Author Topic: Boekvoorlegging vir boek twee.  (Read 14836 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Boekvoorlegging vir boek twee.
« Reply #15 on: March 12, 2013, 08:46:45 PM »
Nee nog nie - Ande en ek het daaraan gedink om Woes te koop - met onderhandelinge begin, maar toe besef dat vir die volgende twee - drie jaar dinge maar nog baie op en af kan gaan met THeo ... so ek weet nie wie nie - weet net iemand het en dat die persoon 'n goeie belegging gemaak het

laat weet as daar probleme is met die lees van die bespreekings van Boek 2 of enige iets anders ...

ek sal kom inloer en sodra Theo beslis elke dag in die skool is, sal ek meer tyd het om te doen wat gedoen moet word :-)
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Boekvoorlegging vir boek twee.
« Reply #16 on: March 12, 2013, 08:51:44 PM »
Dankie Wils.  Na die aandjie by Jane en Barry het ons terdeë besef hoeveel tyd en aandag die direkteur nodig het.  Dit sal wonderlik wees as hy kan inskakel by die skool sodat julle 'n kansie kan kry om diep asem te haal.  Dit het my ook weer laat besef dat net sekere ouers uitgekies word vir sulke hemelkindertjies.  Julle kwyt julself ongelooflik goed van julle taak.   :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Boekvoorlegging vir boek twee.
« Reply #17 on: March 13, 2013, 04:54:35 AM »
Ai PM - soms dink ek laat my kind in die steek - maar ek's so dankbaar dat sy pappa Andre is!!

Daai was rustig hoor - die water het hom baie kalm gehou - Autistiese kinders is baie meer aangetrokke tot water as ander kinders ... interresant ne :-)
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Boekvoorlegging vir boek twee.
« Reply #18 on: March 13, 2013, 08:25:15 AM »
Ek sien Ans sê sy is ingeteken en sy kan nog  nie boek 2 se besprekings sien nie.  Slaat my om met 'n nat vis, ek weet nie hoe gebeur dit nie.  Kan André dalk help?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Boekvoorlegging vir boek twee.
« Reply #19 on: March 13, 2013, 10:38:48 PM »
Ek sal hom vra om te loer - ek het ook nou weer gekyk - maar ek sien nie 'n fout van 'n dag oud nie - dalk kyk ek in dit vas ..
Andre en Theo doeks al - maar ek sal e-mail boodskappie los - sodat ek nie dalkies vergeet om more te vra nie  :notworthy:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Boekvoorlegging vir boek twee.
« Reply #20 on: March 14, 2013, 08:39:20 AM »
Jy is dierbaar matertjie.  Baie dankie. 

Ek sien ek is afgeskop as administrateur by Woesforum.  Weet nie of ek moet lag of huil nie.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Boekvoorlegging vir boek twee.
« Reply #21 on: March 14, 2013, 04:40:43 PM »
Hoekom - het hulle vir jou gese hoekom - wie moet ek dik tik ...

dit was een rowe dag hier ... en nou het Andre omgeval van hitte uitputting ... ek gaan weer deur al die settings gaan ...
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Boekvoorlegging vir boek twee.
« Reply #22 on: March 15, 2013, 12:59:32 AM »
Ek was gister daar by die woeste forum en sien toe dat daar twee name en hulle plasings by kreatiewe afdeling oorgebly het - Mcf en bertha badprop. Die res? Uitgevee  :icon_biggrin: Ek kan net lag vir die ouens  :hello2:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Boekvoorlegging vir boek twee.
« Reply #23 on: March 15, 2013, 07:22:21 AM »
Joe mater, ek hoop jy kan die inligting oor die boek onder oge! Dit is op bladsy een uiteengesit hoor. As jy onseker is vra net onse forummoedertjie PM en jou kop is deur  :icon_biggrin:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Boekvoorlegging vir boek twee.
« Reply #24 on: March 15, 2013, 07:24:53 AM »
Wils, los maar, dit is net nog 'n ystertjie wat uit die vuur is.  Niemand daar ken my nie, so, ek is seker dit is nie persoonlik nie.  Ek sou darem net vir die persoon laat weet het wat die situasie is, maar dit is maar hulle probleem.  
Ja Raaitjie, ek verstaan dit ook nie.  

Joe, as jy 'n probleem het, spreek net die woord. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Boekvoorlegging vir boek twee.
« Reply #25 on: March 18, 2013, 07:56:17 AM »
Ek plaas weer die voorlegging bo.  Let daarop dat die sperdatum nou einde April is.  Almal wat deelneem aan boek twee se werk moet op die forum wees.  Daar kry ek dit maklik om in die boek te sit.  Dankie.

Hier is ons nou by boek twee.  Rooiwyn Kaggelvuur & Vers is 'n groot sukses en almal is baie geukkig met die eindproduk.

Elke persoon wat deelneem aan boek twee sal ook die geleentheid kry om sy eie boeke teen kosprys aan te koop en self te herverkoop om sodoende sy eie uitgawes te dek en ook om sy eie wins te maak.

Hier is die voorstelling van die boek.

