Author Topic: N.P. Van Wyk Louw se Beiteltjie  (Read 4701 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 8472
  • Gender: Female
N.P. Van Wyk Louw se Beiteltjie
« on: March 16, 2013, 10:55:09 AM »
N.P. Van Wyk Louw  Die Beiteltjie

Ek kry ’n klein klein beiteltjie,
ek tik hom en hy klink;
toe slyp ek en ek slyp hom
totdat hy klink en blink.

 Ek sit ’n klippie op ’n rots:
- mens moet jou vergewis:
’n beitel moet kan klip breek
as hy ’n beitel is –

ek slaat hom met my beiteltjie
en dié was sterk genoeg:
daar spring die klippie stukkend
so skoon soos langs ’n voeg:

toe, onder my tien vingers bars
die grys rots middeldeur
en langs my voete voel ek
die sagte aarde skeur,

die donker naat loop deur my land
en kloof hom wortel toe –
só moet ’n beitel slaan
wat beitel is, of hoé?

Dan, met twee goue afgronde
val die planeet aan twee
en oor die kranse, kokend,
verdwyn die vlak groen see

en op die dag sien ek die nag
daar anderkant gaan oop
met ’n bars wat van my beitel af
dwarsdeur die sterre loop.

 *Uit Versamelde gedigte, Kaapstad: Tafelberg/ Human & Rousseau, 1981. Herdruk met die goedgunstige toestemming van Peter Louw

Om te weet is om te verstaan.