Author Topic: Daardie wolk se silwer rand  (Read 3223 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Daardie wolk se silwer rand
« on: May 24, 2011, 08:11:59 PM »
Hierdie is my lied vir jou,
die woorde uit my hart ontvou,
lang jare het ons swaargekry-
gelatenheid, dis nou verby . . .
 
'n Melodie speel jy elke aand
die note aan 'n silwer draad.
Die randjie om die donker wolk
omring ons soos vir God se volk.
 
Genade uit Sy Hand verwag,
oordek ons elke dag en nag
en daardie wolk se silwer rand
het Hy in goud aan ons verpand.
 
Jou lewe aan Hom toegewy
laat jou vergeet jy het gely,
jy glimlag eg, jou stem ook sag,
vertel jy eer die toekoms wat wag.

Geloof in Hom en sy Seun getrou
versterk ons omgeebande nou,
Ek dank Hom elke aand daarvoor
om so 'n liefde nooit te verloor.


 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Daardie wolk se silwer rand
« Reply #1 on: May 25, 2011, 02:27:41 AM »
Pragtig, Adele. Ek kry die gevoel dat jy dit maklik vind om te skryf. Dat dit sommer net vloei.  Niks gedwonge nie.
 :angel8:
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Daardie wolk se silwer rand
« Reply #2 on: May 25, 2011, 10:43:44 AM »
Mooi geskryf Ad♪le,  oeps,  Adéle,   :icon_biggrin:  Dit is 'n plesier om jou werk te lees en  :hello2: jy is terug!

 :love7:

 :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Louis

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
Re: Daardie wolk se silwer rand
« Reply #3 on: May 25, 2011, 12:38:24 PM »
geloof, hoop en liefde pragtig saamgevat

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Daardie wolk se silwer rand
« Reply #4 on: April 21, 2013, 05:42:47 PM »
hi PM, gaan iets soos hierdie werk? miskien kan jy weer 'n link gee of 'n verduideliking hoe grrot ons foto's, woorde, powerpointe ens ens moet wees vir die A4 bladsye in jou boek ...

hierdie is net 'n oefening ... nie 'n finale voorlegging nie

 :grommit:
« Last Edit: April 21, 2013, 05:45:47 PM by adele »
adéle  :grommit:

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Daardie wolk se silwer rand
« Reply #5 on: April 21, 2013, 06:54:17 PM »
Adele,  dit lyk my jy gaan sit voor die rekenaar en die gedagtes word woorde.  Sommer net so.
Absoluut pragtig.
elle

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Daardie wolk se silwer rand
« Reply #6 on: April 21, 2013, 07:18:14 PM »
soms skree woorde in my ore,  van binne af om uit te kom ... maar sowaar,
dit sukkel ook maar om te vorm en te skep.  :love7:  dankie hoor

 :grommit: 
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Daardie wolk se silwer rand
« Reply #7 on: April 23, 2013, 07:15:05 AM »
Nooi, die font is daardie enetjie wat jy aan my voorgestel het vir boek 1.  Comic Sans MS.  Die grootte is 14.  Dit hang ook baie af van die uitleg.  Soms kort ek net daardie ekstra spasie om iets mooi te laat pas tussen die prentjies ook nog, veral by kortverhale en lang gedigte, dan maak ek die font grootte 13. 
Ek stel die program op  30.2 bo    en  21.5 onder en altwee blokkies langs elkeen, landscape. 

Met Kaggelvuur het ek geleer dat 'n pdf legger sy kwaliteit verloor as dit in PP (Power Point) geplaas word.  Die ideaal is om die prentjie of die foto in PP te plaas en dan die geskryf bo-op te doen.  Fransi het van haar werk self gedoen en dit vir my van die program waarin sy werk gestuur en dit werk baie goed.  Solank ek dit net kan "edit" om op my bladsye te pas. 

Niks moet in "bold", of onderstreep, of in net hoofletters geskryf word nie.  Maak seker dat jy 'n hoofletter het vir elke sin, en dat jou rekenaar nie outomaties elke versreël outomaties met 'n hoofletter begin nie. Die opskrif of titel word in 16 grootte gedoen.  Titels het nie punte nie en maak seker jou kopieregteken en jou naam is langsaan.  As dit moontlik is, maak twee spasies na jou werkstuk en plaas jou naam daar.  Dit hang ook maar af of jy genoeg spasie op jou papier het.  Daar word altyd 'n stukkie van die kantlyne afgesny voor die boek gebind word, maak dus seker dat jy rondom genoeg spasie los dat jou werk nie afgesny word nie.  Sou jy twee bladsye langsmekaar lê, word die boek so gebind:  Aan die regterkant van die linker bladsy en aan die linkerkant van die regter bladsy.  Laat dus effens meer spasie daar toe. 

Maak seker dat jy die blokkie waarin jy skryf lank genoeg trek sodat jou versreëls nie "ingekrimp" word nie.  Dit gebeur nogal dikwels met my.  (Vier versreëls word dan vyf of meer.)

Die ouens wat nie PP het nie moet liewers hul foto's of prente met 'n behoorlike verduideliking van hoe hulle dit wil hê, vir my stuur.  Die foto's of prente moet ook nie kleiner gemaak word nie.  Hoe groter dit is hoe beter is die kwailiteit in die boek.  As jy iets op die internet kry, stuur vir my die skakel dan trek ek dit direk daarvan af. 

As daar nog vrae is, vra gerus. 



« Last Edit: April 23, 2013, 07:19:23 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.