Ereksie tel nie as persoonlike groei nie.”

Alet: “Jou ore gaan brand!” (Jy soek moeilikheid)

Kees: “Jou ma is so groot sy biep soos ‘n mynlorrie as sy agteruit loop.”

Chick: “Klein koppie nes ‘n petshop slang.”

Jackie: “As iemand jou kwaad maak: Jy krap nou met ‘n stok in ‘n honger leeu se gat!”

Kees: “Mog die vlooie van ‘n duisend Kalahari donkies in die een se gat opkruip wat my dag opfok en mog sy vingers so kort wees dat hy ‘n teerpaal nodig het om sy gat te krap.”

Hubertus: “Sy is so kort, sy kan ‘n vlieër onder ‘n mat vlieg.”

Jackie: As iemand lelik is met jou dan sê jy: “Hoe het jy dit reggekry om uit die aborsiebakkie te ontsnap!”

Jackie: “As iemand vra hoe gaan dit, dan sê jy: Dit gaan pielies in die mielies.”

Jackie: “Sy kar is so warm, as hy die handbriek optel dan spin die spaarwiel!”

Chris: “Hy lyk so uit soos ‘n verdwaalde poep in ‘n sak spykers.”

Yolandi Beukes: “Jy’s my hero as die skim se hond eendag vrek. (as iemand vir jou ‘n guns bewys het)

Jacques Greeff: “Jy is so skerp soos ‘n albaster.” (wanneer iemand dom dinge doen)

Kapenaar innie verte: “Hangbroekgat soos ‘n koejawelsmous.” (As jou broek se boude laag agter hang – ou Kaapse sêding)

Jacobus: “Dom mense moet nie aanteel nie.”

Nakes: “Gaan skommel ‘n bul.” (Wanneer iemand moet skoert.)

Barkvallas: “Vierkantige kop soos ‘n weeshuisbrood.”

Barkvallas: “Sy bene is so bak, sy voete hak in sy baadjiesakke vas as hy hardloop.”

Barkvallas: “‘n Grap is ‘n grap, maak ‘n krom stok in ‘n reguit ou se hol is nie ‘n grap nie.”

Barkvallas: “‘n Veraf uitdrukking soos ‘n donkie wat ‘n nuwe hek sien.”

Bertus Strauss: “Lewe, dis ‘n plek waar jy vandaan kom, nie waar jy heengaan nie.”

Marius H: “Laat ek jou een ding vertel wat nie twee dinge is nie … as dinge nie drasties gaan verander nie gaan dit die heeltyd dieselfde bly.”

Bee: “Julle ruil gebedsversoeke uit.” (julle skinder)

Frikkadel: “Noem my polonie, want ek is op ‘n rol. (as dinge voor die wind gaan)”

Elzette: “Dis dalk nie die grootte van die boot nie, maar die motion of the ocean, maar ‘n mens sal nooit in Londen uitkom met ‘n roeibootjie nie.”

Dirk Burger: “Hier is ek … so wat gaan jy met jou ander twee wense doen?”

Johan Storm: “Klim uit my boom.” (Jy raak te persoonlik.)

Johan Storm: “So toe soos ‘n klei-os se hol.”

Johan Storm: “So deurmekaar soos ‘n poep in ‘n tuimeldroër.”

Johan Storm: “Haar agterstewe lyk soos twee speenvarkies in ‘n streepsak opsoek na ‘n tiet”

Marizel Jacobs: “Ek is nou so dors jy kan ‘n kaktus op my tong plant.”

Bertus Strauss: “Ons was so arm, die voëls het vir ons krummels aangedra.”

Hansie du Plessis: “Jy is so maer soos ‘n depressiesprinkaan.”

Noddy Schutte: “Jy was so lelik by geboorte, die dokter het jou ma geklap.”

Mark Steenberg: “Ek sal jou so hard klap, jou ID-foto sal skeef trek.”

Buks Viljoen: “In die Kalahari is dit so droog as jy water afslaan bestorm die bossies jou.”

Jurgen Hanekom: “So cool soos ‘n kollie in ‘n Gholf.”

Nicolene Myburgh: “Ek gaan jou bors oopruk en op jou longe k@k sodat jou asem stink vir die res van jou lewe!”

Mark Myburgh: “As jy nie nou ophou nie ruk ek jou arm af en slaan jou met die bloed kant!”

Gerrie Harmse: “Ek is so arm, ek moet my kar bottelstoor toe stoot.”

Zinobel Liebenberg: “Jy is besig om vis te vang in ‘n pispot.” (besig om twak te praat)

Flippie vanie vlaktes: “Hy is ‘n ou stofpoeper. (kort mannietjie)”

Vlastie van Heerden: “Ja, dit sal gebeur as die koeie coke gee.” (nooit gebeur nie)

Flippie vanie vlaktes: “Sy het ‘n hanghol soos ‘n sirkusleeu.”

Y2K: “Die lekkerste perske bly maar ‘n vy.”

“Die duiwel kan my lewer gebruik as Blitz.” – Quintus van Rensburg

Neeltjie: “Dit is so skaars soos koekies in die weeshuis.”

Riempies: “Hy’s so suinig, hy haal deur sy neus asem om jou tande te spaar!”

Riempies: “Gaan spyker ‘n kat sodat jou nageslag kan muise vang.” (wanneer jy kwaad is vir iemand)

Riempies: “Dit is so droog, as jy die skottelgoedwater by die venster uitgooi, kom die windpompe aangehardloop.”

Porno Pete: “Daai ou is so vuil soos my gedagtes.”

Hannah: “Jy is so stil soos ‘n bedlampie.”

Jolida Velthuysen: “In die lug spring en skyt soos ‘n kwagga!” (uitbundige blydskap)

Hannah: “Jy is so rustig soos ‘n walvis in ‘n wasbak.”

Rita: “Ons in Namakwaland sê altyd iemand trek toon. Dit beteken hy loop met sy voete want hy is te arm om ‘n kar te bekostig.”

Andre: “Hy het orale diaree. (praat baie twak)”

Andre: “Ek slaan jou met ‘n sweep dat jou siel deur die tralies van jou ribbes loer.”

Andre: “Hy het sulke uistaantande, hy kan steak deur ‘n tennisraket eet.”

Andre: “Hy is so maer, as hy ‘n horing kry, lyk hy soos ‘n erdwurm met ‘n handbriek.”

