Author Topic: Kragonderbreking  (Read 11826 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Kragonderbreking
« on: January 23, 2019, 09:47:40 AM »
Het jy al ooit by die huis gekom nadat jy weg was, en opgemerk dat jou digitale horlosies flikker met die verkeerde tyd? Jy besef gou dat daar ‘n kragonderbreking was, maar dit is feitlik onmoontlik om te bepaal wanneer dit plaasgevind het of hoe lank dit geduur het. Dit is dus ook onmoontlik om vast te stel of die kos in jou vrieskas dalk ontdooi het, begin bederf het, en dan weer gevries is. Of is dit?[/size][/font][/size][/color][/size] Hierdie truuk kan jou help om te weet of kos sleg geword het en net gevries het, en of dit bevrore gebly het terwyl jy weg was. Sit ‘n koppie water in jou vrieskas. Vries dit heeltemal, sit dan ‘n muntstuk bo op en los dit in jou vrieskas. Op dié manier sal jy kan sê of die inhoud van die vrieskas na ‘n kragonderbreking bevrore gebly het: As die muntstuk tot onder in die die beker gesak het, beteken dit die kos het ontdooi en sal jy moet oorweeg om Daarvan ontslae te raak. Maar as die muntstuk óf bo op, of selfs in die middel van die beker is, behoort jou kos nog veilig te wees. Die algemene maatstaf bly maar dat jy gemaklik moet voel oor jou bevrore voorraad en dit veilig te speel. Gooi dit dus eerder weg as om kanse te vat[/size]
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kragonderbreking
« Reply #1 on: January 23, 2019, 09:48:46 AM »
Baie baie handige raad!!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kragonderbreking
« Reply #2 on: January 23, 2019, 10:04:11 AM »
Eish, die galok by die ongalok!  Dit is soms 'n uitdaging om in die boendoes te bly.  Tans het ons 'n probleem met die 'peppercorns" (bosluisies) wat aan die grashalms en takke vaskleef en "saamry" as jy verbykom.  Die saamry is nie die probleem nie, maar daai vasbyt. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Kragonderbreking
« Reply #3 on: January 23, 2019, 10:10:41 AM »
Solukke helsems. Oupa vat altoos toiletpapier wat hy in die spirits doop. dan sit hy dit oor die luis. Na so rukkie los die luis en as hy dan die luis en toiletpapier afhaal steek hy dit sommer brand.
Antie moet oppas en nie sommer die luis aftrek nie, dan breek sy kop af en bly sit daar waar dit gebyt het.


 :mumum:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kragonderbreking
« Reply #4 on: January 23, 2019, 10:11:47 AM »
Hulle het mos die neiging om soms op baie ongemaklike plekke vas te byt. Simpatie met die inhoud wat moes weggegooi word. Hartseer duur storie so kragonderbreking man! Assie, ek gaan oupa se raad onthou. Dankie vir deel en ja, daai kop wat agterbly kan vir jou lelik siek laat voel. Meisiekind hulle ook erg las op die plaas met die kalante.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kragonderbreking
« Reply #5 on: January 23, 2019, 10:16:53 AM »
Dit is goeie inligting. Dankie aan Oupa ook Assie. 
Om te weet is om te verstaan.