Woordskuur > Die Woordkroeg

Die taal en sy stoute mense

<< < (2/24) > >>

Meraai vannie Baai:
Kom jy?

Ek voel nie vandag lus om saam te gaan draad trek nie. My hande het nog blase van toe ons die buurman gaan handgee het (met die herstel van sy draadkampe :icon_biggrin:)

Gawie is moerig. Sy het alweer 'n paar steke gemis.

Nigel? Nee oom.

PM:
Pragtige voorbeelde Raaitjie.   :icon_biggrin:

Meraai vannie Baai:
Ouma en oupa gaan dokter toe.

Oupa vra: "Dok, ek soek viagra."

Net daar vra die tannie. "Dok ek soek net antibiotika".

Die dokter vra toe die tannie maar hoekom antibiotika? Sy sĂȘ: "Dok weet jy hoe gevaarlik is 'n geroesde spyker!"

**************

Kaapse tjomme sit en dop.
Een vra: "As ek djou vrou raps en sy word pregnant, is ons dan familie?" "Nei" se die ander, "dan's ons even!"

*************

Hilda gaan drankwinkel toe om brandy vir haar vrugtekoek te koop.
Hilda: "Gee my 'n halfjack brandy 'seblief gesiggie"
Jongman: "Tannie is cool!"
Hilda: "Ek drink dit nie, ek gooi dit oor my koek, oom Oubaas hou daarvan"
Jongman: "Hell,Tannie is flippen cool!!

Naas:
Waar kom jy vandaan?
PE
Nee ek staan maar net so.

Die pragtige spraakterapeut met die perdebylyfie sukkel met die drie mans wat so hakkel.
Moedeloos se sy later. Die eerste een wat vir my kan se waar hy vandaan kom sonder om te hakkel gee ek 'n oopmond soen met tong en al vir twee minute lank.
P..P..P..Paarl se die eerste
S..s..S..s..Somers..S..S..et W..w.wes sukkel die tweede.
Durban. Sy is so opgewonde sy doen haar belofte gestand en soen die man vir 2 minute met al die passie wat sy het. Toe sy hom los gaan hy voort V..V..V..ville

Aspoestertjie:
Waar neem jy jou vrou vir Piza.
Nee wat, ek piza sommer by die huis.

 :mumum:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

[*] Previous page

Go to full version