Author Topic: dit was wilger in haar lewe  (Read 2994 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
dit was wilger in haar lewe
« on: March 31, 2013, 08:19:50 PM »
krom vou haar skouers
onder die aanslag
van jare se belewenisse,
sy kam haar yl haartjies
met sorg en vreug,
blinksag krul dit om haar kop.
die kaal jare is sigbaar
in haar lewensregister,
onherstelbaar vernietigend verdor,
haar ledemate verlammend
onkapabel om te beweeg,
soms dwarsweg verstard in ouderdom.
kromgevou haar skouers,
trek sy haar sonkombers
elke oggend om haar lyf
maar snags dartel sy in strale
van die maanlig en die sterre.
 
'n tyd gelede het ek hierdie woorde vir my ma geskryf, kleiner en kleiner het sy geword, stiller en stiller ... en vanoggend het sy die heerlike Ewigheid ingedans.

 :grommit: 
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: dit was wilger in haar lewe
« Reply #1 on: April 01, 2013, 01:01:25 AM »
Hoe kosbaar matertjie! Vou julle toe met omgee in hierdie hartseer tye.  :love7:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: dit was wilger in haar lewe
« Reply #2 on: April 01, 2013, 05:52:52 AM »
Jy het my nou in trane Adéle.  So pragtige gediggie met die einaseer voetnota.  Sterkte Nooi. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: dit was wilger in haar lewe
« Reply #3 on: April 01, 2013, 10:39:10 AM »
dankie baaaaaaie julle, my hart is vanmore maar seerderig, sommer erg. weet julle, nie oor sy weg is nie maar oor die verlore kanse ... ek wou sooo graag meer van haar gehad het, meer dingetjies saam kon doen, toe sy hier kom bly het, maar dit het nooit gerealiseer nie.

 :grommit: 
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: dit was wilger in haar lewe
« Reply #4 on: April 01, 2013, 10:57:40 AM »
Ek is so jammer vir jou seerseer Adéle.  Die ou lewe het 'n manier om 'n mens so rond te gooi dat jy nie by alles wat jy wil doen kan uitkom nie.  Wat praat nog van alles wat gedoen moet word. 
Ons vou julle knoets toe in ons harte matertjie.  Weet dat ons aan julle dink. 
Dit wat sy vir julle nagelaat het sal julle hierdeur dra.  Sterkte. 
Om te weet is om te verstaan.