Andre: “Waterige ogies soos ‘n hartseer fonteinpadda.”

Hannah: “Jy tender vir gips.” (jy soek moeilikheid)

Hannah: “Jy speel op AVBOB se stoep.” (jy soek moeilikheid)

Pieter van der Merwe: “Jy vat my hond!” (jy soek moeilikheid)

Pieter van der Merwe: “Ruik jy ook iets stink, ek dink dis die k@k uitdrukking op sy gesig!”

Kinkhoes: “Kyk, sy’s so dik, as julle lepel lê trek sy jou oor haar rug soos ‘n kantgordyn wat opgehang word.”

Van Lill: “Hoe gaan dit?”
 “Rond en gesond”

Van Lill: “Hoe gaan dit?”
 “Dik en Moerig”

Ek gaan jou ogies uitsuig en dit vir jou afterstevoor terugspoeg sodat jy kan sien hoe vol kak jou kop is.

Ekke is nou so kwaad – ek kan ‘n eier in drie sekondes in my hol kook.

Van Lill: “Die woonstel is so klein, jy moet die meubels teen die mure teken.”

Van Lill: “Ek is op ‘n ligte dieet. As die ligte aangaan, eet ek.”

Van Lill: “Dis ‘n ander pampoen se pitte die.”

Robert van Wyk: “Ek is nou so gesuip, my bloed kan gebottel word.”

“Met sy ore sukkel hy om wind-op te loop. (bak ore)”

“Hy kyk na my soos ‘n donkie ‘n trein kyk.”

“Jy kielie die leeu se klokke. (jy soek moeilikheid)”

Pieter Botha: “Iets geleer vandag? (om tuisteskeppers mee te treiter)”

Pieter Botha: “Hy is so selfvoldaan, hy skree sy eie naam as hy klimaks.”

Dit vat ‘n man om pienk te dra.

Pieter Botha: “Hy is so gelukkig, hy moet ‘n polisieman klap net om drama in sy lewe te hê.”

Pieter Botha: “Ek hou nie genoeg van jou om jou te haat nie.”

Jy krap aan die leeu se gat met ‘n baie kort vuurhoutjie. (jy soek moeilikheid)

Pieter Botha: “Jou bestaan alleen is ‘n goeie rede hoekom seks onwettig verklaar moet word.”

Gypsey Ferreira: “‘n Klein koppie soos ‘n hotelsepie.”

‘n Vuurpyl spoeg! (gasket blaas)

Van Lill: “Die ou is ‘n ander Valiant se wieldop.”

Brakanjan: “Foksteriër wet: As jy dit nie kan eet, spyker of byt nie, pis dit nat!”

Gielie: “Sy het ‘n hanggat soos ‘n Volla met slap sjoks.”

Moose Mostert: “So hardlywig soos ‘n klei-os.”

Werwels haak uit! (gasket blaas)

Shaun: “Pa se pofmuis.”

Norms: “Nie honger nie, dankie. Kos maak kak in ‘n mens se maag …”

Bruin Otto: “Die lewe is soos ‘n highway. Sorg dat jy die regte afdraai vat anders is jy gefok!”

Ek is nou so deurmekaar soos ‘n poliesman met ‘n Engelse vraestel.

Pieter Botha: “Hoe is jy getroud? Binne, buite of as gevolg van gemeenskap?”

Pieter Botha: “Hy het ‘n mond soos ‘n oop deur in winter, jy wil dit net toeklap.”

Soos ‘n opgewarmde bottermes smeer sy my met haar mond vuil.

Pieter Botha: “Is dit jou gesig of het jou nek opgegooi? (Jy is lelik)

Stoffel Fourie: “Kuier by Ma-palm en die vyf dogters.” (masturbeer)

Ek en my vrou is van mond en oor geskei … sy praat nie met my nie, en ek luister nie na haar nie.

Stoffel Fourie: “Slaan hand aan eie vlees.” (masturbeer)

Bruin Otto: “Hy was so lelik, hulle het sy broeikas se vensters getint.”

Wanneer ‘n eier ‘n hen lê. (Once in a blue moon.)

Hermanus: As iemand vir ‘n man vra hoe dit gaan: “Dit hang nog op 6-uur en by jou.”

André: “Ek is nou so die moer in ek kan ‘n bom kou.”

Eendag as die leeubekkies brul. (Once in a blue moon.)

Adri Lombard: “Sy het ‘n hanggat soos ‘n dameend.”

Adri Lombard: “Sy het ‘n hanggat soos ‘n dakspinnekop.”

Jy slaan jou tande in die leeu se stert. (Don’t try your luck.)

Dairybell: “Werk het nog nooit iemand doodgemaak nie, maar ek vat g’n kans nie.”

Moision: “Dis nie die grootte van die skip wat tel nie, maar wel die motion of the ocean.”

Andre Maritz: “So dronk soos ‘n tor. (Baie dronk)”

Jy speel met die lykswa se starter. (Don’t try your luck.)

Frikkie Jansen: “Kyk, daai ou is so rof hy bunnyhop die microwave.”

Albert Maritz: “Gaan kak in die mielies. (Voertsek!)”

Albert Maritz: “Ek het nou ‘n pis soos ‘n vandusie-os. (Vol blaas)”

Frikkie Jansen: “Kom ek jou nou ‘n ding vertel nê, daai girl is so skurf, ha vleimossel lyk soos ‘n uitgetrapte pantoffel.”

Jan Venter: As jy gevra word: “Hoe gaan dit?”
 “Geen probleme – of ek het dit.”

Cassie de Castro: “Hy het ‘n lang gesig soos ‘n boerbok wat afdraande vreet.”

Jy het die musiek gekies, nou moet jy dans. (Serves you right.)

Nick Dreyer: “Hy het ‘n klein koppie soos ‘n lift knoppie!”

Jy vat my handvatsels glad. (Jy irriteer my.)

Nick Dreyer: “Hy het ‘n paar lang pote soos ‘n Kalahari leeu.”

Irene Myburgh: “Laat ons nou maak so beeskak en val in die pad.”

Jan Joubert: “Sy het ‘n spitsgesig soos ‘n resiessnoek.”

Jy hang aan ‘n vrot tak. (Jy soek moeilikheid.)

Liana de Villiers: “Haar mond is so opgeblaas, John Deere kan hulle trekkers se bande oortrek met haar dik lippe.”

Lelanie Pienaar: “Jou oliekokkernostelikeakkepikkestrysvoël.”

