Author Topic: groot hartseer  (Read 5638 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
groot hartseer
« on: March 24, 2013, 08:51:29 AM »
die vrou se broer en sy gesin kuier hier, eergisteraand hier aangekom uit upington se omgewing.
gisteraand kry ons die berig dat die vrou se suster se seun van 27 verongeluk het, met motorfiets gery en iewers verkeerde belsuit geneem en op die ou end in 'n kar en die brug se kant vas en op slag dood.
ons moes nou na die vrou se pa van 84 gaan om hom te vertel. SJ was sy oudste kleinseun.
sjoe ek weet nie wat ek voel en hoe om emosie te wys nie. dis erg vir my maar ek hou net poker face, nie oor ek wil nei maar dit gebeur net.

ja dit gaan 'n harseer dag wees. SJ se meisie se ouers het ook gisternag van upington af gery na haar toe. Sy en SJ et op Riebeeck kasteel gewoon.
Ai Ai Ai so onnodig ..........................

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: groot hartseer
« Reply #1 on: March 24, 2013, 12:50:19 PM »
Vreeslik jammer oor julle hartseer AB.  Die aanvanklike skok maak 'n mens stom.  Ons dink aan julle en vou julle dig in ons liefde toe. 

Dit gaan ook nie goed met Ouma Naas nie.  Die dokter is baie bekommerd. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: groot hartseer
« Reply #2 on: March 24, 2013, 01:38:51 PM »
Ai baie sterkte. Dink aan julle.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: groot hartseer
« Reply #3 on: March 24, 2013, 02:57:01 PM »
sonder woorde ... soms is stomheid soos 'n pleister, dit laat mens toe om net naby te wees vir wanneer iemand 'n drukkie nodig het.

aan ouma Naas ... ek verstaan ... het ook 'n mammie wat net le'

 :grommit: 
adéle  :grommit:

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: groot hartseer
« Reply #4 on: March 24, 2013, 08:29:05 PM »
Dankie julle
ja môre gaan die lewe en werk weeraan, ons vat dit maar so dag vir dag.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: groot hartseer
« Reply #5 on: March 25, 2013, 01:23:23 AM »
Ai mater so jammer om te lees van die groot hartseer. Ook stukkend oor onse ouma Naas en Adele se mammie.

Offline Miss Piggy

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 16
  • Gender: Female
Re: groot hartseer
« Reply #6 on: March 29, 2013, 06:42:57 PM »
Aitog, jammer om te hoor.  So 'n maand terug het 'n kollega van my se vrou en ma op een dag in 'n motorongeluk gesterf.  Hy en sy pragtige vrou was nog nie eers 'n jaar getroud nie.  Dit het my hart gebreek.  Sy was 'n bekende radio-omroper in Bloemfontein OFM en was die mooiste, en vriendelikste en energiekste bondeltjie  :angel7: mens.  Dit was so asof ons gekul was met haar dood . . . as daar een iemand is wat nog soveel vir mense kon beteken het, was  dit sy.

Maar iets wat my die meeste geruk het, is hoe se 'n mens vir die twee belangrikste vroue in jou lewe (jou ma en jou vrou) totsiens op een dag.  Dit het nagte by my gespook.
« Last Edit: March 30, 2013, 04:52:55 AM by PM »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: groot hartseer
« Reply #7 on: March 30, 2013, 04:57:45 AM »
Sjoe Miss Piggy, dit is baie erg. Om net een te verloor is al klaar hel.  'n Mens is ook so magteloos om te help.  Ek staan altyd met 'n bek vol tanne, weet nie wat om te sê nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: groot hartseer
« Reply #8 on: March 30, 2013, 07:37:48 AM »
ja dis baie erg.

ek weet ook nie wat om in so situasie te seg nie maar eendag is een man hier rond se pa oorlede en ek en my buurman kom so gelyk by hom aan en ek hoor al wat om Pieter seg is: Vat my hand Stanley, ek weet nie wat om te së nie. Stanley sê toe: Dis reg so ek verstaan.....en toe besef ek dis gnoeg. Na ons huis afgebrandhet het ek dit ook beleef. mense hoef nie iets te sê nie kan maar net vir jou kom druk gee of blad skud. Net jou teenwoordigheid is genoeg by so persson in rou.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: groot hartseer
« Reply #9 on: March 30, 2013, 07:56:27 AM »
AB, dit is so, net die teenwoordigheid is genoeg bewyse van omgee.  Ons was al by 'n paar begrafnisse waar ons slegs die oorledenes se familie ondersteun het, want ons het nie die mens self geken nie.  Dit is ook nou nie juis 'n plek waar 'n mens wil wees nie, maar as jy regtig omgee sal jy daar wees as dit moontlik is.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: groot hartseer
« Reply #10 on: March 30, 2013, 09:51:31 AM »
Die lewe is hard. Baie hard. Ek lees nou van al die seer  :crybaby2: AB, daardie drukkies is die beste omgeekombersie wat woordloos oor mens se seer gegooi word.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: groot hartseer
« Reply #11 on: March 30, 2013, 11:28:40 AM »
Dit gaan baie sleg met Ouma Naas.  Ek kan nie meer met haar praat oor die foon nie.  :crybaby2:
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: groot hartseer
« Reply #12 on: March 31, 2013, 06:45:40 AM »
Ja gister was 'n hartseer dag vir ons familie aan die vrou se kant. Dis ook goed om die hartseer deur te gaan en afskeid te neem. Agterna kon ons as die res van die familie lekker by skonpa se huis kuier, en ja ons het vir skonma, en SJ en sy pa Stephan gemis maar nou kyk ons weer net vorentoe.


Offline Miss Piggy

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 16
  • Gender: Female
Re: groot hartseer
« Reply #13 on: March 31, 2013, 01:37:44 PM »
Een ding wat ek geleer het is dat almal verskillend heel.  Dis soos 'n verkeerslig. Party wil dadelik aangaan met die lewe, ander huiwer eers 'n bietjie.  Vir ander moet die lewe eers tot stilstand kom.  Die belangrikste is dat ons ons eie ritme moet vind om te heel.  Hoe en wanneer en hoeveel is irrelevant.

Die dag met my kollega se vrou se dood (sy was mede-eienaar van 'n boetiek) het iemand op die swartbord geskryf . . . .

" . . . net soms gaan die lewe nie aan soos gewoonweg nie . . . "

Sad, but true . . . 


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: groot hartseer
« Reply #14 on: March 31, 2013, 02:41:09 PM »
Jy is 'n wyse vrou Miss Piggy.  Die ouderdom bring baie lesse en ervaring vir die wat 'n oor het om te hoor en 'n oog het wat wil kyk. 
Om te weet is om te verstaan.