Author Topic: ag nou ja!  (Read 2147 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
ag nou ja!
« on: April 05, 2013, 06:58:12 PM »
Vanmiddag dog ek, wag laat ek bib toe gaan. Ek was maande laas daar en ek wil bietjie navorsing doen oor my nuwe boek. So stap ek daar in. kry nie wat ek soek nie, maar neem twee boeke van die rak af. Nou stap ek na die dame agter die toonbank. totale vreemde siel wat ek nog nooit gesien het nie. Sy is vreeslik stadig. uiteindelik kyk sy in my rigting. Waar kan ek boeke oor griekse mitologie soek? vra ek. Kom weer mevrou, seg sy. Ek dog nee ou dier, daai ene doen ek nie, ek staan net hier tjoepstil by die toonbank. In my beste Ingels vra ek Do you have books on Greek Mithology? sy trek die rekenaarskerm nader en begin tik. dan kyk sy op en voor sy my vra om weer te kom, begin ek die woorde spel. sy tik dit as een woord. Sorry Mevrou, only Kimberley. So 'n rooi skynseltjie kriewel teen my nek op. Suutjies en vroulik vra ek of sy nie maar Zeus wil intik nie. Amper vra sy my weer, maar die keer is ek by voorbaat slim en ek spel – Z – E – U – S - Sorry, Mevrou. Only Kimberley. Sug en sug en sug. Ek gee haar die twee boeke wat ek wil uitneem. Sy scan my kaartjies. Sorry Mevrou, you are blocked until 31 December 9999. Die rooi skuif tot onder my neus. Ek begin lug opbou in my airbrakes. Vir wat? vra ek nou minder vroulik. Is dit omdat ek so lanklaas uitgeneem het. Sy kyk my net een kyk en mompel, I’ll unblock you quickly. Ek swyg, maar my stout stemmetjie agter my linkeroor seg, maak gou vrou, ek lug in die remme bou op. Sy tik hier, delete daar en kliek nog ‘n plek en toe stap ek met twee boeke oor akwariums en tropiese visse by die deur uit. Anchen kyk so versigtig in my rigting toe ons buite kom. Sy kan bly wees die Bezuidenhout, gemeng met van Jaarsveld humeur het nie uitgekom nie. Ek gluur die kind aan en toe bars ons uit van die lag. Nou ja, dis nie Kimberley se bib nie, so die stories oor griekse mitologie is gedoem tot Google, maar iewers gaan ek hopelik meer weet oor akwariums en tropiese visse. Hoop julle naweek begin beter.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: ag nou ja!
« Reply #1 on: April 06, 2013, 06:07:04 AM »
Wat kan 'n mens sê, of is dit: waaroor nog moet 'n mens swyg?
Dankie vir die deel matertjie.  Lekker naweek vir jou ook. 
Om te weet is om te verstaan.