Jy soek vir gips en steke. (Jy soek moeilikheid.)

Pedro Commanche: “As iemand vra hoe gan dit : Stil en vrugbaar.”

Frikkie Jansen: “Kyk, daai girl is makliker as Tetris.”

“Wat skop in die pot?”

Quintin: “Hy het ‘n klein kop soos paartie frikkadel.”

Quintin: “Hy het ‘n veraf uitdrukking in sy gesig soos ‘n boesman wat hout soek.”

Quintin: “Sy het ‘n lang gesig soos ‘n basaarbrood.”

Wat stoom? (Hoe gaan dit?)

Quintin: “Sy het ‘n lang gesig soos ‘n kerkvenster.”

Quintin: “Hy het ‘n groot voorkop soos ‘n Afrika olifant.”

Hoe brand jou kole? (Hoe gaan dit?)

Quintin: “Hy het ‘n skerp gesig soos ‘n kwart pond kaas.”

Hugo: “Sy het ‘n knopgatjie soos ‘n matriekboeksak.”

Jy soek donker wolke! (Jy soek moeilikheid!)

Hugo: “Hy lag soos ‘n eskimo wat op ‘n veldbrand afgekom het.”

Hugo: “Hy is so maer, hy lyk soos ‘n boesmantekening.”

Jy gorrel sop!

“Jy is baie atleties gebou, jou kop lyk soos ‘n diskus!”

Ester: “Ek het soos ‘n pannekoek geslaap!”

Jy sien paddas op die maan spring.

Frikkie: “Kyk, hy is so rof hy dubble clutch die Webber.”

Werner: “Ek koop vir jou sommer ‘n pak met 1 000 buskaatjies, sodat jy in jou moer in kan ry.”

Obelix: “As ek net na my hande kyk kry ek al ‘n horing.”

Sonika: “Hy’s klein maar hy stink soos ‘n grote!”

Marius: “Haar skoene het sulke skerp punte, sy kan ‘n slang in die hol skop.”

Jy droom van roomys in die woestyn.

Wian: “Hy het ‘n lang kakebeen soos ‘n rewolwersak.”

Jy lek ‘n gek.

Piet: “Ek is nou so kwaad soos ‘n mak meerkat wat met ‘n laphoed gemoer is.”

Skillie: “Die beste vir die 6de, dieselfde vir die 11de en groete vir sproete.”

Jy snuif Vim.

Skillie: “Hy is so maer, hy moet rondspring in die stort om nat te word.”

“Sy het ‘n parra so lank soos ‘n kerkvenster.”

Skillie: “Hy was so lelik sy ma moes wors om sy nek vasmaak sodat die hond ten minste met hom sou speel.”

Sit jou hand op ‘n warm oondplaat vir ‘n minuut en dit voel soos ‘n uur. Sit langs ‘n mooi meisie vir ‘n uur en dit voel soos ‘n minuut.

“Oudword is nie vir sissies nie.”

Christelle Senekal: “Sy lag soos ‘n hoer op ‘n worteltrok!”

Meeste mense leef net omdat dit onwettig is om hulle te skiet.

Christelle Senekal : “Sy is so los soos ‘n tuinhekkie.”

Willem Wikkelspies : “Ek gaan die naweek in ‘n hinderlaag lê … ek gaan laag lê, dan hinder niemand my nie.”

Theunis Smith : “My pa het altyd vir my gesê word ‘n dokter of ‘n ding, toe word ek ‘n ding.”

Jy kort batterywater.

Irene Myburgh : “Daar is net een pad na jou longe toe, jy kan dit net sowel teer.”

Audrey Kloppers : “Die ou trek sy handbriek so gou op dat sy spaarwiel eintlik spin.”

Jou houtwurms loop los.

Rudolf Jonker : “Ek klap jou laat jou hart bars.”

Erika: “Hy loop in sirkels soos ‘n mal hond.”

Jou ratjie is uitgehaak.

Fafa: “Hy is so skeel, hy kyk homself stip in die oë!”

Fafa: “Daar is net twee goed wat vanuit die ruimte op aarde gesien kan word! Die een is die groot muur van China en die ander een is jou ma se gat!”

Mishandeling is dissipline sonder liefde.

Buf: “Daai girl is so los soos Tastic rys.”

Luc: “Ons het ‘n verstandhouding, ek het die verstand, en hy het die houding.”

Almal wat stadiger as jy ry is ‘n idioot en almal wat vinniger ry is ‘n maniak.

Pieter: “Kak sê die koning, en die hele hof kreun …”

Braam: “Ek sal jou so hard slaan jy sal in saal 1, 2 en 3 lê.”

Braam: “Ek het groter ouens as jy geslaan net om by die fight uit te kom.”

‘n Hond word kwaad as jy in sy gesig blaas, maar hy steek sy kop by die motorvenster uit.

Braam: “Ek sal jou so vinnig slaan dit sal voel of jy in ‘n 3 phase fan vasgeloop het.”

Braam: “Ek slaan ‘n tonnel deur jou bors en dan slaan ek jou deur die tonnel.”

Blom waar jy geplant is.

Braam: “Ek sal jou so hard klap jou poephol sal ‘n nul tjip op die teerpad.”

Ek wou altyd iemand wees, maar ek moes seker meer spesifiek gewees het.

Michael: “Ek is sommer lus en oriënteer jou, eers teen die oor en dan teen die teer.”

Braam: “Ek slaan jou deur ‘n tyre met die rim nog in die tyre.”

Christopher Witbooi: “Jy is so klein, jy is kleiner as ‘n halwe domino.”

Christopher Witbooi: “Jy is so klein as jy stap dan kap jou gat teen die randsteen.”

Christopher Witbooi: “Jy is so klein jou check hemp het net een blokkie.”

Adrian: “Ek is op ‘n dieet. Alles wat ek sien, die eet ek.”

Johan: “Ek sê nie ek is altyd reg nie, ek is net nooit verkeerd nie.”

Die woordeboek is die enigste plek waar sukses voor werk kom.

Fafa: “Ek sal jou so vinnig slaan, dit sal voel asof ek jou met ‘n sakkie lemoene gooi!”

Jasper: “Mog jou vingers verander in vishoeke en jou gat jeuk!”

Kudu: “Hy is so skurf, hy loop sy skoene van binne af deur.”

