Author Topic: Squisita Eenpotpasta  (Read 4993 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Squisita Eenpotpasta
« on: February 26, 2013, 08:37:34 AM »
PM se eerste inskrywing vir die kompetisie.

Squisita Eenpotpasta

Die 5 bestanddele:

Pasta  (moet jy hê anders kan jy maar los)
Vleis of groente  (nie 'n vereiste nie)
Eiers  (soveel as jy wil)
Sous:  Soppoeier en kaassous  (of gebruik jou verbeelding)
Een of meer sopies van jou keuse

Kook 'n halwe pak pasta tot dit reg is vir jou. Terwyl dit kook vat jy 'n ander pot wat groot genoeg is om die pasta en die res van die bestanddele in sy boepensie te pak.
As jy oorskiet vleis het, sny dit in blokkies en gooi dit in die pot, as jy nie het nie los dit of braai ontbytspek wat in stukkies gesnipper is, of sny 'n paar weense worsies in ringetjies, of gooi 'n handvol maalvleis in die pot en braai dit.  As jy in elk geval nie vleis eet nie kan jy 'n blikkie sampioene of aspersies of enigiets wat jy het ingooi.  As jy ook daarvan niks het nie los dit. 
Breek soveel eiers as waarvoor jy lus het in die vleis en roer tot gaar.  As jy nie vleis of groente het nie maak dan roereiers met 'n knypie botter.  As jy nie botter het nie gebruik margarine.  As jy nie margarine het nie, gebruik olie of varkvet.
Kook 'n halwe pakkie soppoeier met 'n koppie water aangemaak en gooi nog 'n bietjie water by as dit te dik is
Vat nog 'n koppie en maak 'n pakkie drie-kaas-sous met kookmelk aan. As jy nie melk het nie gebruik water en as dit dik is gooi dit by die gaar soppoeier
Teen hierdie tyd behoort jou pasta gaar te wees.  Gooi die pasta se water af, moenie in koue water afspoel nie.
Gooi die warm pasta by die eier- en vleismengsel, meng met twee vurke. 
Gooi die sous oor.  Sit die deksel op en haal van die stoof af.  As jy 'n gasstoof het, doof net die vlammetjie uit. 
Nou kan jy eers die skottelgoed was terwyl die pasta die sous in drink.  As jy nie skottelgoed was nie, dek die tafel.  As jy ook nie tafels dek nie sal jy ook nie jou eie sopie skink nie, vra iemand om dit vir jou te doen en ontspan, die kos is reg. 
« Last Edit: February 26, 2013, 08:39:39 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Squisita Eenpotpasta
« Reply #1 on: February 26, 2013, 08:44:25 AM »
 :icon_biggrin: Dit klink heerlik.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Squisita Eenpotpasta
« Reply #2 on: February 26, 2013, 10:53:13 AM »
Outop het elke reel verslind, en ek wag angstig om die toetsproe te kan doen  :bootyshake: !!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Squisita Eenpotpasta
« Reply #3 on: February 26, 2013, 12:16:40 PM »
Jy moet net sorg dat daar 'n bietjie oorbly.  More vroeg, so koud uit die yskas uit, is daai sous en die paste getroud en dan hou jy saam met hulle "honey moon".   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Re: Squisita Eenpotpasta
« Reply #4 on: February 26, 2013, 12:39:40 PM »
Dankie PM vir die eerste inskrywing!  :hello2: Ons kan nie wag om hierdie resep te beproef nie.  (Onthou ook asb 'n fototjie, as een beskikbaar is..)

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Squisita Eenpotpasta
« Reply #5 on: February 26, 2013, 01:00:58 PM »
O goeiste, ek het die foto vergeet.  Daar is nog bietjie in die yskas, dalk kan Hannes vir my 'n foto toor.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.