Author Topic: Kompetisie vir die beste eenpotgereg.  (Read 15265 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kompetisie vir die beste eenpotgereg.
« Reply #15 on: March 31, 2013, 02:46:08 PM »
Hartlik geluk Raaitjie en Outop.   :hello2:

Baie dankie Mevrou Squisita (Terry) vir die kompetisie en al die tyd en aandag wat jy daaraan spandeer het. 
Dankie ook vir die prys wat jy geskenk het.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Kompetisie vir die beste eenpotgereg.
« Reply #16 on: March 31, 2013, 11:15:21 PM »
 :love7: WOW! Dit is wonderlik. Duisend dankies Terry. Ek het Outop 'n klapsoen en drukkie gegee. Weens die onkoste verbonde om dit in Australia te kry, wil ons graag die pragtige prys skenk aan die forum vir 'n volgende kompetisie.  Wil saam met PM laag buig vir jou tyd, aandag en die uitdaging. Ons het gisteraand weer gesmul aan Outop se  'Eenpot-Squisita-Seekos-Braairys'  :icon_biggrin:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kompetisie vir die beste eenpotgereg.
« Reply #17 on: April 01, 2013, 06:52:17 AM »
Nou is dit my beurt om te sĂȘ WOW!  Baie dankie Raaitjie. 

Jy en Outop kan die volgende dis kies.  Terry kan die nuwe datums kom vasmaak.  Nogmaals baie dankie.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Kompetisie vir die beste eenpotgereg.
« Reply #18 on: April 01, 2013, 08:25:38 AM »
Geluk Meraai en Outop!!
Ek het daai prentjie van die gereg gesien. Dit lyk soos my kinda food.
Hier by my het die kokkerot-kolonie nog nie getrek uit die stoof nie. (Sjjjt, ek gaan nou nie se dit is omdat ek nie eens sout en peper van mekaar kan onderskei nie.)
Sal maar die kinders vra om dit te maak en my te nooi..
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kompetisie vir die beste eenpotgereg.
« Reply #19 on: April 01, 2013, 08:31:18 AM »
Lekker om jou raak te lees Angelica.  Goeie nuus, Raaitjie het gevra die geskenkie moet gaan vir 'n gedigkompetisie en Terry seg sy is eens.  Sy sal die aankondiging kom doen, jy kan mos die mooiste gedigte skryf.  Ek trek my stoeltjie nader. 
Om te weet is om te verstaan.