Author Topic: Die taal en sy stoute mense  (Read 46824 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Die taal en sy stoute mense
« on: April 03, 2013, 10:29:43 AM »
Hier is ek nou in die woordkroeg en ek het vir almal 'n doppie geskink.  Tjorts, laat hy val waar hy wil, net nie op die grond nie.  (Lig die elmboog  :angel4: )

Kom ons kuier saam oor "ingekleurde woorde".  Ons eie 007, die woordvraat met haar mandjie, sal weldra hier verbykom en kom oes. 

Ek skop af met:

Opera. 

Hou jy van afval?   Nee, ek hou van bo-bly.   :icon_biggrin:

Kom help ouens dat ons kan lag en bou. 


Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Die taal en sy stoute mense
« Reply #1 on: April 03, 2013, 10:37:46 PM »
 :headbang: :icon_biggrin: Ek lag so ek kan nou aan nie een dink nie. Sodra ek my breinselle onder die doekesak uitgehaal het, kom ek terug om te help saai en oes PM.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die taal en sy stoute mense
« Reply #2 on: April 04, 2013, 09:53:27 AM »
Praat ek vanoggend met Joe, vertel hy vir my van die KKennoggeK wat 'n ding op die planke bring.
Oppie pil of oppie paal?   :sign10:
Dit is soooo gepas!

Stoot:        Waar het jy nou gehoor 'n ou kan 'n tou stoot, jy moet dit trek.
Trek:         Moenie hier staan en getrek raak nie. 
Spyker:     Hy het my verkul, deur die ore gespyker.   :icon_biggrin:
Ligte:         Die ligte is aan maar niemand is by die huis nie.  (Die persoon snap nie)

Gawie, bring daai mooi enetjie van jou van vroegdag. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: Die taal en sy stoute mense
« Reply #3 on: April 04, 2013, 10:57:24 AM »
Die hondjies is van my bed verban. My Alfie en Bertus se wors mag ook nie meer daar slaap nie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die taal en sy stoute mense
« Reply #4 on: April 05, 2013, 12:21:30 PM »
Dankie Gawie.  Die ander ouens lyk my is maar skaam. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Die taal en sy stoute mense
« Reply #5 on: April 08, 2013, 04:05:51 AM »
Kom jy?

Ek voel nie vandag lus om saam te gaan draad trek nie. My hande het nog blase van toe ons die buurman gaan handgee het (met die herstel van sy draadkampe :icon_biggrin:)

Gawie is moerig. Sy het alweer 'n paar steke gemis.

Nigel? Nee oom.
« Last Edit: April 09, 2013, 01:39:13 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die taal en sy stoute mense
« Reply #6 on: April 09, 2013, 11:44:27 AM »
Pragtige voorbeelde Raaitjie.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Die taal en sy stoute mense
« Reply #7 on: April 11, 2013, 01:32:48 AM »
Ouma en oupa gaan dokter toe.

Oupa vra: "Dok, ek soek viagra."

Net daar vra die tannie. "Dok ek soek net antibiotika".

Die dokter vra toe die tannie maar hoekom antibiotika? Sy sê: "Dok weet jy hoe gevaarlik is 'n geroesde spyker!"

**************

Kaapse tjomme sit en dop.
Een vra: "As ek djou vrou raps en sy word pregnant, is ons dan familie?" "Nei" se die ander, "dan's ons even!"

*************

Hilda gaan drankwinkel toe om brandy vir haar vrugtekoek te koop.
Hilda: "Gee my 'n halfjack brandy 'seblief gesiggie"
Jongman: "Tannie is cool!"
Hilda: "Ek drink dit nie, ek gooi dit oor my koek, oom Oubaas hou daarvan"
Jongman: "Hell,Tannie is flippen cool!!
« Last Edit: April 11, 2013, 01:57:04 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Die taal en sy stoute mense
« Reply #8 on: April 12, 2013, 10:27:58 AM »
Waar kom jy vandaan?
PE
Nee ek staan maar net so.

Die pragtige spraakterapeut met die perdebylyfie sukkel met die drie mans wat so hakkel.
Moedeloos se sy later. Die eerste een wat vir my kan se waar hy vandaan kom sonder om te hakkel gee ek 'n oopmond soen met tong en al vir twee minute lank.
P..P..P..Paarl se die eerste
S..s..S..s..Somers..S..S..et W..w.wes sukkel die tweede.
Durban. Sy is so opgewonde sy doen haar belofte gestand en soen die man vir 2 minute met al die passie wat sy het. Toe sy hom los gaan hy voort V..V..V..ville

Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Aspoestertjie

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 102
  • Gender: Female
Re: Die taal en sy stoute mense
« Reply #9 on: April 12, 2013, 10:39:23 AM »
Waar neem jy jou vrou vir Piza.
Nee wat, ek piza sommer by die huis.

 :mumum:
Oupa sê: Wyshyd is die truspieël van die ouderdom.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die taal en sy stoute mense
« Reply #10 on: April 12, 2013, 01:57:37 PM »
O goeiste, ek het net op die regte tyd hier kom lees.  Heerlik gelag!  Raaitjie jy sal 'n ekstra mandjie moet kry matertjie.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Die taal en sy stoute mense
« Reply #11 on: April 13, 2013, 08:04:39 AM »
Natuuuurlik lees ek hierdie, die oomblik toe ons eenjarige kaboutertjie uiteindelik aan die slaap geraak het  :headbang: sluk ek my proes heel in!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die taal en sy stoute mense
« Reply #12 on: June 22, 2013, 02:39:01 PM »
...en daar droog dit op.   :crybaby2:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Louis

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
Re: Die taal en sy stoute mense
« Reply #13 on: June 22, 2013, 04:34:54 PM »
as jy viagra wil gebruik moet jy die instruksies fyn lees. jy moet dit blykbaar baie vinnig sluk want as jy dit te stadig sluk sit jy met n stywe nek.

Offline Louis

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
Re: Die taal en sy stoute mense
« Reply #14 on: June 22, 2013, 04:41:36 PM »

 
 
Ou oom in ouetehuis sit nota op sy deur:
Seks beskikbaar -  R25 in stort, R20 op bed, R5 op matjie.
Na 'n ruk is daar kloppie aan sy deur. Dis ‘n ou tannie met R20 in hand.
 ‘Klim ma solank op kooi’ sê die oom
’ nee nee.. pappi..,  4 keer op matjie asb!!!’