Jakkie Booysen: “Wanneer jy groet sê jy: ‘Daars nie kak nie want daars nie kos nie.’”

Christo: “Ek sit nou so lekker ek is sommer lus en staan op en sit weer!”

Diesel: “Julle is so baie in die huis, as jy ‘n klip op die dak gooi dan lyk dit asof die hoërskool uitkom.”

Kwagga: “As ek jou opinie wou gehad het, sou ek dit vir jou gegee het.”

Rohan: “Die meisie het so min ritme, sy kan nie eers aan ‘n deur klop nie.”

Vlastie: “Onthou as jy tweede kom, is jy die eerste verloorder.”

Basie: “Brood maak jou maag vol. Armoede maak jou gatvol.”

Hantam: “Ek sal jou so hard klap dat jy soos `n boesmantekening teen die muur sit …”

“Die man is so maer, as hy sy arms optel val hy deur sy eie gat.”

“Dissipline sonder liefde is mishandeling.”

“Ek is nou so haastig my gat kook soos `n seeppot.”

Gertjie: “Hy het ‘n klein koppie soos ‘n paartiefrikkadel.”

Blom waar jy geplant is!

Simon: “Moenie die slagoffer van jou eie ordentlikheid wees nie.”

Jared: “‘n Soen sonder ‘n snor is soos ‘n eier sonder sout.”

Die lewe is soos breiwerk: Eers as jy klaar is sien jy hoeveel steke jy gemis het!

Jurie J Fourie: “Vroumense, oumense, kinders, spietkops, ford’s en 50′s. Solank hulle tiete of wiele het sal hulle jou kak gee.”

Jurie J Fourie: “Vraag: Hoe gaan dit?
 Antwoord: Stil en rustig of Arm en eerlik of Jags en gewillig en te skaam om te vra”

Buks: “Hy het ‘n afdraande gesig soos wasklip.”

Jason Marshall: “Kak en betaal!” was die wet van Transvaal. Nou is “Steel daai deng!” die wet van Gauteng.”

Kalla: “Ek skop jou blaas droog!”

Kalla: “Ek is so stil soos ‘n duikboot, ek kom net op om kak te maak.”

“Sy het bobene wat ‘n boeing aan die brand kan skop.”

Plaasjapie: “Hoe gaan dit?
 Goed! Stil en lustig…”

“Jou pa se tollie was seker ‘n chillie, want jy’s hot!!”

Rocky: “Hy’s so toe soos ‘n rubberpop se hol!”

Rocky: “Sy’t ‘n hangparra soos ‘n waterskilpadwyfie.”

Vlindervlerk: “Toon respek volgende keer as jy iemand iets wil toesnou. In plaas van om te sê ‘Jou ma se ….!’ sê liewer ‘U moeder se ….!’”

Bokkie: “Niemand luister nie … totdat jy poep!”

Johan: “Jy is so skurf mens kan kaas met jou rasper.”

Johan: “Sy het noord-wes tiete. Een kyk noord en die ander wes.”

Gysie: “Van alles wat ek al gedoen het like ek seks die meeste!”

Naomi: ‘n Man is ‘n nuttelose skepsel. Hyhet tieties sonder melk, ‘n voël sonder vere en sakke sonder geld.

Manus: Hy’t ‘n skuins kop soos ‘n kwart pond kaas.

Jarros: Sy vel is so styf, as hy sy arms oplig dan dop sy piepie om.

Spyker2000: As iemand vra hoe gaan dit: “So stil soos ‘n stootskraper, Ek raas net as ek stoot.”

Fanie: Die antie is so groot die lewensredders moes haar vra om die strand te verlaat sodat die gety kon inkom.

Fanie: Die ou is so groot, as hy ‘n ereksie kry dan pass hy uit van bloedarmoede.

David: As jy nie van iemand hou nie: Ek sal nie eers in sy bek pis nie, al is sy tande aan die brand.

Ek voel nou so minderwaardig soos die Zim Dollar!

Daniel: As die werk te veel raak – moet nooit op jou rug gaan lê nie, lê eerder op jou maag.

Daniel: Daar is net een kwas en dit is die Griekwas.

Awell: Jy’s so lank! Het jy in ‘n boorgat grootgeraak?

Die mense wat dink hulle weet alles, maak net ons wat alles weet kwaad!

Moonlite: Ek is so ongeduldig, soos ‘n hoer met ‘n baba.

Victor: Oop bek soos ‘n gaar vis!

Ja-Nee: Sy het so baie plooie, sy skroef haar hoed op!

Ja-Nee: Hy is so maer, hy lyk soos ‘n potlood met ‘n handbriek.

Student: Daar is te veel maand aan die einde van my geld oor.

Lulu: Hy het ‘n afdraande gesig soos ‘n plaaskakhuis.

Boetman: Ek is nou so opgewonde soos ‘n budgie op steroids!

Henc: Sy’t ‘n gat soos ‘n afgetrede polisieperd.

Gerrit: Ek was gisteraand so dronk, toe ek vanoggend wakker word hang ek oor die stoel en my klere lê in die bed.

Leroy: Ek is nou so lus vir ‘n Rennie ek eet sommer ‘n pastei.

Bruin Otto: Hy’s so commen soos beeskak op ‘n stalvloer.

Hermien: Hy is so skeel, die een oog kyk hel toe en die ander hotel toe.

Poenjappie: Ek het nou ‘n pis soos ‘n vendusie-os.

Gerhard: Sy is so lus, sy drup soos ‘n koshuis-geyser.

Willers: Jy’s so skeel jy kyk jouself diep in die oë!

Narf: Hy’t ‘n plat kop soos’n petshop-slang.

Narf: Sy’t ‘n hanggat soos ‘n bergleeu.

Narf: Sy’t ‘n hanggat soos ‘n vlei-otter.

Van sit of staan bly lê die lekkerste.

Y2K: Moenie rook terwyl jy borsvoed nie, jy mag dalk jou ma brand.

Y2K: Hy’s so kort hy weet nie of dit keelseer of aambeie is nie.

Y2K: Hy’s so kort hy slaan tot sy onderbroek se pype om.

Y2K: Hy’s so vol puisies hy lyk soos ‘n DVD-afstandbeheer.

Blauw: Afdraende gesig soos ‘n dors bobbejaan.

Sy kop is so plat soos ‘n weeshuis-pannekoek.

Spottie: Sy is so maer as sy ‘n ertjie insluk lyk dit of sy agt maande swanger is!

