Author Topic: Thai groen kerrie  (Read 8863 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Thai groen kerrie
« on: March 01, 2013, 09:45:54 AM »
Bestanddele:

2 Groot uie
Vars knoffel
3 Groot groen pepers
1 Pakkie hoenderborsies
3 Teelepels "Thai green curry paste" (hierdie is beskikbaar in enige supermark by die spesery rakke)
1 Blikkie klappermelk
1 Blikkie klapperroom.

Metode:

Braai die uie ringe en knoffel in bietjie botter.
Gooi die gesnyde groen pepers by en braai als tot sag.
Braai die gesnyde hoenderstukkies in 'n ander pan en voeg dit dan by die uie en pepers.
Meng die 3 teelepels kerrie paste in en braai als saam.
Gooi dan die blikkies klapper melk en room in en laat kook vir sowat 20 minute. Ek laat die kerrie dan gewoontlik staan vir 'n verdere 30 minute, sodat die hoender all die geure intrek.
Bedien op saam met gestoomde basmati rys.

Heerlik!  Hoop julle sal dit geniet!

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Thai groen kerrie
« Reply #1 on: March 01, 2013, 09:48:02 AM »
Dit klink EN lyk heeeeerlik Terry  :notworthy:

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Re: Thai groen kerrie
« Reply #2 on: March 01, 2013, 10:04:55 AM »
  :icon_biggrin: Ek moet se, DIT IS regtig heerlik, en verskriklik maklik om te maak.  Ek het dit maar altyd in restaurante ge-eet want ek het gedink dit is net te moeilik om self te maak.  Ek het gedink daar moet so baie bestanddele gekry word om die paste te maak, tot ek eendag op die klaargemaakte botteltjie in 'n winkel afgekom het.  Dit is wat hierdie resep so lekker maklik maak.
« Last Edit: March 01, 2013, 06:17:58 PM by PM »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Thai groen kerrie
« Reply #3 on: March 01, 2013, 06:20:36 PM »
Baie dankie, dit klink regtig baie lekker en ek weet jy maak lekker kos.  Sal jou laat weet wanneer ek kom eet.   :icon_biggrin:

Ek het net 'n spasie langs die gatseggie gemaak.  Die goedjies moet 'n spasie aan elke kant hê anders wil hulle nie wys nie. 
« Last Edit: March 01, 2013, 06:22:32 PM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Thai groen kerrie
« Reply #4 on: December 05, 2018, 01:50:23 AM »
Outop se 'Thai Green Curry (Seafood)'
Hierdie resep sal net so lekker wees as die seekos vervang word met hoender soos in Terry se resep.

*Die resep is in Engels sodat skoondoggie dit ook vir hulle kan maak aangesien
ons dieselfde voorliefde vir Thai-disse het. Die groen(te)sap daarby het gesorg vir
die afronding van 'n perfekte maal.

Recipe:
500g Marinara Seafood Mix
2 tbs coconut oil (helps to disguise the fish smell while cooking)
3 tbs green Thai curry paste
1 tbs minced garlic
250 g frozen green beans
300 mls coconut milk

Method:
Step 1. Add oil, green curry paste and garlic to frypan. Fry for 1 min.
Step 2. Add half the coconut milk and simmer for 2 min.
Step 3. Add marinara seafood mix and simmer until fully cooked.
Step 4. Add beans and remaining coconut milk and simmer for 5 min.



Ons het dit voorgesit met knoffel Naanbrood en Jasmine rys waarin Outop
'n lepel of wat klapper bygegooi het.



Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Thai groen kerrie
« Reply #5 on: December 05, 2018, 01:53:53 AM »


As variasie op die "Green Curry Seafood Dish' het Outop gisteraand gebraaide uie en rooi peper bygevoeg.
Dit was 'n ware feesmaal en toe het ek soos gewoonlik vanoggend weer die oorskiet van vooraf geniet!









Elke aand as ons saam handevat om dankie te se vir die voorreg om as man en vrou aan tafel kan sit
met 'n bord kos en 'n dak oor jou kop, is 'n ongelooflike voorreg wat ons sekond vir sekond vertroetel.
Tel my seeninge een vir een dat ek my Outoppie aan die sy het, hy is my rots en anker deur dik en dun
hou hy die pot letterlik aan die kook in ons pandok!



 :icon_bigsmurf:
Besig om te pak vir ons wegbreek-week in die skoon vars berglug, was daar
vanaand effens verneuk voor die pandok se stoof. Die gebruiklike seekosdis
was omtower in 'n Thai Green Curry uit 'n doos met alles wat jy nodig het
in aparte pakkies met genommerde aanwysings. Een-twee-drie het jy
'n smaakvolle gereg wat geen tree agteruitstaan vir enige restaurant nie.

Bedien met rys en platbroodjies om in die sous te doop.


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Thai groen kerrie
« Reply #6 on: December 05, 2018, 04:23:02 PM »
Ek skuif hierdie so skelmpies onder Hannes se neus in.  Hy help met die kosmaak  terwyl ek so slegter as sleg is.  Daar is egter niks met my eetlus verkeerd nie.   :angel8:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Thai groen kerrie
« Reply #7 on: December 05, 2018, 09:05:39 PM »
 :toothy4: Slegter as sleg... ken ek dit nie! Ek kan skaars die tyd onthou toe Outop net die braai werk tydens kampering gedoen het PM. Toe skeet en kwaal kniege knak moes die ou inspring en sy ding doen, anders het ons honger gaan slaap want asem en energie het saam met twee letters van die alfabet verdwyn. Dink aan jou  :love7: en as Hannes jou bederf, kom wys hoor!