Author Topic: Australian Longdrop (The Dunny)  (Read 11443 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Australian Longdrop (The Dunny)
« on: March 22, 2013, 03:27:16 AM »


When you've gotta go in the outback, it's the blistering desert
or one of Australia's finest traditions - the dunny.
 
They were funny-looking buildings
that were once a way of life.
If you couldn't sprint the distance,
then you really were in strife.

They were nailed, they were wired,
but were mostly falling down.
There was one in every yard,
in every house, in every town.

They were given many names
some were even funny,
But to most of us, we knew them
as the outhouse or the dunny.
-- Anonymous


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Australian Longdrop (The Dunny)
« Reply #1 on: March 22, 2013, 06:41:52 AM »
Dit is baie snaaks!   :icon_biggrin:  Dit is die eerste kleinhuisie (stinkgat) wat ek sien met 'n gordyn.   :icon_biggrin:

Kom ons skryf ons eie gedig in Afrikaans. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Joe Daai Ou

  • Suigeling
  • Posts: 95
Re: Australian Longdrop (The Dunny)
« Reply #2 on: March 23, 2013, 05:51:41 AM »
Vader ons Nig, ek sal dit nooit in so gevaarte in waag nie! Waas al die spinnekoppe en skerpioene wat in daai houtkante en bankie skuil, net reg om 'n vette boud te testrun! Ek sal maar die vlaktes vat en daar myse sit gaat try! :pottytrain2:
O Moedertaal,O Mooiste taal, jou lief ek bo alles!

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Australian Longdrop (The Dunny)
« Reply #3 on: March 23, 2013, 06:16:05 AM »
Hahahaha, hang aan ek bring liedjie wat handel juis oor so gebyt aan jou binneboud in die 'stinkgat'. PM ek lieffff daardie woord en die voorstel. In NZ is daar 'n kompetisie gewees oor wie se Dunny die mooiste/kreatiefste was LOL! Hier is die wenner  :headbang:



En hier die is beloofde liedjie http://www.youtube.com/watch?v=TjDAiq2-xeU&feature=youtu.be

Woorde van die lied:

There was a red-back on the toilet seat
When I was there last night,
I didn’t see him in the dark,
But boy! I felt his bite!
I jumped high up into the air,
And when I hit the ground,
That crafty red-back spider
Wasn’t nowhere to be found.

I rushed in to the missus,
Told her just where I’d been bit,
She grabbed the cut throat razor blade,
And I nearly took a fit.
I said, “Just forget what’s on your mind,
And call a doctor please,
‘Cause I’ve got a feeling that your cure
Is worse than the disease.”

There was a red-back on the toilet seat
When I was there last night,
I didn’t see him in the dark,
But boy! I felt his bite!
And now I’m here in hospital,
A sad and sorry plight,
And I curse that red-back spider
On the toilet seat last night.

I can’t lay down, I can’t sit up,
And I don’t know what to do,
And all the nurses think it’s funny,
But that’s not my point of view.
I tell you it’s embarrassing,
And that’s to say the least
That I’m too sick to eat a bite,
While that spider had a feast!

And when I get back home again,
I tell you what I’ll do,
I’ll make that red-back suffer
For the pain I’m going through.
I’ve had so many needles
That I’m looking like a sieve,
And I promise you that spider
Hasn’t very long to live!

There was a red-back on the toilet seat
When I was there last night,
I didn’t see him in the dark,
But boy! I felt his bite!
And now I’m here in hospital,
A sad and sorry plight,
And I curse that red-back spider
On the toilet seat last night.
« Last Edit: March 25, 2013, 02:07:52 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Australian Longdrop (The Dunny)
« Reply #4 on: March 23, 2013, 09:21:27 AM »
Joe, toe ek jonger was en ons so dikwels gaan kamp en jag het,het ons 'n "sleutel" gehad vir die "toilet".  Dit was natuurlik 'n graaf.  Daar waar jy laaste vertoef het, het jy sommer 'n stokkie ingedruk sodat die ander kon sien dit is 'n "landmyn".   :icon_biggrin:
Noudat die ou kniege nie meer so lekker wil buig nie sal ek maar van die stinkgat gebruik moet maak.  'n Blik Doom en stok om teen die sink te slaan om die slange te verjaag sal seker die ding doen?

