Author Topic: grappie  (Read 2767 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
grappie
« on: February 23, 2013, 09:59:07 PM »
1. Koos sit al jare lank op ‘n eiland gestrand.  En hier eendag verskyn ‘n beeldskone wulpse blondine in ‘n duikpak op di strand.  Sy vra vir hom wanneer laas hy gerook het. “Jare gelede,” antwoord ny.  Glimlaggend haal sy ‘n pakkie sigarette uit haar duikpak uit.  “Wanneer laas het jy ‘n knertsie gedrink?” vra sy toe.  “Dekades gelede,” antwoord hy gretig.  Met dié glimlag sy verleidelik en haal ‘n bottel brandewyn uit haar duikpak uit.  En toe trek sy die ritssluiter van die pak af en fluister in ‘n hees, verleidelike stem:  “En wanneer laas het jy ‘n bietjie gespeel?”  “Mapstieks,” antwoord Koos beïndruk, “moenie vir my sê jy’t nog gholfstokke ook daarin nie!”

2. Koos stap een aand by ‘n kroeg in en bestel ‘n dubbelbrandewyn vir homself en enetjie vir sy muis.  Die kroegman bring toe die nodige, en die gooi die dubbeldop in sy keep af en die ander een in sy hempsak vir sy muis. So het dit die hele aand aangegaan:  “’n Dubbelbrandewyn vir my, en enetjie vir my muis!”  Naderhand moes die kroeg toemaak, maar toe is man en muis natuurlik al lekker geswael en lus vir kuier.  Met dié raak die man en die kroegman aan die argumenteer. En net so voor hulle begin handgemeen raak, skree die man vir die kroegman, “Meneer, jou moer!”  En net daar spring die muis uit sy hempsak uit en skree:  “Jou kat se moer ôk!”

3. Gehoor Koos het Flinkdink veloor?  Hy’t gedink Warmbad is Zola Budd se suster.

4. Koos is ‘n wonderlike minnaar, en vertel graag hoe hy meisies die hele wêreld deur laat swymel.  Na die tyd sê die Franse mademoiselle:  “C”est magnifique!”  Die Engelse Roos sê:  “Wonderful!”  Die Amerikaanse meisie sê:  “Fantastic!”  En die Afrikaanse meisie sê:  “So nou het jy seker al jou respek vir my verloor!”

5. Die juffrou stuur die klas huis toe met die opdrag om hul ma se handtekening in hul huiswerkboek te kry.  Die volgende oggend kan klein Koos nie wag om vir Juffrou te wys nie;  die buitelyn van my ma se hand is mooi netjies op die bladsy afgetrek. En Juffrou slaak ‘n sug van verligting:  “Ag, dankie tog ek het nie gesê hulle moet dit laat parafeer nie!”

6. Koos van der Merwe en die blondine van Bloemfontein gaan Saoedi-Arabi? toe vir ‘n dirty weekend.  Tydens hul omswerwinge ontmoet hulle ‘n sjeik  wat daar en dan ‘n onbedaarlike lus vir die lyf van die blondine ontwikkel. Dié aand nooi hy Koos vir die ete en behandel hom soos ‘n koning: kos vir my army, drank vir Afrika en haremmeisies om ‘n lang nag kort te maak.  Toe Koos nou goed op ‘n stasie is, skuif die sjeik nader en fluister vir hom:  “Ek sê, ou vriend, ek sal jou vyftien kamele gee vir haar…”  Waarop Koos hoogs verontwaardig antwoord:  “Is jy nou laf;  ek wil ten minste ‘n hele pakkie hê!”

7. Koos en sy vrou laat hul eersteling oop.  Hulle staan voor die preekstoel en die dominee vra vir Koos wat die kind se naam is.  Koos:  “Jakob, dominee.”  Dominee:  “Met ‘n k of met ‘n c?”  Koos:  Met ‘n J.  Toe die gesin uiteindelik by die huis kom, sê Mike vir sy vrou:  “Vrou, as dit nie vandag vir my was nie, het daai dominee ons kind Kakob gedoop.”

8. Koos was nogal verbaas toe sy vrome vader van negentig aankondig dat hy met ‘n twintigjarige meisie gaan trou.  “Pa,” waarskuy KLoos, “op dié ouderdom kan dit noodlottig wees”.  “Ag wat,” antwoord sy Pa ewe filosofies, “kom sy om, so kom sy om.”

9. ‘n Non staan eendag by ‘n verkeerslig in Johannesburg en Koos help haar ewe vriendelik oor die woelige straat.  Non:  “Ag baie dankie;  ek het nie geweet daar is nog sulke ordentlike jong mans in dié bose stad nie.”  Koos:  “Ag, dis niks, enige pêl van Batman is my pêl.”

10. Koos en sy vrind word deur die terroriste gevang en hulle moet kies – óf die vuurpeloton óf ‘n Aids-inspuiting.  Koos se vrind:  “Gee my die vuurpeloton;  kry dit net oor en verby!”  Koos:  “Ek vat die Aids-inspuiting.”  Koos se vrind:  “Is jy nou mal?  Weet jy wat ‘n Aids-inspuiting aan jou gaan dóén?”  Koos (baie in sy skik met homself):  “Ja man, maar hulle weet maar met nie;  ek het ‘n kondoom aan.”

(Bron:  Stoute statistieke en ander rowwwe nommers, Linette Retief, Tafelberg-uitgewers 1995)

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: grappie
« Reply #1 on: February 24, 2013, 06:34:57 AM »
Baie dankie AB, ek het geniet en Hannes ook. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: grappie
« Reply #2 on: February 24, 2013, 06:44:54 AM »
Gigggel ekke dat hoor en sien vergaan  :headbang: