Author Topic: "Hermetiese poësie"  (Read 22686 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: "Hermetiese poësie"
« Reply #15 on: September 21, 2011, 01:16:00 AM »
PM:

Met ‘n knak van die knie
 en die lig van my lampion,
 bring ek hulde aan hulle
 wat vir my die lewe lamé,
 appliek met lakoniek,
 en woordwonders werk.
 Ek lief julle mateloos.
 en dit, is die stem van PM.
 ©

Mel:
 Kameleonties
 besoek ek
 die skakerings
 van jou siel
 
die inkleur van 'n legkaartstuk
 
terwyl die wete
 deur my
 ruk
 
modus operandi
 
"Ons spesie
 is te onvoorspelbaar"
 ©

 :bootyshake: :hello2: :notworthy: :icon_salut:
« Last Edit: September 21, 2011, 01:44:27 AM by Meraai vannie Baai »

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: "Hermetiese poësie"
« Reply #16 on: September 21, 2011, 01:35:05 AM »
Susan Grobler:  My Taal Kwook
 
behoede my
 van stagnasie in my taal
 behoede my
 van net terugsit en niks betaal
 'k wil sáám met die gety
 nuwe woorde en uitdrukkings voortbring
 soos ‘n tsoenamigolf
 Afrikaans oor tonge laat spoel
 sodat my taal kan kook
 en kwook en oorkwook
 en tot aan die einde
 van alles kan bly staan
 selfs al het ék
 lank reeds vergaan
 
© Susan Grobler

~~~~~~~~~~~~~~~

*In hierdie toestemmings brief aan 007 van die maanvrou, is daar die pragtigste beskrywing
 oor die behoefte wat ons soms dwing om ons eie woorde te skep wanneer bestaande woorde
net nie dieselfde funksie vervul of beeld weergee nie:


ammiemoon: Geagte 007
 
Ai, ai Meraai van die baai
 sal jy nou in jou wildste drome
 ooit kon raai,
 op 'n krinkelvars Maandagmore
 vang jy vir ammiemoon
 sommer nog voor hanekraai!
 Want hierdie moongirl
 het 'n swakheid, jy sien
 vir woorde wat toor
 om soos nikerballstroop op te dien
 
Sy maak liefde met letters
 rol dit in haar kies,
 raak soms erg moerig
 as sy sukkel om 'n woordjie te kies,
 raak dan sommer net daar obstinaat,
 'n self gemaakte woord nou die enigste raad!
 
Nou hier is die maan in haar element
 want aan woorde heg sy groot sentiment.
 Sy begin speel met begrippe
 en emosies van die hart,
 aan nuwe tongkieswoordjies wat die
 taal van die liefde kan praat.
 
Tone-omkrul-lekker begin sy toor
 met vreemde goetemajieng woorde
 om in die skugterlag gleufies van
 verse in te pas,
 woorde soos kleinvoelholte en
 taailek soetstout vlindervlerk-soentjies,
 wit walsie branders en bitterwang pampoentjies,
 
Ystong kristalle en vlammegloed koraal,
 passiesug en smak waarmee sy
 smeul in 'n liefdesdaad mee warm maak,
 Antarktika oë en smaakbessielag,
 wat in die skaamspeel hoekies van
 verse wag.
 
Ag dinges, keer haar
 want hier gaan sy alweer,
 suiglekker woorde
 waarmee sy wil toor !!
 
Ps: Meraai, jy is meer as welkom om my
 vreemde woorde te leen
 om hopelik kleur, lag en geur
 aan jou woordeboek te verleen!
 
Volmaan groete
© 2010 Almarie Truter
« Last Edit: September 21, 2011, 01:39:43 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: "Hermetiese poësie"
« Reply #17 on: September 21, 2011, 08:19:18 AM »
Pragtig!  Ons abiesietjiewerkies!  Dit kwook ja!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: "Hermetiese poësie"
« Reply #18 on: September 27, 2011, 07:04:37 PM »
Susan Grobler:  My Taal Kwook

ammiemoon: Geagte 007

ekke geniet julle werk somme duisend stikke, ekke sit en wag in elke voorste ry; dankies miljoene, Raaitjie-vriendin
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: "Hermetiese poësie"
« Reply #19 on: September 28, 2011, 06:49:12 AM »
Groooot voorreg mater! Kom nou eers PM se 'abiesietjiewerkies' gaps  :book1:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: "Hermetiese poësie"
« Reply #20 on: July 30, 2018, 12:50:33 PM »
Ek het nou weer 'n lang ruk spandeer aan hierdie juweeltjies hier op die forum.  Wanneer ek sulke pragwerk lees soek ek desperaat na gapings van stiltes waar my gedagtes kan wortelskiet, groei en blom om vrugte te dra. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: "Hermetiese poësie"
« Reply #21 on: July 28, 2020, 11:23:22 PM »
Ek het nou weer 'n lang ruk spandeer aan hierdie juweeltjies hier op die forum.  Wanneer ek sulke pragwerk lees soek ek desperaat na gapings van stiltes waar my gedagtes kan wortelskiet, groei en blom om vrugte te dra. 

 :book1: :icon_salut: :`ip2: