Author Topic: Ans Botha se Vier seisoene  (Read 15962 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Ans Botha se Vier seisoene
« on: April 01, 2013, 08:48:42 AM »
Ans het vir haar 2 bladsye in die boek losgeslaan met hierdie gedig.  As almal kom help skaaf en skuur sal ons een bladsy daarvoor gebruik. 
Baie dankie dat jy deelgeneem het matertjie. 

Vier Seisoene
 
met kromgetrekte hande
wag sy met blokkieskombers
oor haar bene in winter kou
staar sy voor haar uit
 
met oë wagtend gerig op stofpad
elke beweging laat haar
oë opgewonde blink
verlange opkyk na geslote hek
 
lente bring geure van bloeisels
blomme bring kleure
in haar tuintjie
vol verlange
 
reën het die somer aangekondig
lente is weg
voëltjies kwetter en sing
vir haar op haar bankie

steeds wag sy
met ineengetrekte hande
verlangende oë
op haar bankie in haar somerstuin.

blare verkleur na goud en bruin
bladwisselende bome verloor hul blare
om haar bankie
lê ‘n mat van herfs blare
 
‘n windjie waai ‘n blaar
op haar verrimpelde hand
met teerheid vou sy hom toe
sluit sy vir oulaas haar oë


© Ans Botha
« Last Edit: April 03, 2013, 06:52:35 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Ans Botha se Vier seisoene
« Reply #1 on: April 01, 2013, 03:59:21 PM »
Ek weet nie waar ek vir Hannes moet dankie sê nie, maar baie baie dankie. PM dit was 'n voorreg om deel te neem.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Ans Botha se Vier seisoene
« Reply #2 on: April 01, 2013, 11:06:08 PM »
Pragtig Ans!  :icon_salut: :notworthy:

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Ans Botha se Vier seisoene
« Reply #3 on: April 02, 2013, 03:26:32 PM »
PM wat van die laaste vers "sluit sy vir oulaas haar oë" ?

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ans Botha se Vier seisoene
« Reply #4 on: April 03, 2013, 07:17:27 AM »
Dit klink baie beter Ansie.  Wanneer jy in die blou koevertjie, onder aan die gedig, kliek, dan kan jy self die veranderings meebring.  Ek het hierdie versreël vir jou verander. 

Dink jy nie dat "die stofpad" beter sal werk nie?
 
Miskien sal "verlangend" beter werk as verlange, tensy ek dit nie reg lees nie. 

Dalk is "bladwisselende" oorbodig.  As jy ook "loof" sou gebruik in die plek van "blare" in die  voorlaaste strofe se tweede versreël, dan kry jy halfrym met die elle.  (Alliterasie) Dan sluit jy ook die herhaling van blare, ondermekaar, in dieselfde strofe uit. 

blare verkleur na goud en bruin
bome verloor hul loof
om haar bankie
lê ‘n mat van herfs blare

Alliterasie is die herhaling van konsonante (medeklinkers) in dieselfde versreël – die gelykheid van beginklanke. 

« Last Edit: April 03, 2013, 07:24:55 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Ans Botha se Vier seisoene
« Reply #5 on: April 05, 2013, 05:35:08 PM »
PM dit is net in my eie hoekie waar ek die koevertjie onderaan kry, maar nie hier nie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ans Botha se Vier seisoene
« Reply #6 on: April 06, 2013, 05:58:28 AM »
Skuus Ansie, ek het gedink jy praat van jou eie hoekie.  My torre was baie besig hierdie twee weke wat verby is, hulle is 'n baie stadig. 
Maak die veranderings wat jy wil hê en plaas die regte uitgawe net so weer hier.  Ek sal later die ander verwyder. 

Om te weet is om te verstaan.