Die Biblioteek > Staaltjies uit die ou dae

hase jag

(1/3) > >>

Louis:
n vriend van my se pa vertel dat toe hy n kind was op n plaas iewers in die vrystaat het hulle maar moeilik met engels iets te doen wou he.
in die skool moes hulle maar engels leer of hulle wil of nie. hulle het toe n taak gekry om na die skool vakansie te vertel in die klas wat hulle
gedurende hulle vakansie aangevang het.
die klong was toe by sy oupa op die plaas waar hy n hele klomp windhonde het en dan nou sommer gereeld die honde uitvat veld toe om te
gaan jag vir hase.
hier is die storie wat hy in die engelse klas vertel
once upon a time I has a wind dog, him ran like stof so stan. when a hare outsprang, him him sommer fang.

Angelica:
Giggles...  :angel8:

Trapsoetjie:
Lekker lag ekke nou, dankie dis wat ek nou  nodig het.. :love7:

 :angel12:

PM:
Shanks Louis, vir die deel hiervan.   :icon_biggrin:  Dit is kostelik. 

Meraai vannie Baai:
Giggel ek nog steeds vir ons 'boere-ingels'. My pa het altyd gese hy ken net 'n handvol Engels: Yes and no and what stink so?  :icon_bigsmurf:

Toe Outop en ek later jare probeer om Frans onder die knie te kry vir sendingwerk het hy ons so beluister en al wat ons kon uitmaak was: 'se noe se moe...r'. Nodeloos om te se daar het nie veel van ons Franspraat gekom nie  :color:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version