Spottie: Hy is so maer, hy moet swart koffie drink om ‘n skaduwee te gooi!

Spottie: Hy is so maer, as hy langs ‘n wit muur loop lyk dit soos ‘n kraak wat beweeg!

Spottie: Moedersdag is presies nege maande na Vadersdag!

Saul: ‘n Mens hoef nie soos ‘n plank te lyk om gespyker te word nie.

Gil soos ‘n Jehovasgetuie.

As iemand jou laat eerste loop en sê ‘Age before beauty’ dan antwoord jy ‘kak val agter die koei’.

Staal: Hy is so skelm, hy bid onder ‘n skuilnaam.

Staal: Hy’s so skeel, hy maak die tuinhekkie oop en dan klim hy oor die muur.

Francois: Vermy ‘n krokodilaanval! Moenie in ‘n dam waar groot krokodille woon swem nie.

Jacalaz: Selfde kak ander bak.

Elrich: Ek drink om jou interessant te maak.

Louwtjie: Jou kop is so lank, jou hoed het kruisbande nodig.

Johan: Ek is nou so lus twee poesklappe sal ook doen.

Gielie: Ek gaan jou klap dat jy lus kry vir niks.

Gielie: As die kop dom is kry die lyf swaar.

YY: As daar ‘n mossie verbyvlieg moet die vere waai!

Plummes: Skurwe hakke soos ‘n vleipatat.

Gielie: Ek sit nou so lekker ek staan sommer op en sit weer.

Hy’s so maer hy sluk ‘n ertjie in om sy broek op te hou.

Hy’s so maer – as hy sy arms oplig, val hy deur sy hol.

Hy’s so skeel – hy kan deur ‘n opgerolde tuinslang kyk.

“Hy’s so skeel – as hy huil loop die trane van sy rug af.”

Rudolf: “As ek met jou wil praat sal ek die toiletketting trek!”

Staal: “Sy’t ‘n hanggat soos ‘n skouvark.”

Staal: “Hy’t ‘n skerp gesig soos ‘n resies-snoek.”

Lelanie: “Diplomasie is die manier om vir iemand te sê dat hy moet fokof sodat hy na die trip uitsien.”

Deon: “Jou kop is so plat soos ‘n motorbike piston.”

Deon: “Jy is so toe soos ‘n klei-os se gat.”

Francois: “Ek haat Vrydag want dit is te naby aan Maandag.”

Deon: “‘n Gebalanseerde dieet is ‘n tjop in die een hand en ‘n dubbel Klipdrift en coke in die ander.”

Nala: “Moet nooit met ‘n idioot argumenteer nie, hulle lei jou tot op hulle vlak wen jou dan lyk jy soos die idioot.”

Henry: “Ek is nou so lus ek gee sommer ‘n dubbelbed met twee lakens sewe rekmerke.”

Jimmy: “In die yskas sien ek nie ‘n six-pack nie, net ‘n emosionele ondersteunersgroep.”

Sêgoed vir ‘n ou met ‘n groot neus: “Jy gaan nooit geneus wees van jou siekte nie.”

Sêgoed vir ‘n ou met ‘n groot neus: “Jy moet met ´n Chineus trou.”

Sêgoed vir ‘n ou met ‘n groot neus: “Dis nou amper neusie verby vir jou.”

Sêgoed vir ‘n ou met ‘n groot neus: “More Nostrilldamus.”

Chris: “Ek is so bly ek spuit sommer!”

Lelanie: “Moet nooit ‘n man met ‘n bril slaan nie … moer hom met ‘n krieketkolf.”

Lelanie: “Jou tande laat dink my aan die sterre in die hemelruim; nie omdat hulle so skitter nie, maar omdat hulle so ver uit mekaar is.”

Lelanie: “Daai ou is so deurmekaar soos kots in ‘n tuimeldroër.”

Ozzy: “Arende vlieg wel hoog maar donkies word nie in vliegtuig-enjins ingesuig nie.”

“Ek is so bang vir ‘n slang, ek kyk nie eens af as ek gaan pee nie.”

“‘n Gevolgtrekking is die punt waar jy moeg raak vir dink.”

Hennie: “Moet nooit iets vandag doen wat iemand anders more kan doen nie.”

Boet: As iemand vra hoe dit gaan: “So stil soos ‘n sonneblom; ritsel net sagweg terwyl ek saadskiet” (En partykeer agterna: “En op my ouderdom is dit nog net so per geleentheid!”)

Swys: “Wat is ‘n partytjie sonder koek.”

Floris: “Hy is so skaam vir meisies, hy kan nie eens ‘n hoer in ‘n hoerhuis optel nie.”

Gatiep: “Dag Hol!” (as iemand poep)

Phillip: “Mag die vlooie van ‘n duisend Kalahari-donkies in die hol opkruip van die persoon wat jou dag gaan opneuk. En mag sy arms te kort wees om in sy hol te krap.”

Plummes: “Lang gesig soos ‘n bok wat afdraand vreet.”

Lombies: “‘n Vrou is soos Kentucky Fried Chicken. Dit het lekker bene, borste en ´n smerige doos waar jy jou been insit.”

Spottie: “Al wanneer jy nee mag sê vir seks is wanneer iemand jou vra of jy genoeg gehad het!”

Izak Ferreira: “Afrikaans vir ‘Make love, not war’.
 ‘nai man, moenie baklei nie’.”

Spottie: “Ek is nou so lus ek koop sommer ‘n bed!”

Lombies: “As jy wil hê ek moet ‘n diep indruk maak moet jy my punt insien.”

Braam: “Drank los nie probleme op nie, maar so ook nie melk of water nie.”

Jimmy: “‘n Penis is die beste speelding wat ouers vir ‘n kind kan gee, want hy gaan nie uit fashion uit nie.”

Floors: “Jy weet nooit wat jy nie weet nie.”

Floors: “Dis nie die doodgaan wat ‘n mens pla nie, maar dis daai never come back.”

Floors: “Ek is nou so styf jy kan met my kitaar speel.”

Floors: “Die toppunt van eensaamheid is as jy jou ouma en oupa sien liefde maak en uitgelaat voel.”

Floors: “Ek is nou so lus ek dek sommer ‘n tafel.”

Joram: “Die vleis is so droog, as ‘n mens dit sny staan daar ‘n stofwolkie om die mes op.”

