Woordskuur > Die Woordkroeg

Die taal en sy stoute mense

(1/24) > >>

PM:
Hier is ek nou in die woordkroeg en ek het vir almal 'n doppie geskink.  Tjorts, laat hy val waar hy wil, net nie op die grond nie.  (Lig die elmboog  :angel4: )

Kom ons kuier saam oor "ingekleurde woorde".  Ons eie 007, die woordvraat met haar mandjie, sal weldra hier verbykom en kom oes. 

Ek skop af met:

Opera. 

Hou jy van afval?   Nee, ek hou van bo-bly.   :icon_biggrin:

Kom help ouens dat ons kan lag en bou. 


Meraai vannie Baai:
 :headbang: :icon_biggrin: Ek lag so ek kan nou aan nie een dink nie. Sodra ek my breinselle onder die doekesak uitgehaal het, kom ek terug om te help saai en oes PM.

PM:
Praat ek vanoggend met Joe, vertel hy vir my van die KKennoggeK wat 'n ding op die planke bring.
Oppie pil of oppie paal?   :sign10:
Dit is soooo gepas!

Stoot:        Waar het jy nou gehoor 'n ou kan 'n tou stoot, jy moet dit trek.
Trek:         Moenie hier staan en getrek raak nie. 
Spyker:     Hy het my verkul, deur die ore gespyker.   :icon_biggrin:
Ligte:         Die ligte is aan maar niemand is by die huis nie.  (Die persoon snap nie)

Gawie, bring daai mooi enetjie van jou van vroegdag. 

Gawelina:
Die hondjies is van my bed verban. My Alfie en Bertus se wors mag ook nie meer daar slaap nie.

PM:
Dankie Gawie.  Die ander ouens lyk my is maar skaam. 

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version