Grootte:

210 X 297 mm  (A4 op sy sy gedraai)
210 X 594 mm as die boek oop lê voor jou.
As jy twee folio velle langs mekaar plaas sal jy sien dat dit baie spasie is.

Papier:

130 gr glanspapier.   Dit is heelwat dikker as gewone A4 kopieer papier.

Volkleur:

Die kunswerk wat op die agtergrond van die skryfwerk is kan in volkleur gedoen word.

Buiteblad:

Volkleur.  300g glans (615mm X 210mm) beide kante volkleur litografies gedruk.

Bladsye:

250 bladsye of so na daaraan as moontlik.

Voorlegging:

Dit sal werklik ‘n diverse boek van uitstaande gehalte wees.  Iets vir almal se smaak en iets waarop almal net trots sal wees.
Die boek sal bestaan uit Afrikaans, Engels, en ‘n klein bietjie Nederlands.
Gedigte, rympies, happies, artikels, kortverhale en elke skrywer kan gesegdes of waarhede op sy eie blad plaas.
As ‘n skrywer wil deelneem met ‘n nuwe idee, is hy/sy welkom om dit voor te lê.
Die werk word aan pm@afrikaanseforum.co.za gestuur om die bladuitleg te doen. Geen pdf formaat nie asseblief.
In kort, dit is jou spasie wat jy koop en solank jou werk aanvaarbaar is kan jy die spasie gebruik soos wat jy jouself daarin wil uitleef.
Alle werk wat in die boek opgeneem word sal op Die Afrikaanse Forum, in jou eie plekkie, geplaas word vir goedkeuring.
Dit moet ‘n keurige boek wees wat nie sal aanstoot gee nie.

Kostes om jou werk te plaas:

R100.00 per bladsy. Dit sluit die grafiese werk in. 
Daar is geen verskuilde kostes nie.  As die drukwerk duurder is teen die tyd wat die boek drukkers toe gaan, sal die verskil in die aankoopprys van die boek ingereken word en nie by die skrywer se spasie koste nie.

Die formaat van die grafika vir jou kunswerk:

Jou kunswerke, of kunswerk wat jy as agtergrond vir jou woordwerke wil gebruik, word voorgelê met 'n resolusie van minstens 300dpi.  Hoe beter die kwaliteit van jou foto's hoe beter die resultate.

Bestellings:

Elke skrywer kan soveel kopieë van die boek bestel as wat hy/sy wil hê teen kosprys.  Elke skrywer doen dus sy eie bemarking en maak sy eie wins.
Die doel van die boek is om vir elke skrywer die geleentheid te gee om sy werk in ‘n boek van uitmuntende gehalte te sien.
Die voorlopige aankoopprys van die boek word op R250.00 gereken.

Spasie:

‘n Minimum van ses bladsye kan bespreek word en twee-twee bladsye daarna.   Die eerste bladsy sal uit die skrywer se profielblad bestaan.  Ons probeer om elke skrywer se werk in sy eie bundeltjie te hou, waar moontlik.

Bespreek spasie:

Indien jy sou belangstel kan jy jou spasie by my bespreek en die nodige gelde oorbetaal.
Die bankbesonderhede van die Forum is soos volg:
Die Afrikaanse Forum
Capitec Bank
Tak 470010
Rekeningnommer: 1259004501
Gebruik jou gebruikersnaam op die forum as verwysing.

Spertyd:

Lede moet asseblief voor die einde Februarie bevestig hoeveel spasie hulle gaan neem.
Stuur asseblief julle werk vir my sodat ek daaraan kan begin werk.  Alle werk moet voor die einde Mei ingehandig wees om die einde Junie drukkers toe te gaan.  Teen die einde Julie behoort ons die boeke te kry.

Kopiereg:

Jy sal kopiereg op jou werk behou om dit weer op enige ander plek te publiseer of in te skryf vir kompetisies. Jy gee wel toestemming dat die boek met jou werk in geherdruk word.
Uit die aard van die saak mag jy net jou eie werk instuur.  Indien jy van ‘n ander kunstenaar se werk gebruik maak moet jy toestemming hê.
Jy mag jou eie werk plaas al was dit voorheen elders gepubliseer en die uitgewer daarvan geen kopiereg daarop het nie. Jy mag wel toestemming verkry.

Jou Titel

In jou spasie kan jy ‘n foto of grafiese voorstelling  en beskrywing van jouself plaas.  Jy kan onder jou eie naam of ‘n skuilnaam skryf.  Natuurlik jou skuilnaam en jou eie naam meld as jy wil.

Kontak:

Enige ander navrae of kommunikasie kan gerig word aan pm@afrikaanseforum.co.za
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Boekvoorlegging vir boek twee.
« Reply #26 on: March 19, 2013, 10:48:59 AM »
so alles moet voor einde April hier wees

ek kry nou net 'n gedagte - dat ek fototjies van THeo as watermerk kan gebruik agter my werkies - ek gaan moet spring as ek meer oor Autism wil se in gedig vorm

PM ek sal natuurlik jou en die forum familie se hulp nodig he met spelling en daai klas van dinge ... julle weet mos --- ek sukkel nog in die afdeling  :love7:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w