Joram: “Ek voel nou so goed, ek vul sommer die lottonommers verkeerd in.”

Lombies: “Die mense wat dink hulle weet alles maak die van ons wat alles weet die bliksem in!”

Lombies: “Die toppunt van verwerping is wanneer jou pa jou uitlos by die gesinsmoord.”

Lombies: “Ek was so lelik toe ek gebore is, my ma moes my heeltemal in die bad druk om te kyk watter gedeelte van my haal asem!”

Lombies: “Ons was so arm toe ons klein was, as ek nie ‘n laaitie was nie het ek niks gehad om mee te speel nie!”

Lombies : “Ek wens net een keer wil iemand my meneer noem sonder om ook te sê : ‘… al die mense staar vir jou’”

Lombies: “‘n Heildronk aan alle soorte drank … die oorsaak en oplossing van alle lewensprobleme!”

Lombies: “As jy deelneem in sport maak dit nie saak wie wen of verloor nie, wat saak maak is wie die gespatste raak by die party na die tyd.”

Danny: “Vermy teleurstellings en fok net voort.”

Lombies: “Dink positief, elke dag wat jy klaar gewerk het is nog ´n dag nader aan pensioen!”

Lombies : “Ek het nie ´n groot pens nie, ek het net ´n groot hammer, want mens het ´n groot hammer nodig om so ´n groot spyker in te slaan!”

Ronel Naude: “Moenie sê ‘lekker werk’ nie, sê ‘lekker speel’.

Lombies: “Ek is nou so lui my hol hang oop.”

“My kop is so plat, ek moet deur my neusgate kyk om te sien wat rondom my aangaan!”

Jimmy: “Vir ´n man met ´n hamer lyk alle probleme soos spykers.”

Jimmy: “Jou ma buk vir busgeld en loop nog steeds huis toe.”

Bertus Schwan: “As iemand my groet dan sê ek altyd, as hulle vra hoe gaan dit, ‘Vet en gesond’. As hulle groet om te loop sê ek ‘Soet wees!’.”

“Ek is nou so lui ek trou sommer ´n pregnant vrou.”

“Mag dit reën waar jou beeste wei.” (Mag dit goed gaan)

Arno: “Drank is nie ´n oplossing nie, maar dit help!”

Joe M: “Om ´n arm pa te hê is jou lot, om ´n arm skoonpa te hê is onnoselgeit.”

“As jy die eerste keer nie slaag nie, vernietig alle bewyse dat jy probeer het.”

“As alles jou kant toe kom, dan is jy aan verkeerde kant van die pad.”

Theo Venter: “As ek geweet het ek gaan vanoggend so dors wees het ek gistraand meer gesuip.”

Lettie: “Vandag is die more waaroor jy gister bekommerd was!”

“Die enigste plaasvervanger vir goeie maniere is vinnige reflekse.”

Petro van der Westhuizen: “Moenie kyk waar jy geval het nie maar waar jy gegly het.”

Hansie Lategan: Reël 1: “Ek is nooit verkeerd nie!
 Reël 2: Indien ek ooit verkeerd is, verwys na Reël 1!”

“Ek lig nooit my hande vir my kind nie, dit laat my geslagsdele sonder beskerming.


Hy moet nie met sy rondloperhondmaniere hier kom kuier nie.

Die Stormers moet nou opstaan uit daai lamrugby-groef waarin hulle verval het.

Sy het so ‘n broeishennetjie-manier van aanlê by die seuns, draai al om hulle.

Die baas knor weer vanmôre soos ‘n muishond met ‘n seer bal.

Hy het kaplaks van die stoel af geval.

Hy’t sommer so sjierts by ons verbygejaag.

Hie vlie woerts om die hoekie.

Die sweep swiep deur die lug. (uit Ladismith se omgewing)

“Die koringkorrels sjor op die dorsvloer neer.” – Boerneef, Boplaas

Hy kedoem sy kitaar so nou en dan.

“Hy tweng-tweng en pang-pang aan die snare.” – Boerneef, Boplaas

“Dis jy wat met haar getjoing-tjoing het en nie ek nie.” – Mikro, Gonnakolk

“Pluk so ‘n spierwit dingetjie uit haar handsak en paf-paf op haar neus.” – CM van den Heever, Langs die Grootpad

Die blerrie tweegesig blaf met die honde en huil met die wolwe.

Hy doen dermwerk. (niks spesifieks nie – uit Burgersfort se omgewing)

Hy is gedwee soos ‘n delwersdonkie.

Ek wonder hoeveel hy sal vra om in ‘n drie-slaapkamer huis te spook? (vir ‘n lelike ou) [bydrae: Allan]

Enige verandering aan daardie gesig is ‘n verbetering. (vir ‘n lelike ou) [bydrae: Herman Janse van Rensburg]

Hou jy van hospitaalkos? (jy soek moeilikheid) [bydrae: Herman Janse van Rensburg]

Hy gaan met aasdieromslagtigheid te werk.

Die Gautengers lê witpens op Kampsbaai se strand.

Daar is net ‘n trekseltjie koffie oor in die pot. (‘n bietjie)

Dit het gister net so ‘n slangsleepseltjie gereent in die Kaap.

Die son sit manshoogte van die berg af.

Hy is lekker vuurbek. (Op ‘n tyd was dit die inding om te sê in Stellenbosch as jy ‘n dronk student raakloop.)

Die ding lyk maar tonteldoek. (onsamehangend – so praat hulle in die noorde van Suid-Afrika)

Jannie is al ringbek. (het al baard – uit Prins Albert se omgewing)

Pieter se nuwe meisie is ‘n mooi melkkoffie. (mengsel van wit en swart)

Jy hou jou latjiesbeen by ‘n meisie. (jy lê aan by haar – uit Worcester se omgewing)

Hy is kiepkop. (effens dronk – uit Touwsrivier se omgewing)

Hy is ganspen. (dronk – uit Moorreesburg se omgewing)

Jacob is doringskof vir Julius. (kwaad)

Hy raak toe sommer doringbos vir haar. (skrikkerig)

Hy is dopsak. (hy het alles verloor)

Hy is blikners gery. (sy boude en bene is deurgeskawe – kan ook beteken hy het hom halfdood gery)

Die Julius is hardekoejawel, inkoejawel en ingat!

Ek word alte ongelukkig as ‘n grootman so inkokkewiet werk. (onbevredigende werk lewer)

Ek sal jou opkoffie as jy sê my span speel sleg. (sal jou opdons)

Ek moet ‘n wegmens wees. (Ek moet nou gaan.)

