Author Topic: Heerlike Port St John's Koolgereg  (Read 6727 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Heerlike Port St John's Koolgereg
« on: February 25, 2013, 01:03:48 PM »
Hier is 'n lekker resep vir die wat lief is vir kool en sommer 'n voorbeeld ook aan almal wat gaan deelneem aan ons Wenresep kompetisie..

5 Gunsteling bestanddele:

Uie
Heelpit mielies
Kool
Kaassous
Kaas.

Alle bestanddele:

2 Gekapte uie
6 Koppies gesnyde kool
Vars gesnyde knoffel, na smaak
1 Blikkie heelpit mielies (hou die water)
4 Eiers, geklits
Sout, peper en "steak & chops" speserye, na smaak
2 Pakkies Kaassous
Lekker baie gerasperde kaas.

Metode:

Braai uie en knoffel in botter tot sag.
Voeg die gesnyde kool by en braai verder.  Voeg dan die mielies by en braai vir nog paar minute.
Hier kan jy jou speserye en sout & peper byvoeg.
Wanneer al die bestanddele lekker saam gebraai is, gooi die water van die mielies by en laat kook tot droog.
Sit mengsel in 'n oondbak wat 'n deksel het, anders gebruik enige oondbak met foelie bo-op.
Gooi die geklitste eiers eweredig oor die mengsel.
Maak die pakkies kaasous aan en gooi dan bo-oor die kool.
Strooi gerasperde kaas bo-op kaassous.
Bak in 'n oond van ongeveer 160 - 180grade totdat die eier gaar is (ongeveer 45 minute).

Jy kan die deksel/foelie afhaal so teen die einde van die 45 minute en dan die kaas "gril" vir die laaste paar minute.  Dis 'n heerlike dis om saam met braaivleis of 'n lekker gebakte hoender te bedien.

Hierdie is sowaar een van die lekkerste disse maar daar kan soveel ander bestanddele bygevoeg word om hom 'n ander smaak te gee.

Enige iemand met voorstelle?




Offline Marius

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
  • Gender: Male
    • Marius Buys Se Skrywes
Re: Heerlike Port St John's Koolgereg
« Reply #1 on: February 25, 2013, 05:55:51 PM »
my mond water...


 :glasses9:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Heerlike Port St John's Koolgereg
« Reply #2 on: February 25, 2013, 11:01:30 PM »
 :book1:  :notworthy: duisend dankies vir die voorbeeld. Dit lyk heeerlik en ek dink spinasie kan dalkies werk plaasvervanger Terry? 

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Re: Heerlike Port St John's Koolgereg
« Reply #3 on: February 26, 2013, 08:03:06 AM »
O ja! Ek is baie lief vir spinasie en dit klink nou vir my na 'n baie goeie idee.  Gaan dit defnitief bietjie probeer..

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Heerlike Port St John's Koolgereg
« Reply #4 on: February 26, 2013, 08:13:28 AM »
Die lekker van hierdie koolresep is dat daar nie geure rond hang terwyl mens die kool braai nie.  My ma het my geleer om 'n dik sny brood bo op die kool te plaas wanneer 'n mens dit kook.  Dit het baie van die reuk opgeneem, maar tog nie alles nie.  

Kinders hou nie van kool nie, maar op hierdie manier smul hulle tog te lekker daaraan.  Ek glo die spinasie sal net so heerlik wees.  

'n Pakkie gesnipperde ontbytspek, krakerig gebraai, is ook heerlik daar by.  

So lyk die resep met die spek by.

Hoof bestanddele:
Spek
Uie
Kool
Eiers
Kaas

Koolgereg alla Squisita   Onthou die resep se naam moet die woord Squisita bevat. 
250 gram Varkspek,(of weenseworsies of enige ander vleis)
2 Gekapte uie
fyn gekapte vars knoffel
6 koppies gesnyde kool
4 Eiers geklits
2 Pakkies kaassous
Gerasperde kaas
Sout, peper en speserye na smaak.
(Onthou dat spek en kaas reeds sout bevat)

So maak mens
Kap die spek in stukkies en braai tot bros.  Hou eenkant.
Braai die uie, knoffel en kool saam tot sag maar nie pap nie.
Voeg die gebraaide spek en ander speserye by en meng goed deur.
Skep die mengsel in 'n vuurvaste houer.
Gooi die geklitste eiers oor die gereg.
Meng die twee pakkies kaassous soos op die pakkie aangedui.
Gooi dit oor die gereg.
Rasper kaas en strooi dit bo-oor.
Sprinkel 'n bietjie paprika oor.
Bak dit in 'n warm oord vir 40 minute.

1 Blikkie heelpit mielies


« Last Edit: February 26, 2013, 08:26:59 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Heerlike Port St John's Koolgereg
« Reply #5 on: February 26, 2013, 10:53:42 AM »
Ek lief hierdie erf!!!