Author Topic: Dringend... Resep asseblief  (Read 6239 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Dringend... Resep asseblief
« on: April 11, 2013, 01:19:56 AM »
Ek soek 'n resep vir 'n slaap-drankie.
Een met skop.
Dit moet my tussen die oge skop dat ek agteroor neerslaan en vir 8ure uit soos 'n kers daar le.
En ek wil snork dat die dak lig.
En as ek wakker word, moet dit Saterdag-oggend of Sondag-oggend wees sodat ek die roes verder kan afslaap.
Help!! 
Wat is die slaap   :sleepy1:   :sleepy1:
O, jou wondersoete deng.
 :sleepy1:  :sleepy1:  :sleepy1:
 :sleepy2: :sleepy2: :binkybaby:  Dalk moet ek 'n dummy kry.
elle

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Dringend... Resep asseblief
« Reply #1 on: April 11, 2013, 01:30:39 AM »
 :sign10: Ek het nie ene nie, maar die spore hier op jou laatnag erfie was baie verkwikkend vir die eensame woorddief, dankie matertjie!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dringend... Resep asseblief
« Reply #2 on: April 11, 2013, 04:17:52 PM »
O goeiste, jy kan altyd Skype matertjie.  Daar is 'n paar van ons spoke wat Skype as ons nie kan slaap nie en Raaitjie het dag as ons nag het. 

Dit is nie die slaaploosheid nie nĂȘ, dit is daardie volgende dag as jy moet werk.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Dringend... Resep asseblief
« Reply #3 on: April 11, 2013, 06:39:33 PM »
Dis daai volgende dag se deng wat my so pla.
Nou le ek en stories en versies dink, gaan haal ou stofgoed van die rakke af.
Tot die baas vra gister of ek 'n late night gehad het!!  Aarde, op my ouderdom??
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dringend... Resep asseblief
« Reply #4 on: April 12, 2013, 05:19:54 AM »
Dit gaan nie oor die ouderdom nie, dit gaan oor die sneeu op die berge en die vuur in die valei.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Dringend... Resep asseblief
« Reply #5 on: April 12, 2013, 06:46:46 AM »
Giggel ek vir jou PM! Angelica, die sout en peper garde  :toothy4: diekant van die aardbol is altyd te vinne vir 'n praatjie en skop graag die skypeskoeter aan die brand. PM getuig ware dinge  :icon_biggrin:

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Dringend... Resep asseblief
« Reply #6 on: April 12, 2013, 02:36:44 PM »
Camomile-tee maak my altyd vaak en dan iets soos ontspanningsoefeninge en asemhalingsoefeninge (mediteer) help verder.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Dringend... Resep asseblief
« Reply #7 on: April 12, 2013, 07:10:44 PM »
Fransi, daai oefeninge klink hopeloos te veel na... wel, oefening.
Vanaand wil my nek net eenkant toe val, so ek sal maar nou-nou bed se kant toe staan.
PM, daai fire innie valley is uitgebrand.  Geen vuurhoutjies om dit aan die brand te steek nie. Dead.  :dontknow:
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dringend... Resep asseblief
« Reply #8 on: April 13, 2013, 01:23:02 PM »
Ag nee ek glo dit nie vir 'n oomblik nie.  Jou gedigte is genoeg om enige fire konstant aan die brand te hou.  Ek lief dit. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Dringend... Resep asseblief
« Reply #9 on: April 13, 2013, 06:11:05 PM »
O, gedog dis 'n anner fire...
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dringend... Resep asseblief
« Reply #10 on: April 15, 2013, 11:29:36 AM »
Jy't reg gedog!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Dringend... Resep asseblief
« Reply #11 on: July 23, 2015, 06:40:41 AM »
En nou kuier ek saam met ons gas wat die onderwerp print Heerlik om weer so tussen die ouer kuiertjies te dwaal  :hello2:

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Dringend... Resep asseblief
« Reply #12 on: July 25, 2015, 01:57:59 PM »
Ek soek nog steeds na daai skopannieslaapdrankie.
Kamille-tee laat jou snags opstaan.  En as jy opstaan is jou oge oop. Wyd oop. So oop dit gaan nooit weer toe nie.
Ek loop le maar en lees.  Na die eerste bladsy wil ek slaap.  Gewoonlik is dit nog te vroeg vir 'n heelnag se slaap.
Maar wat, dis nou soos dit is.
elle

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Dringend... Resep asseblief
« Reply #13 on: July 26, 2015, 02:20:07 AM »
Self nog opsoek hoor. Hoe ouer ons word hoe minder slaap ons. Seker oor mens besef die kosbare sand in die uurglas is besig om af te sak na jou onderlyf  :icon_bigsmurf:
« Last Edit: May 22, 2018, 10:49:16 PM by Meraai vannie Baai »

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Re: Dringend... Resep asseblief
« Reply #14 on: July 27, 2015, 10:17:10 AM »
My recipe for sleeping soundly at night is to leave the office at the office when I go home. I do not take work home, I do not work at home unless it really is necessary. I can't solve any work related problems at 02:00 in the morning. From the moment I started to follow my own rules, I sleep through, soundly.