Die kwaaikind moet uitgebrand word. (bose geeste / malheid moet uit ‘n persoon verwilder word – iets wat plattelandse mense letterlik gedoen het op ‘n tyd, die persoon oor ‘n vuur gehou)

Langnek-Kaatjie soen. (sterk drank gebruik)

Saartjie soen. (sterk drank gebruik)

Daai manne by die spele ry toe-speek! (so vinnig dat jy nie die speke kan sien nie)

Die ouens sal moet losklos hardloop daar in Londen. (vinnig hardloop – losklos beteken ook onbetroubaar)

Swart Grietjie soen. (sterk drank gebruik)

Hy was kleindag so onbeskof. (van kleins af)

Ons werk kaal-voorlyf. (as die mense van Kakamas en omgewing so sê bedoel hulle hul werk sonder ‘n hemp)

#ColouredSpreekWoorde was vroeër die week die gewildste onderwerp op Twitter in Suid-Afrika. Ons het so ‘n paar geskraap << KLIK op die skakel vir Coloured Spreekwoorde

Soebat en bangoog kyk help niks. (Boerneef)

Dis goud wat blink, maar koper wat stink. (Skyn bedrieg)

Alte goed is buurmansgek. (As mens te goedhartig is, word jy deur ander misbruik.)

Hy is ‘n gladde kêrel. (Mens kan hom nie vertrou nie.)

Toe Jors sy eks sien by die kroegtoonbank spring hy knipmes-om.

Die meisies by Tukkies is gek oor mieliestamp.

Wonder waar was Jors en sy meisie gisteraand, sy het al weer kruipknietjies. (nerfaf knieë)

Dit is die klein botteltjies wat die groot gif het. (Mense wat klein van persoon is het dikwels die meeste dryfkrag.)

Met geweld kan mens jou duim in jou hol afbreek. (Met krag kan mens alles doen, maar soms is die gevolge sleg.)

Waar jy nie self by is nie, word jou gesig nie gewas nie. (Jy ly skade as jy nie by jou goed is nie.)

Daardie ou mannetjie is darem maar ‘n kapoevaproppie. (Hy verbeel hom hy is belangrik.)

Daai Jors kan vir jou lank ploeg! (Jors kan lank … hmmm … vry.)

Dit gaan jou blikkies. (dit gaan goed)

Die kar draai sommer hier rûens in die pad. (draai dwars in die pad) [‘n Sêding in Riversdal.]

Dit gaan maar patats. (dit gaan maar sleg)

Die spul daar op Bergplaas sit dassie, daar word nie geploeg nie. (sit in die son)

Die pad is snuif tussen Soebatsfontein en Koingnaas. (die pad is vol fyn stof)

Hy het ‘n hallelujagesig en jazzvoete. (baie vroom gesig en dans graag)

Hangskouers soos ‘n kasteroliebottel. (‘n Sêding in die Noord-Kaap.)

Veel geskreeu en weinig wol. (‘n ophef oor iets kleins maak)

Julius se gesante en trawante raak al minder. (sy helpers, veral in slegte sake)

Gert Erf is Gert Swerf. (geld wat geërf is, word maklik uitgegee)

Jors is goed geolie. (Jors is dronk)

Genade het nie ‘n horing nie. [Dalk beter bekend as “Genade het nie horings nie”.  ] (genade word betoon sonder voorwaardes)

Kerm soos ‘n kat oor ‘n derm. (kla oor niks)

Hy lyk soos Sondagkos. (hy lyk netjies)

Vanaand braai ons weer ‘n slag skaalvleis! (vleis wat by die slaghuis gekoop is)

Jors se opsykind is al pramhoog. (Jors se buite-egtelike kind is al pramhoog) [pramhoog - hoe vrouens in Namakwaland hoogte aandui]

Sy het ‘n regte naweeklyfie. (Sy is mooi gebou.)

Daai klas wyn is nie vir ‘n man met ‘n dun kopvel nie. (dun kopvel = word maklik dronk)

Die droëpram is al mooi groot. (droëpram = jongste van ‘n klomp kinders)

Die mannetjie kwyl agter rok-goed aan. (hy kan nie vrouens uitlos nie)

Hy laat lê nie kos nie. (hy eet graag)

Jy kan vir Jan Raap en Skraap eet ou. (daar is genoeg vir almal om te eet)

Het jy al jou bakkies geskottel? (Het jy al jou gesig gewas?)

Al is die ouer hoe arm, hy dek tog warm. (enige ware ouer sorg vir sy kinders)

Die Jors is ‘n regte agterdeursuiper. (hy is ruggraatloos)

Ou Jors sleep darem nog so aan. (sukkel voort)

Jors is hier weg met die aanslag van die dag. (weg met dagbreek)

Jors het die naweek weer netjies gevat, nou’s hy weer tieprag op die Maandag. (te veel gedrink, nou is hy babbelas)

Sy tand koggel hom. (Hy het tandpyn.)

Jors het al vroegmôre gedrink, kanteldronk geraak, nou is hy ge-aap en lê-tiep.

Hy is so los soos ‘n druiwetros.

Hy is gecollar en getie. (Hy het ‘n pak en ‘n das aan.)

’n Dronk man val nie ver van die bar nie. (van BierPlezier)

Jors se gat stamp. (Jors is dronk.)

Verskoon my Frans. (’n waarskuwing wanneer iemand kru taal gebruik)

Geduld is ‘n stadige manier om jou moer te strip.

Seks is soos jou salaristjek, mens praat nie regtig daaroor nie, want netnou kry die ander ou meer as jy.

Almanakke druk. (lieg)

‘n Perd agterstevoor ry. (‘n saak verkeerd aanpak)

Adam sê dis Eva en Eva sê dis die slang. (Wanneer iemand hulself verontskuldig.)

Sien jou in ‘n dik ruk. (Sien jou binnekort.)

Hulle is dik soos diewe. (Hulle is goeie vriende.)

Hy is ‘n regte cheapskate. (Hy is suinig.)

Sy doen die canyon tango. (Sy loop snaaks weens seer voete.)

Hy is baie kamp. (Hy is baie verwyfd.)

Hy kollekteer al weer by haar. (Hy lê aan by haar.)

Hy skiet al weer ‘n cadenza. (Hy is al weer woedend.)

