Author Topic: Tussen-in-Trio Struktuur  (Read 5086 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Tussen-in-Trio Struktuur
« on: March 14, 2013, 03:00:42 AM »
Uit ons vorige woordskuur: Posted Januarie 25th, 2009 by Meraai vannie baai.

Die reëls vir my 'tussen-in-trio struktuur' is eenvoudig:
* Jou gedig moet bestaan uit drie verse van vier reëls elk.

* Verse 1 en 3 se eerste drie reëls is dieselfde.

* Die titel is die derde reël van vers 1 en 3.

* Die middelste vers is 'n samevatting/uiteensetting van die onderwerp
en hierdie vers moet 'n rymvorm bevat.

Tussen in ...

En dit was aand
en dit was môre
tussen in ...
was daar vier seisoene;

pyn van baringsnood
baie vol ure.
(On)vervulde drome
en die dood.

En dit was aand
en dit was môre
tussen in ...
was ons lewe tussen vier mure.
© Meraai vannie baai


Hier is Oumatjie se weergawe van hierdie gedig-struktuur. Ek hou van die manier waarop sy verse 1 en 3 (i.p.v net die eerste drie reels dieselfde te maak) die hele vers herhaal het. Dit werk perfek met haar tema en titel!

Oumatjie: Maak ‘n foto

Verf met fyn kwashale
lig oor jou gesig.
Maak ‘n foto,
van ‘n oomblik se onthou…

Hierdie is jou sterwensuur -
weg is al jou vuur.
Maar jou lewensdrif,
tog nog altyd in my geheue gegrif…

Verf met fyn kwashale
lig oor jou gesig.
Maak ‘n foto,
van ‘n oomblik se onthou…
© Oumatjie

SueEe: Alles so onnodig vergete

Jou ou woordkulkunstenaar
vanuit jou verslonse gewete
alles so onnodig vergete
behalwe dié wat nog onhou

Vertel my; Wie hou agter
jou woorde die mag?
Gebruik jou verdoemde woorde sagter
en versteek die ontsettende krag

Jou ou woordkulkunstenaar
vanuit jou verslonse gewete
alles so onnodig vergete
behalwe dié wat nog veg, verbete

© SueEè

« Last Edit: March 14, 2013, 03:05:04 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Tussen-in-Trio Struktuur
« Reply #1 on: March 14, 2013, 07:37:23 AM »
Dankie Raaitjie.  Hier is baie werk wat kan boek toe. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Tussen-in-Trio Struktuur
« Reply #2 on: March 14, 2013, 07:39:43 AM »
Hoop ons kry nog voorbeelde mater!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Tussen-in-Trio Struktuur
« Reply #3 on: March 14, 2013, 07:43:34 AM »
Oeps!  Dink jy hier is iemand wat die uitdaging sal aanvaar of dink jy ek moet die voorbeeld
stel?   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Tussen-in-Trio Struktuur
« Reply #4 on: March 14, 2013, 08:04:40 AM »
Ek het gou probeer.  Sal later 'n regte voorbeeld skryf.  Toe na-aap ek vir Oumatjie. 
Dit is regtig maklik ouens, kom probeer!

Jy is my siel

ek lief jou soggens
ek lief jou saans
jy is my siel
sonder jou sal ek nie lewe nie

my rots
my staf
my lig
my lied

ek lief jou soggens
ek lief jou saans
jy is my siel
sonder jou sal ek nie lewe nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Tussen-in-Trio Struktuur
« Reply #5 on: March 14, 2013, 08:17:48 AM »
Altyd 'n voorbeeld vir ons! Jy is dierbaar verby. Ek lief dit!!  :hello2: