Die kuierstoep > Helpmekaar

Hulp met skryfwenke oor gedigte.

(1/3) > >>

Marius:
SKRYF WENKE VIR GEDIGTE:

Ek deel hierdie wenke wat van oraloor bymekaar gemaak is bloot as 'n oorentoesiastiese student van die digkuns wat daarvan hou om notas af en toe deur te lees vir inspirasie en algemene riglyne.

VOORBEREIDING:
Hou  ’n notaboekie byderhand vir idees.
Skryf goeie sinsnedes/ frases/ idees neer voor hulle verdwyn.
Neem waar wat om jou gebeur en vang dit vas met woorde.
Kry boeke wat help:
     Verklarende Woordeboek
     Pharos se Tesourus van Afrikaans
     Afrikaanse woordelys en spelreels
     Skryf Afrikaans van A-Z
Ken taalreëls en spelreëls.
Gee idees en temas "breintyd" om te ontwikkel.
Doen navorsing oor jou gekose tema.
Skryf vir die verwysingsraamwerk van jou teikenleser.
Vermy wat jou pla in ander skrywers en leer by die wat jy geniet.

BEPLANNING:
Besluit watter komponente belangrik is en beskryf hulle goed.
Besluit op die konteks waarbinne jy wil skryf.
Besluit wie aan die woord is in jou gedig.
Besluit wie jou teikenleser en mark is.
Besluit op die ritme van jou gedig.
Besluit op watter rym jy in die gedig gaan gebruik en hoekom.
Besluit watter formele riglyne jy wil gebruik.
Kies die vorm van jou gedig
Kies beelde wat by die konteks pas.
Kies ‘n ongewone temas om oor te dig.
Beskryf ‘n ou temas uit ’n unieke oogpunt.
Skep ’n oortuigende gedig-mileu.
Weet “waarheen” jy gaan skryf in terme van die slot.
Party digters gooi ees alles neer en begin dan skaaf.

DIE TITEL:
Die titel maak die eerste indruk en moet lesers se belangstelling prikkel.
Die titel van 'n gedig weergee die "siel" van jou gedig sonder om die einde te verklap.

LIGGAAM VAN DIE GEDIG:
Poog om jou werk universeel sprekend te maak deur voorbeelde uit jou eie mileu.
Die simboliek wat jy gebruik moet aanpas by die tema.
Strofes is belangrik om gedagte wisseling, oorskakelings, ens. aan te dui.
Boei die leser
Skryf in die styl waarmee jy gemaklik voel en ontwikkel dit tot meesterskap.
Gebruik karakters en vertellersperspektief
Ontsluit en stel nuwe wêrelde aan die leser voor.
Geur met ‘n woorde of ‘n sin uit ‘n ander taal
Meng verbeelding met realiteit.
Meng humor en erns.
Gebruik keurig-, beskrywende en korrekte taal.
Gebruik funksionele detail.
Buit die ritmiese aspekte van taal uit.
Skryf in jou eie, unieke stem.
Daag die alledaagse seggingswyse uit.
Laat die leser op die idee wat jy wil oordra self ontdek.
Gebruik al 6 sintuie.
Laat  jou leser dink, voel, ervaar. (suggereer )
Maak gebruik van progressie in jou karakter of tema.
Skryf" dig".  Vermy onnodige woorde.
Wissel af met beeldspraak en stylfigure.
Skommel woorde as jou gedig nie goed op die oor val nie, of sukkel om te rym.
Skryf oor dinge wat jy ken en wat deel is van jou leef- en ervaringswêreld.
Skep 'n unieke werklikheid met taalvaardigheid.
Gee lesers genoeg leidrade. Plant subtiele rigtingwysers.
Gebruik argetipes wat dimensie aan jou gedigverleen.
Ongewone woorde hou jou rym interessant en vars.
Kontraspunte maak jou gedig interresant. bv. “lig” en “donker”.
Gebruik unieke metafore en vergelykings.
Beskryf emosies deur die verkonkreet van abstrakte selfstandige naamwoorde soos bv. Vrees, woede, leed, vreugde, geluk, hartseer, ens.
Die ritme van jou gedig moet aanpas by jou tema deur bv. vokaal keuses, en korter of langer reëls.

SLOT:
Sluit die gedig met ‘n slot af wat die leser vergengoeg laat.
Sluit op ‘n verrassende wyse af.
Sluit op ‘n samevattende/gevolgtrekkende wyse af.
Laat die leser iets om oor te dink.

NADAT DIE GEDIG GESKRYF IS:
Soek ondoelbewuste gebruik van clichés en sny.
Soek areas in jou gedig wat vervelig raak en sny.
Sny soveel 'n's en die's as moontlik.
Soek oorbodige gebruik van  byvoeglike naamwoorde, modale woorde (mos, tog, nog, miskien, dalk, egter, wel, maar) en verkleinwoorde en sny.
Soek ondoelbewuste herhalende woorde, vergelykings ens. en sny.
Lees jou gedig hardop om te kyk of rym geforseerd is.
Gaan die spelling na met WSpel (‘n gratis Afrikaanse spel-nasien program.)
Laat lê jou skryfwerk vir 'n ruk, lees dit en skryf oor.
Soek vir oorbedigte woorde soos maan, sterre, see, hart, siel, ens. en sny.
Vermy oormatige Bybel en mitologiese verwysings.
Kyk vir botsende metafore en rond en bont beeldspraak.
Vra iemand anders om jou gedig na te sien.
Gaan jou werk na voor jy plaas.
Luister aandagtig na kritiek.
Vra hulp wanneer jy dit nodig kry
Veleen hulp aan medeskrywers.
Lewer opbouende ritiek op ander skrywers se werk sodat jy teorietiese aanslag vir jou eie werk ontwikkel.
Lees en analiseer erkende en goeie skrywers se werk
Links-gerigte reels is die standaard vir gedigte omdat dit makliker lees.
Uitroeptekens en ellipse word minimaal gebruik.
Hoofletters –  “skree”, trek aandag en beklemtoon.
Moenie oorhaastig wees nie
Geniet wat jy skryf, die leser sal dit optel.

Meraai vannie Baai:
Kan aan niks anders dink om by te voeg, dus met respek en dank gelos: :notworthy: :icon_salut:

Marius:
Ek het die wenke so bietjie verwerk en gegroepeer onder hoofde. Dis nou maar wat gebeur as jy op skool in die biblioteek gewerk het...

Meraai vannie Baai:
Drukkie vir ons hardwerkende forummoedertjie  :bootyshake: Marius dit is PM se kenteken hierdie, jy moet nog vir jou ene kies skrywersmater! Die ene is die woorddief sin wat alles skuur toe dra vir bewaring  :book1:

Marius:
As gewese onnie is daar NET een ikoon wat sal werk...
As die Britte die Tweede Wereld-oorlog oorleef het met tee, was dit onderwysers kinders met koffie!

Die tekort aan ikone beteken ook dat ek gewoon nie weet HOE om die hulle te plaas nie. Saai, maar waar.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version