Author Topic: anderste vakansie 8  (Read 3697 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
anderste vakansie 8
« on: March 19, 2013, 03:36:53 AM »
8


Nog paar speel fotos

Plaashuis, hartseer om baie plaashuise so onbewoon en verwaarloos te sien.



Oranjerivier…..



Iewers in die groot karoo waar ek groenbos se kleur as vaste kleur gekies het en res wit en swart en dit kom teo so uit. Nogal moeilik om so in die ryery ‘n groen van ‘n bom te kies.




By Strydenburg is ons genooi om kofffie te drink maar ons het dit van die hand gewys



Met die inry op Britstown wys die spietkop ons moet een van die sy strate neem, dink weer dis staking of toitoi, sal toe sien die fluitjie blaas. Die kinders het ook sokker geees gevang.



Seg ek so langs die pad vir Johan my moet darm ‘n slag smile ook vir die kameraman.




By Vicky Wes sê Johan vir my hy is nou vaak. Ek sê dis reg trek af en slaap, liewer later tuis kom as glad nie. ‘n Vaak bestuurder is net moeilikheid en ook nie lekker om so vaak vaak te ry nie.

Hy trek toe daar in ‘n systraat waar Mannetjies Roux se winkel is.



Lekker stil straat, dis so net na 2 uur die middag en sê ek moet hom so oor halfuur na 1 uur wakker maak. Ek vat my kamera en nuut gelaaide baterye in my sak en stap sommer daar in die omgewing rond om myself besig te hou.

Manetjies Roux se winkel en aandenkings binne in.



Ek onthou nie veel van kleintyd se rugby nie maar ek onthou mannetjies was ‘n held in ons kannetjies se oë. Frik en syd en hannes en danie, saam met mannetjie sop ‘n skildery wan word die groot 5 van RSA rugby genoem. Ek het nie fotos binne geneem nie.




Ek sien daar was ‘n tyd wat die WP die kerrie koppie gewen het, met 14 man in hierdie jaar. Was nog goeie rygby tye voor geld die rugby kom voorskryf het.



Ek kyk toe daar langs die winkel die palmbome en neem dit af emt mooi blou lug as agtergrond




Wonder toe hoe sal dit lyk met oranje agtergrond



En geel




En rooi pienk



En ‘n sisalplant se blaar se groen



Die goter hemelruim ook ingekleur



Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: anderste vakansie 8
« Reply #1 on: March 19, 2013, 04:39:10 AM »
Jy raak mos alte grend Sareltjie! Lief dit. Duisend dankies vir die deel  :hello2: :notworthy: