Author Topic: Plaas toe  (Read 17739 times)

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Plaas toe
« on: February 26, 2013, 04:21:57 PM »
Net 'n begin om vir julle te wys hoe dit van tussen die klowe deur op ons plaas lyk. Dit is hier waar ek elke dag 6 km ver stap. Ek gaan nou weer die pad aandurf. Met die wete dat daar dalk vir my 'n luiperd of 'n slang op die pad kan wag. Maar die natuurskoon is so mooi, en die vars lug maak alles die moeite werd.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Plaas toe
« Reply #1 on: February 27, 2013, 01:13:05 AM »
Watter voorreg is dit nie Ans! Dankie vir die deel. Ons sien uit daarna om saam met jou te kan kuier rondom die woordtafel en julle lieflike omgewing te leer ken.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Plaas toe
« Reply #2 on: February 27, 2013, 06:45:50 AM »
Dankie vir die wys Ans.  Ons is klaar gepak en durf die lang pad Kaap toe aan.  Sodra ek weer opvangs het kom kuier ek weer hier.  Hoop jy kry nog 'n paar mooi foto's. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Plaas toe
« Reply #3 on: February 27, 2013, 05:33:15 PM »
Een aand terwyl ek oppad is die veld in. Die wolke het soos 'n klein paradys gelyk, die aantrekkingskrag so groot, en met die blote oog kon 'n mens die wonderwerk ervaar en met die wind wat deur die blare gewaai het, kon mens die Grote Heer hoor met jou siel werk.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Plaas toe
« Reply #4 on: February 28, 2013, 07:59:48 AM »
Baie mooi foto's.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Plaas toe
« Reply #5 on: February 28, 2013, 10:11:50 AM »
...kon mens die Grote Heer hoor met jou siel werk.  Prikkel die mooi woorde van jou rillings teen my ruggraat af.  Mooi gesĂȘ Ans.  Pragtig!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Plaas toe
« Reply #6 on: March 02, 2013, 11:36:42 PM »
Wil net hierdie veldblommetjie met julle deel. Hierdie jaar was daar min van hulle al het dit so baie gereen hier by ons.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Plaas toe
« Reply #7 on: March 03, 2013, 10:19:27 AM »
Baie dankie Ans.  Dit is die klein diamantjies in die natuur.  'n Voorreg om dit met jou te deel.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Plaas toe
« Reply #8 on: March 03, 2013, 11:26:30 AM »
Soms is die grootste skatte daar reg teen ons voete, ons moet net afkyk! Dankie vir die deel Ans, ons het geniet!

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Plaas toe
« Reply #9 on: March 03, 2013, 09:30:04 PM »
Dan is daar ook die hartseer oomblikke, as een van die bobbejane dit nie gemaak het nie.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Plaas toe
« Reply #10 on: March 03, 2013, 10:40:16 PM »
'n Tyd om te kom en 'n tyd om te gaan ...  :crybaby2:

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Plaas toe
« Reply #11 on: March 04, 2013, 03:35:20 PM »
'n Uitsig van daardie selfe grot af waar ons die bobbejaan geraamte gekry het. Daardie bobbejaan het gesterf met die mooiste uitsig langs hom. Daar waar hy ver oor die mampoer vallei kon uitkyk, die golwende natuur kon sien. Daar glo ek sou hy weet, sy lewe was die moeite werd.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Plaas toe
« Reply #12 on: March 04, 2013, 06:01:42 PM »
Ag dis so mooi.  Eendag is eendag dan gaan ons dit ook kom waardeer.  Dankie vir die deel Ans.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Plaas toe
« Reply #13 on: March 08, 2013, 04:08:38 PM »
'n Sonsopkoms vanuit my voordeur.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Plaas toe
« Reply #14 on: March 10, 2013, 04:23:52 PM »
As ons meer tyd gehad het kon ons maklik die pad verby gehou het reguit plaas toe!  Ek droom maar net drome, 'n mens mag mos maar! 
Dit is baie mooi. 
Om te weet is om te verstaan.