Author Topic: Plasings per bladsy  (Read 5138 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Plasings per bladsy
« on: March 19, 2013, 09:26:16 AM »
Ans het gevra of 'n mens meer as een gedig op 'n bladsy kan plaas.  Ja jy kan.  
Daar is kort gediggies wat 'n mens saam op een bladsy kan sit, maar as daar 'n gedig is wat dit regverdig om 'n mooi kunswerk uit te stal, dan sou ek dit aanbeveel.  Die gesegde lui mos:  'n prentjie spreek 'n duisend woorde.  

Dit is soms moeilik om kortverhale mooi ingepas te kry.  Ek probeer my bes om so ver moontlik die font op dieselfde stelling (14 vir inhoud en 16 vir opskrifte) te hou, maar 'n mens kan daarmee speel.  Uit ervaring het ek ook geleer om so ver moontlik by dieselfde font  "Comic Sans MS" te hou.  Waar ek werklik 'n probleem het met spasie sal ek die font verander.

Alle werk wat boek toe gaan moet op die forum wees.  Die rede is dat almal  moet sien wat in die boek gaan wees en dan kapsie kan maak as iets aanstoot gee.  Tweedens, ek gaan "oes" die inhoud van die boek van die forum af.  
Dit sal my ook baie help as julle die titel van die werkstuk binne in die raampie sit en nie net in die onderwerpblokkie nie.  Plaas ook asseblief 'n kopieregteken onder jou werk met jou skrywersnaam daarin.
Dit is nie 'n vereiste nie, maar ek sal dit waardeer as julle kan. 

As julle nog iets wil weet, hier is ek.   :icon_biggrin:

 :bootyshake:

« Last Edit: March 19, 2013, 09:34:54 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Plasings per bladsy
« Reply #1 on: March 19, 2013, 09:58:57 AM »
PM ek weet Comic Sans is die algemeenste used een -
maar wat van as ons OPEN DYLEXIA gebruik - dit is 'n gratis fond en dit help ouens soos ek met dyslexia om te kan lees.

Die onderkant van die font is 'n bietjie swaerder wat dit makliker maak om te lees - alles op my PC is automaties omgekakel na die fond toe - dit help werklik baie

maar kyk maar self en besluit

http://opendyslexic.org
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Plasings per bladsy
« Reply #2 on: March 19, 2013, 12:55:33 PM »
Wils, die groot probleem kom in wanneer die werk na die drukkers toe gaan. As die font nie op die drukker se sisteem is nie, dan skep dit geweldig baie probleme. 
Om te weet is om te verstaan.