Woordskuur > Kreatiewe Skryfstyle

Kom dig saam met die titels van liedjies

(1/3) > >>

Meraai vannie Baai:
'n Groot uitdaging vir die skrywers om uit die beskikbare lys van die gekose kunstenaar(s) se titels van liedjies, dit so te rangskik (sonder om enige woorde by te voeg), sodat die eindproduk soos 'n gedig kan lees.

Dit is makliker om net twee of drie versies te skep, die uitdaging is om te sien hoeveel van die titels jy wel kan inspan ondermekaar.

Omdat daar nie reëls is in die oefening nie - behalwe dat daar nie ander woorde by die titels gevoeg mag word nie, kan die skrywer die titels rangskik/hergebruik na eie keuse.

Hierdie kan ook 'n lekker spanpoging word waar elke digter slegs een vers saamstel uit die lys van titels of die skrywers 'n ander struktuur se samestelling volg.

*Met die skep van hierdie kreatiewe skryfoefening het ek slegs van die titels van Koos du Plessis se liedjies geleen http://www.koosduplessis.co.za/liedjies.htm


Somber deuntjie

Onthou jy nog
droomswendelaar,
op die pad na Nooitgedacht
onder die Suiderkruis?

Vier horisonne,
tien duisend jaar
teen skemer;
skadus teen die muur.

Middernag trein -
spore op die maan.
Splinterruit -
waar is die seer?

Stemme in die môre;
die somer is verby.
Tyd vir aanstryk
kinders van die wind.

Miskien Karien
as jy my kon volg,
eendag eendag
as almal ver is?

Ek sê ek groet,
groet sonder woorde.

Skielik is jy vry.

*Die skrywers kan ook speel met ander digvorme. Met die volgende gedig het ek die Sijo struktuur wat tradisioneel uit drie reëls en voorgestelde lettergreep-telling van 14 - 16 per reël bestaan, omskep in 'n moderne weergawe en die lettergrepe aangepas na 17 -18 per reël.

Onthou jy nog / droomswendelaar // vier horisonne / tien duisend jaar
Sprokie vir 'n stadskind / huistoe-pad // nes ek wil / spore op die maan
Miskien Karien / as jy my kon volg // as almal ver is / eendag eendag ...

IN DIE VOLGENDE GEDIG HET PIET MAGRIET UIT DIESELFDE LYS VAN TITELS HIERDIE PRAGSKEPPING DIE LIG LAAT SIEN:

Piet Magriet: Skimme

Ek sê ek groet
Groet sonder woorde

Die somer is verby
Hier’s ons almal tesaam

Swerwers
Kinders van die wind

Coert Steynberg
Dick King

Irma
Herman

Karla
Jantjie van die berge

Mornay
Kinders van die wind

Onthou jy nog
Op die pad na Nooitgedacht

Skimme
Skadus teen die muur

Somber deuntjie
Sprokie vir ‘n stadskind

Skielik is jy vry
Kinders van die wind

Waar is die hartseer
Tyd vir aanstryk.

Ah Willa:
Die link se vir my : Oops! Google Chrome could not find www.koosduplessis.co.za

ek hou van die gedigte wat jy en PM gedoen het, Raaitjie -

dalk kan julle vir ons 'n lys van titles gee en die hele forum-familie uitdaag om so 'n gedig te dig ...  :hello2:

Ah Willa:
Tyd vir aanstryk

Onthou jy nog
skadus teen die muur,
stemme in die môre,
spore op die maan,
Splinterruit -
waar is die seer?

Tyd vir aanstryk.
As jy my kon volg,
eendag eendag
as almal ver is?

Die somer is verby.
Swerwers, Skimme
Kinders van die wind
Skielik is jy vry.

Ek sê ek groet,
groet sonder woorde.

©Ah,Willa!  Gebaseer op Koos du Plessis se liedjie titles en Meraai en PM se soortgelyke gedigte

PM:
Goed gedoen Wils.  Ek het na die lys van name gesoek maar kon dit nie vind nie.  Kom ons hoor of Raaitjie dit dalk iewers het. 

Ah Willa:
Ek het die gedig op Woes gaan deel - met 'n link na ons forum-familie - maar die webtuiste :-)

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version