Author Topic: Kuier by my mammatjie!  (Read 6095 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Kuier by my mammatjie!
« on: March 22, 2013, 07:59:54 AM »
 :hello:

Ek gaan vir so 'n paar weke nie hier wees nie. My ma het my bederf met 'n vliegtuigkaartjie. Qatar hier kom ek. :-)

Ek is baie opgewonde, want die verlange raak maar erg en terselfdertyd baie benoud. Dit is my eerste oorsese vlug en dit op my eentjie. Hoop maar asseblief saam met my dat ek nie op die verkeerde vlug(te) sal klim nie.  :icon_biggrin:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kuier by my mammatjie!
« Reply #1 on: March 22, 2013, 09:01:08 AM »
Wonderlik Fransi!  My hart klop warm vir jou mamma.  'n Liefie vir haar.   :love7:

Ek weet hoe benoud kan 'n mens raak as jy alleen moet vlieg.  Gelukkig is Engels orals verstaanbaar en 'n mens kan altyd vra as jy verlore raak.  Oppad Fillepyne toe moes ek by Singapore oorklim en daar kry hulle toe drie 303 patrone wat soetjies in 'n kantsakkie van die sak wat ek by my broer geleen het wegkruip.  Sustertjie, toe ek die geklik-klak van gewere hoor en ek sien dit is op my gerig, toe bewe my broek asof dit die bangste broek in die wêreld is.  Ek word toe begelei na 'n vertrek waar ek my vliegtuig kan sien.  Ek  moes vorms invul en baie hard verduidelik.  Moes voor 'n x-ray masjien gaan staan, o gelukkig gelukkig en baie baie dankie vir daai ding, anders weet jy mos wat sou hulle met my gedoen het.   :evil6:
Ek vra toe vir die man hoekom is die drie patrone so 'n groot storie, 'n mens kan tog niks daarmee doen as jy nie 'n wapen het nie.  Vertel hy toe vir my hoe mense dele van wapens insmokkel en die ander ouens bring die petrone in.  Intussen sien ek hoe my vliegtuig gereed maak om te vertrek.  Ek vra toe vir hom om die brief van my man se firma te lees wat ek vir hom gegee het waarin hulle bevestig dat ek oppad is om by my man aan te sluit.  Sustertjie, dit was bloedsweet.  Toe vat hy sy radio en man, die ou ken sy grieks, en daar maak hulle vir my die deure oop dat ek die vliegtuig kan haal.  Ek voel nou weer hoe klop my hart, net aan die gedagte daarvan. 
Vier ure se vlug na Fillepyne het my in stilte aangestaar, maar toe ek uiteindelik vir manlief sien, na 'n uur en 'n half se benoude gewag op die lughawe ('n storie vir 'n anner dag) toe maak die sluise sommer vanself oop en gelukkig het die ouens daar besef dat as hulle my nie gou deurlaat nie, gaan hulle nog verspoel. 

Maak seker dat moederlief jou in die lughawegebou mag ontmoet.  Van hierdie lughawens word net passasiers toegelaat.  Dan wag jy binne en hulle wag buite. 

Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Kuier by my mammatjie!
« Reply #2 on: March 22, 2013, 06:07:50 PM »
Dankie PM. Ek dink ek sal more as my man my deurvat na my sussie toe, by haar uitvind wat sy gedoen het toe sy daar gaan kuier het.

Sjoe, dit moes 'n aaklige ervaring gewees het. Ek kan ten volle verstaan dat die sluise oopgemaak het. Gelukkig is daar iets soos trane wat soms as 'n uitlaatklep kan dien. Sjoe, 'n riller.

Ek gaan sommer vir my tannie vir twee slaappille vra- een vir daarnatoe en een vir die terugkom. My arme rokerslonge gaan dit andersins nie maak nie.  :icon_biggrin:

 :love7:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kuier by my mammatjie!
« Reply #3 on: March 23, 2013, 11:37:35 AM »
Nee wat, jy gaan te veel mis!  Vat maar 'n paar kougoedjies saam en onthou om genoeg water ook te drink.  'n Ou voel dronk genoeg as jy aan die anderkant land om nog slaappille ook te neem.  Dit neem my gewoonlik so twee dae nadat ek geland het om weer my eie voete te vind. Ek trek ook nooit my skoene op die vliegtuig uit nie, want ek kry hulle nie weer aan as ons geland het nie.  Sien jy my so kaalvoet loop met die skoene in die hand!   :icon_biggrin:

In die vertreksaal by Oliver Tambo is 'n rokersplekkie waar 'n mens 'n laaste suigie kan
neem.   :icon_biggrin:

Texas toe het my 'n hele 39 ure geneem vandat ek hier weg is totdat ek daar geland het.  Dit was nag!


Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Kuier by my mammatjie!
« Reply #4 on: March 23, 2013, 11:59:15 PM »
Geniet alles Fransi!! Hou die stukkie papier en griffelding naby sodat jy alles kan vaspen vir ons om agterna saam te kan 'travel & enjoy' hoor.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Kuier by my mammatjie!
« Reply #5 on: April 12, 2013, 03:16:55 PM »
PM, baie dankie vir die raad en Meraai vir jou mooi woorde.

Ek het ook vir die eerste twee dae gevoel dat wanneer my oë toe is, alles verkeerde kant toe draai. Dit was maar 'n siek-wees kuier (ek begin darem nou effens beter te voel), maar dit was ongelooflik lekker om my ma te kon sien. Mis haar al klaar weer. Hopelik is Junie vinnig hier en dan kan ek haar in ons eie land sien. :-)

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kuier by my mammatjie!
« Reply #6 on: April 12, 2013, 03:48:52 PM »
Hartlik welkom terug matertjie.    :hello2:

Joe jongie, ek het jou vreeslik gemis.  Voel of jy 'n maand weg was!
Jy moet kom vertel van die reis hoor.  Ons wil alles weet.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.