Dankie Raaitjie, ek het dit nou baie geniet.  Ek dink ook my stinkgatwoordjie is heel gepas.   :angel4:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Australian Longdrop (The Dunny)
« Reply #5 on: March 25, 2013, 02:03:10 AM »
PM, ek is verkrukkeld gelag. Jou beskrywing is so goed soos 'n gediggie uit toeka se dae vanself!!
 :icon_bigsmurf: In Gatkantland doen ons mos dinge half in oortreffende trap. Al ooit 'n drie-gat-privaat gesien?



In vergange se dae het die oumense
soms dinge kreatief 'anders' gedoen.

Van drielaag-sagte-afvee
was daar geen sprake nie!

Hulle sou bedruk aan "ounuus" lees
voordat dit sekuur, verfrommeld was.

Dan sou die ou-ou spreekwoord,
heel letterlik toegepas word...



 






« Last Edit: March 25, 2013, 04:01:26 AM by Meraai vannie Baai »

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Australian Longdrop (The Dunny)
« Reply #6 on: March 25, 2013, 03:06:41 AM »
Nog 'n 'loo-gedig'  :toothy4: Ek wonder of daar in Afrikaans soveel lyne-hulde gebring is aan hierdie nederige plekkie?

The Dunny by the Bush Bard, the late, Mike McGee

When I was just a little lad and my favourite jam was honey,
 The thing that I remember most would be the old bush dunny.
 It stood ten yards down the dark bush track,
 Where sunlight shafts were rare
 And it was old and clammy on the parts you had to bare.
 You had to want to go real bad to venture down that track
 And you knew that things were watching as you quickly hurried back.
 If nature called at midnight, it would fill your heart with dread
 And you’d thank the Lord for the pot beneath your bed.
 With the Herald piled on the seat, cut in eight inch squares
 A lot of folk around that make it quite an issue,
 With affection at it’s best, it’s now called Bathroom Tissue.
 My mind goes back to the dread that filled my soul,
 Of things not yet discovered that were living down that hole.
 I look back to those times again and picture that old dunny,
 When I was just a little lad and my favourite jam was honey.
« Last Edit: March 25, 2013, 04:00:20 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Joe Daai Ou

  • Suigeling
  • Posts: 95
Re: Australian Longdrop (The Dunny)
« Reply #7 on: March 25, 2013, 08:44:53 AM »
Sjiiieee Nig dat daar glads gedigte oor die rusplekkie geskrywe worre! Lyk my so dis 'n ernstige saak daar onner by julle! Het die gediggie geniet! :color:
O Moedertaal,O Mooiste taal, jou lief ek bo alles!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Australian Longdrop (The Dunny)
« Reply #8 on: March 25, 2013, 08:51:34 AM »
Ek is nog besig met myne.   :icon_biggrin:

Raaitjie, daai een is vir die drie susters. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Australian Longdrop (The Dunny)
« Reply #9 on: March 25, 2013, 11:52:55 PM »
Voorwaar PM! Spesiaal geskep vir die drie susters vanuit Gatkantland. Skielik kry my naam vir 'Down Under' 'n heel nuwe betekenis ne  :toothy4:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Australian Longdrop (The Dunny)
« Reply #10 on: March 26, 2013, 08:49:03 AM »
O nee, moenie daar onder gaan nie, sit net daar bo-op!  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Australian Longdrop (The Dunny)
« Reply #11 on: March 26, 2013, 08:58:01 AM »
O hallie ha jaaaa. Sebliefie!!  :angel8:

Offline Aspoestertjie

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 102
  • Gender: Female
Re: Australian Longdrop (The Dunny)
« Reply #12 on: March 28, 2013, 10:40:11 AM »
Oupa vertel, destyds toe hulle nog grensdiens gedoen het moes hulle self hulle gate grawe. So gee die bevelvoerder opdrag dat daar 'n spesiale gat gegrawe moet worre vir dames want Annelien Kriel kom die grens besoek en sy wil dalk die draai van alle draaie loop en dan is daar nie vir haar 'n plekkie nie.
So gese, so gemaak. Die radioseiner volenteer om haar gat te grawe.
Wat hulle nie weet nie is dat hy toe 'n speaker in die gat monteer waaaroor hy kan uitsaai.
Annelientjie was ook nie lank daar nie toe wil sy gat gebruik.
Seiner gee kans tot sy nou rustig moet sit toe prrat hy onner uit die gat uit met haar: "JY DAAR! JY SIT IN MY LIG. EK KAN NIE SIEN OM MY WERK TE DOEN NIE."
Arme mooigeit het blykbaar baie onvroulik en optrek, optrek uit die ongemakshuisie gestorm.


