Author Topic: Wegbreek  (Read 1582 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Wegbreek
« on: March 22, 2013, 05:40:57 AM »
Om in stilte te sit
en die nag in te staar,
om diere te hoor
en geen stem of kar,
om vars lug
diep in my longe te trek,
dis my verlange
wat ek in my dra.

Om my hande
styf om 'n beker te vou,
om 'n vuur te sien knetter
en die vlammespel dop te hou,
om die vleis op die kole te ruik
en blink-lip vir jou te lag,
dis die verlange
wat ek in my dra.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wegbreek
« Reply #1 on: March 22, 2013, 07:10:23 AM »
Mooi geskryf Gawie.  Nou verlang ek na die bosveld met 'n passie. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Wegbreek
« Reply #2 on: March 23, 2013, 07:43:37 AM »
Deel die ander deel van die driepoot - dieselfde verlange! Pragtig verwoord Gawes!!!  :love7: :notworthy:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wegbreek
« Reply #3 on: May 16, 2013, 08:57:15 AM »
dis my verlange
wat ek in my dra.


Ek stel voor:
dis verlange
wat ek in my dra

en die vlammespel dop te hou,
om die vleis op die kole te ruik
en blink-lip vir jou te lag,
dis die verlange
wat ek in my dra


en vlammespel dop te hou,
om vleis op die kole te ruik
en blink-lip vir jou te lag,
dis verlange
wat ek in my dra

Wat sĂȘ jy Gawie?
« Last Edit: May 16, 2013, 08:59:07 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.