Sy vertel hom waar die bus stop. (Sy vertel hom reguit die waarheid.)

Hy is met sy broek op sy enkels betrap. (Hy is onkant gevang.)

Dit is iemand anders se breinkind. (iemand anders se uitvindsel)

Hy vryf graag haar boud. (hy vlei haar)

Hy slaan die bottel hard. (hy drink baie)

Hy weet hoe om ‘n bottel te knak. (hy drink baie)

Moenie die boot skommel nie. (moenie die rus versteur nie)

Warm onder die boordjie wees. (kwaad wees)

By die verkeerde boom blaf. (die verkeerde idee het)

Sy is totaal en al bonkers. (van haar kop af)

‘n Blaadjie uit iemand se boek neem. (iemand se voorbeeld volg)

Daar is slegte bloed tussen hulle. (daar is slegte gevoelens tussen hulle)

Waar bloed nie kan kruip nie, loop dit. (familiebande is baie hegter as vriendskapsbande)

Hy is maar onder die belt. (Sy gedrag word gekenmerk deur onregverdigheid. / Hy is van ‘n lae klas.)

Sy ly aan bek-en-klouseer. (Sy smeer haar lippe erg rooi en verf haar naels erg rooi.)

Draai jou mantel na die wind. (Bly aan die wenkant.)

Sy is ‘n regte ou tierwyfie. (sy is ‘n kwaai vrou)

Sy kan altyd my battery natpiepie. (sy kan altyd my pret bederf)

Hy lag al die pad bank toe. (Hy maak ‘n wins, afgesien van wat ander sê.)

Hy hou van op die lawaaiwa klim. (met die meerderheid saamstem)

‘n Totale balls-up van iets maak. (‘n helse gemors van iets maak)

Hy hou van ankers uitgooi by elke stopstraat. (hard rem trap)

Hy is al sy alies kwyt. (hy is van sy kop af)

Jou roes uitslaap. (herstel van ‘n babbelas)

Sy kan die agterbeen van ‘n donkie afpraat. (sy praat baie)

Hy probeer hoër vlieg as wat sy vlerke lank is. (hy oorskat homself)

So maklik soos brood en botter. (baie maklik)

‘n Aap op jou rug hê. (verslaaf wees aan iets)

Hy is pad op. (Hy het verdwyn.)

Vir jou het ek sien aankom. (weet hoe iemand is)

Jy sal vir jou moet laat kyk deur sewe skeel kamele. (as iemand iets verkeerd doen)

Laat ek vir jou vertel wat vis innie Kaap kos. (lekker vertel)

Sy is so vet, as sy by die trein uitklim kan almal asem haal. (met erkenning aan Peter Snyders)

Wag tot Letjie kom. (lank wag)

“Help vir Henna en troos vir Koos.” (help daar)

“Sy praat mos so onder haar asem. (sy fluister)”

“Sy praat so baie sy sal die agterbeen van ‘n donkie afpraat.”

Chris van Rooyen: “Hy het ‘n klein koppie soos ‘n ver gooi kierie.”

So maklik soos brood en botter. (verspot maklik)

Hy het ‘n aap op sy rug. (Hy is verslaaf.)

“Die beste vakansie is die een waar die vrouens byt en die muskiete nie.”

Johann Nell: “Dit is baie beter om te huil in ‘n luukse BMW as op ‘n tweewielfiets en dit is nog beter om jou trane te laat val van ‘n drieverdieping mansion as wat dit op jou kaia se grondvloer val.” (Die liefde is soms hartseer, trou ryk.)

Celeste Herman: “‘n Mooi uiterlike vang die oog vir ‘n wyle, maar ‘n mooi innerlike word ‘n leeftyd deur die hart vasgevang.”

“Hy trek ‘n Mbeki.” (bly stil as jy niks beter het om te sê nie)

Nie ‘n A van ‘n B ken nie. (is ongeletterd)

“Hy is twee Castles kort van ‘n sixpack.” (hy is nie lekker nie) – ingestuur deur Andre

“Wel, slaan my met ‘n pap snoek en vee jam onder my arms.” – ingestuur deur George (sêding van sy oupa)

“Sy skop nie baie watts uit nie” (sy’s nie baie slim nie) – ingestuur deur Hanlie

“Byt jy weer borrels.” (Poep in die bad.) – ingestuur deur Lödveteig Nan (Swede)

“Hier het een gesit en pikstele knyp.” (Jy loop in ‘n toilet in wat stink.) – ingestuur deur Lödveteig Nan (Swede)

Ek voel bietjie kop-onder-die-vlerk. (voel nie baie lekker nie)

‘n Mens moet nooit lag as ‘n dief op ‘n fiets deur ‘n trein getrap word nie. Dit kan moontlik jou fiets wees.

Sy is so klein, sy verdwaal in ‘n telefoonhokkie.



gecpoy by roekeloos
“Ek smaak jou stukkend.” (Ek is lief vir jou.)

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: spreekwoorde en gesegdes
« Reply #1 on: April 20, 2013, 07:23:02 PM »
Die Vrystaat-ouens weet wat die regte boeremanier is: Ploeg diep en betaal na die oes.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: spreekwoorde en gesegdes
« Reply #2 on: April 20, 2013, 09:06:08 PM »
Dankie AB, ek geniet hierdie bydrae.  Vereenselwig ek my met "gaan groot of gaan huistoe".  Hahaa.
Pragtig!

Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: spreekwoorde en gesegdes
« Reply #3 on: April 21, 2013, 04:46:06 AM »
 :love7: :icon_salut: :notworthy:

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: spreekwoorde en gesegdes
« Reply #4 on: April 21, 2013, 11:27:43 AM »
Lekker.
Ek kan om die dood nie onthou nie, nie grappies nie, nie gesegdes nie, nie wat in die oertyd gebeur het nie. Hoekom?
Dalk wil my brein dit nie onthou nie.
Lekker om dit hier te lees.
elle

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: spreekwoorde en gesegdes
« Reply #5 on: May 27, 2013, 11:27:19 PM »
Hierdie uitdrukking van AB het my hart gesteel vanoggend:
 ...dis deurmekaarder as van gog se skilderye.
 :love7: :hello2: :notworthy:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: spreekwoorde en gesegdes
« Reply #6 on: May 28, 2013, 09:46:26 AM »
Dit was vir my ook oulik Raaitjie. 
Om te weet is om te verstaan.