 :mumum:
Oupa sê: Wyshyd is die truspieël van die ouderdom.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Australian Longdrop (The Dunny)
« Reply #13 on: March 28, 2013, 10:44:57 AM »
Hi Aspoestertjie,  welkom terug matertjie.  Ons het al gedink jy is... nee wag, lyk my ons was
verkeerd!
Dankie vir die vertelling. Ek sien die prentjie.  Die ouens was seker histeries gelag. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Australian Longdrop (The Dunny)
« Reply #14 on: March 30, 2013, 10:04:12 AM »
Hahahahha Assie, hier by ons is daar twee boeke vol van sulke 'aardse' gebeure aangeteken.
Dit was wonderlik om die ene in Afrikaans te kan lees. Daar moet nog BAIE sulkes wees.

« Last Edit: April 10, 2013, 05:06:32 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Anicia

  • Suigeling
  • Posts: 95
Re: Australian Longdrop (The Dunny)
« Reply #15 on: November 12, 2015, 06:53:23 AM »
 Ek het gou kom inloer om n paar naampies by te voeg wat ook die oorheersende onderwerp beskryf..

Kleinhuisie (bekende ene)
Porselein skoeter
Troon van denke
Gemakshuisie
Stapelgebergte
Ringsitting
Informasie-spasie (Mense se gunsteling lees sessie)

Hehehehe

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Australian Longdrop (The Dunny)
« Reply #16 on: November 12, 2015, 06:55:27 AM »
Ek lief ek lief ek lief  :hello2: :toothy4: :icon_salut: Jy is 'n sterretjie sus van ver. Stywe drukkie vir jou  :love7:

Offline Anicia

  • Suigeling
  • Posts: 95
Re: Australian Longdrop (The Dunny)
« Reply #17 on: November 12, 2015, 10:03:38 PM »
 :toothy4:     :pottytrain5:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Australian Longdrop (The Dunny)
« Reply #18 on: December 08, 2015, 05:15:40 PM »
Kyk nou net hierdie komtare, 'n heerlike saamgesels-onderwerp.   :toothy4:
Wie wil nog 'n gediggie skryf oor die gehuggie agter die huis?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Australian Longdrop (The Dunny)
« Reply #19 on: December 09, 2015, 07:33:48 AM »
Ons het midagete gesluk
nou gaan dit druk
by daai plekkie waar ons buk.

In toue poel ons saam,
knyp knyp moet ons staan
vir magies wat wil gaan.

Op die stinkhoutstoel
is daar groot gewoel
om alles weg te spoel.

Dis daai huisie met sy plat dak
waar ons kniee knak.
Glo my, ek praat nie twak.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Australian Longdrop (The Dunny)
« Reply #20 on: December 09, 2015, 08:55:02 AM »
 :hello2: Welgedaan Naas!
Ek lief die "stinkhoutstoel".  Pragtige benaming! 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Australian Longdrop (The Dunny)
« Reply #21 on: October 21, 2021, 04:00:43 AM »
In daardie huisie sou jy maklik twee tamatiekassies kry vertel Jors op sy kampgroep. Een was gevul met wit stronke en ander een met rooies. Jy gebruik eers die rooi, en maak dan seker met die wit  of jy nog rooies nodig het. Dit was toe mos vervang met telefoonboeke wat geel en wit blaaie gehad het vir die selfde joppie.
  :pottytrain5:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Australian Longdrop (The Dunny)
« Reply #22 on: October 21, 2021, 06:26:15 AM »
Nommer asseblief! Vir 'n ondergrondse langlyn doefpoef. Mens kon baie langer praat in die stad waar die telefoongidse baie dikker was.
As jy by die geel bladsye kom was dit 'n besigheidsoproep.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Australian Longdrop (The Dunny)
« Reply #23 on: October 21, 2021, 06:57:27 AM »
Stinkerige besigheidjie smaak dit my Naas  :toothy4: