Die Klaskamer > Taalhulp

Deelwoorde

(1/1)

PM:
Deelwoorde

'n Deelwoord is 'n woord wat gedeeltelik 'n werkwoord en gedeeltelik 'n ander woordsoort is byvoorbeeld 'n selfstandige of byvoeglike naamwoord, 'n bywoord of 'n ander werkwoord. 

Daar is twee soorte deelwoorde:
Teenwoordige deelwoord: Wanneer die aksie nog besig is om te gebeur, word –de, -ende of –end aan die
woord gevoeg.

Slegs die werkwoorde doen, gaan, sien, slaan, staan (en hulle afleidings) kry -de, byvoorbeeld: 
Hy het hard gewerk en sodoende goeie punte behaal.
voldoende bewyse;
bestaande reëls;
hy is siende blind;
verbygaande motors

Behalwe vir 'n paar uitsonderings kry alle werkwoorde  -ende wanneer die beskrywende woord voor die selfstandige naamwoord (attributief) is.
byvoorbeeld: huilende kind   (kind is die selfstandige naamwoord)
sterwende oupa
waaiende wind
kokende water
-end na die s.nw, byvoorbeeld:
Die dansende meisie is gelukkig.  (Meisie is die selfstandige naamwoord)
My ouers is baie ondersteunend.  (Ouers is die selfstandige naamwoord)

Uitsonderings:
Versag  - versagtende omstandighede
liefhê - liefhebbende moeder
sê - veelseggende glimlag
vertroos - vertroostende drukkie

Verlede deelwoorde 
Wanneer die aksie reeds verby is, (verlede tyd) vorm ons ‘n beskrywende woord deur –ge vooraan
en –de, -te of –e agter aan die woord te voeg:

Swak verlede deelwoorde word letterlik gebruik, byvoorbeeld: 'n gebreekte been,
terwyl sterk verlede deelwoorde figuurlik gebruik word, byvoorbeeld 'n gebroke hart.

Swak verlede deelwoorde: ge- + -te of ge- + -de word agteraan die werkwoord gevoeg, byvoorbeeld
'n getroude paartjie
'n gestrykte hemp
As die woord op K of P eindig, kry dit ge-+-te
(Byvoorbeeld:  (kook) water gekookte water
(kap) hout gekapte hout
As die woord op F, G of S eindig, kry dit ge- + -te of ge- + -de
Byvoorbeeld: (afstof) boekrak afgestofte/de boekrak
(droog) vrugte gedroogte/de vrugte
(was) skoene gewaste/de skoene

Sterk verlede deelwoorde word gewoonlik gevorm deur vokaalverandering en eindig altyd met ‘n –e in die attributiewe vorm,
byvoorbeeld: (bederf) kind – bedorwe kind; (opwen) mense – opgewonde mense
'n Ryke verbeelding   (teenoor ryk mense)
'n donkere toekoms   (teenoor 'n donker kamer)

Meraai vannie Baai:
 :icon_salut: :notworthy: :love7:

PM:
Oor die 14 000 keer gelees met een kommentaar in "herogliewe".   :bootyshake:

Meraai vannie Baai:
16 416 Keer gelees toe ek vanaand saam 'n gas kom loer. Hierdie taalinligting is baie gewilde leesstof onder ons besoekende gaste.

PM:
Sjoe, ek is bly ek is nie meer op skool nie.  Dit is darem 'n hele bekvol om te leer!

Navigation

[0] Message Index

Go to full version