Author Topic: Australian Longdrop (The Dunny)  (Read 11441 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Anicia

  • Suigeling
  • Posts: 95
Re: Australian Longdrop (The Dunny)
« Reply #15 on: November 12, 2015, 06:53:23 AM »
 Ek het gou kom inloer om n paar naampies by te voeg wat ook die oorheersende onderwerp beskryf..

Kleinhuisie (bekende ene)
Porselein skoeter
Troon van denke
Gemakshuisie
Stapelgebergte
Ringsitting
Informasie-spasie (Mense se gunsteling lees sessie)

Hehehehe

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Australian Longdrop (The Dunny)
« Reply #16 on: November 12, 2015, 06:55:27 AM »
Ek lief ek lief ek lief  :hello2: :toothy4: :icon_salut: Jy is 'n sterretjie sus van ver. Stywe drukkie vir jou  :love7:

Offline Anicia

  • Suigeling
  • Posts: 95
Re: Australian Longdrop (The Dunny)
« Reply #17 on: November 12, 2015, 10:03:38 PM »
 :toothy4:     :pottytrain5:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Australian Longdrop (The Dunny)
« Reply #18 on: December 08, 2015, 05:15:40 PM »
Kyk nou net hierdie komtare, 'n heerlike saamgesels-onderwerp.   :toothy4:
Wie wil nog 'n gediggie skryf oor die gehuggie agter die huis?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Australian Longdrop (The Dunny)
« Reply #19 on: December 09, 2015, 07:33:48 AM »
Ons het midagete gesluk
nou gaan dit druk
by daai plekkie waar ons buk.

In toue poel ons saam,
knyp knyp moet ons staan
vir magies wat wil gaan.

Op die stinkhoutstoel
is daar groot gewoel
om alles weg te spoel.

Dis daai huisie met sy plat dak
waar ons kniee knak.
Glo my, ek praat nie twak.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Australian Longdrop (The Dunny)
« Reply #20 on: December 09, 2015, 08:55:02 AM »
 :hello2: Welgedaan Naas!
Ek lief die "stinkhoutstoel".  Pragtige benaming! 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Australian Longdrop (The Dunny)
« Reply #21 on: October 21, 2021, 04:00:43 AM »
In daardie huisie sou jy maklik twee tamatiekassies kry vertel Jors op sy kampgroep. Een was gevul met wit stronke en ander een met rooies. Jy gebruik eers die rooi, en maak dan seker met die wit  of jy nog rooies nodig het. Dit was toe mos vervang met telefoonboeke wat geel en wit blaaie gehad het vir die selfde joppie.
  :pottytrain5:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Australian Longdrop (The Dunny)
« Reply #22 on: October 21, 2021, 06:26:15 AM »
Nommer asseblief! Vir 'n ondergrondse langlyn doefpoef. Mens kon baie langer praat in die stad waar die telefoongidse baie dikker was.
As jy by die geel bladsye kom was dit 'n besigheidsoproep.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Australian Longdrop (The Dunny)
« Reply #23 on: October 21, 2021, 06:57:27 AM »
Stinkerige besigheidjie smaak dit my Naas  :toothy4: