Author Topic: Vertroue  (Read 7089 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Vertroue
« on: February 20, 2013, 03:53:22 AM »
Ons het al gesprekke gehad oor hoe eerlik mense is.
Nou wil ek gesels oor wat vertroue is.  Gaan eerlikheid en vertroue ook hand aan hand?
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Vertroue
« Reply #1 on: February 20, 2013, 05:03:22 AM »
Vertroue en eerlikheid is soms soos die skrif op 'n grafsteen  :crybaby2:

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Vertroue
« Reply #2 on: February 20, 2013, 09:07:09 AM »
 :hello:

Soms kan te eerlik (te reguit, 'n waglose mond) meer skade as goed doen.  Miskien is vertroue o.a. hoop wat gebasseer is op gedrag van die verlede en hede. Vertroue is egter baie wyd. Jy kan verskillende mense met verskillende dinge vertrou. 'n Verstrooide mens gaan dalk 'n afspraak vergeet, maar dit is nie te sê dat daardie persoon nie betroubaar is nie. 

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vertroue
« Reply #3 on: February 20, 2013, 12:15:45 PM »
Dit is mooi opgesom.  Verskillende aspekte van vertroue. 
Ek vertrou my man met hart en siel, maar ek vra nie sy opinie oor hoe ek lyk voordat ons uitgaan nie.  Hy sal bang wees hy maak my gevoelens seer.  Ons oudste seun is die regte ou om te vra.  Hy sal gou sê ma lyk mooi, dan vertrou ek daarop, of nee ma, die skoene pas nie, dan weet ek. 

Vir my is dit belangrik om altyd eerlik te wees.  As jy nie my eerlike opinie wil hê nie, moenie my vra nie.  As ek antwoord, het dit slegs met die onderwerp te doen en niks met jou as mens nie. Julle ken my mos   :angel4:  ek lief graag. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Vertroue
« Reply #4 on: February 20, 2013, 01:12:39 PM »
So waar PM  :icon_biggrin: Die kere wat my man egter uit sy eie sê dat ek mooi lyk, maak ek notatjies vir myself. :-p

Ek dink dit is waar die eerlik soms vir my moelik is, 'n mens kan so maklik op iemand se tone trap sonder dat jy dit bedoel het. Ek was al spyt oor baie dinge wat ek gesê of geskryf het en selde oor die dinge wat ek vir myself gehou het. Miskien juis omdat ek gewoonlik sukkel met die reguit sê wat ek dink en voel, hou ek daarvan en is meeste van die mense in my lewe dan ook reguit en dinamiese mense. Balans. :-)


Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Vertroue
« Reply #5 on: February 21, 2013, 06:26:11 AM »
Ek wens opreg dat die lewe ook 'cut', 'delete' of 'undo' knoppies gehad het  :crybaby2:

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Vertroue
« Reply #6 on: February 21, 2013, 09:14:12 AM »
Ja, Meraai, of dat 'n mens uiteindelik sal leer om na die stemmetjie binnekant te luister.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Vertroue
« Reply #7 on: February 21, 2013, 09:39:14 AM »
En dit is 'n stemmetjie wat ons te veel kere smoor of ons horende doof hou ne! Ek praat uit ondervinding  :icon_bigsmurf:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vertroue
« Reply #8 on: February 21, 2013, 09:47:45 AM »
Ek hou my nie op met mense wat laag en gemeen of alewig katterig is nie.  Hulle is nie deel van my kringetjie nie.  Ek vertrou dus dat die met wie ek wel in verbinding is, nie opsetlik iets sal sê of doen wat my sal benadeel nie.  Wat ek sê is dat wanneer mense vir mekaar omgee, dit maar moeilik sal wees om op hul tone te trap. 

In ons vriende- en familiekring het ons 'n kostelike uitdrukking:
Hoe bedoel mevrou dan nou?  (Dit rym ook nog.   :icon_biggrin: )
Sou ek enigsins ongemaklik voel met dit wat iemand sê, sal ek bogenoemde uitdrukking gebruik sodat daardie persoon 'n geleentheid het om hom/haar duidelik te maak.  Ek sal nie sommer net aanneem dat dit wat ek gehoor of gelees het sleg bedoel is nie.  Ons almal is soms in 'n situasie waar ons deur moeilike tye gaan en dan lees of hoor ons "negatief" omdat ons so voel, of dit wat ons sê of skryf kom negatief oor, maar dit was nie die bedoeling nie. 

Bly dan asseblief ook by die onderwerp.  As jy my daarop wys dat ek 'n woord verkeerd gespel of in die verkeerde konteks gebruik het, dan het jy my nie aangeval en "stupid" verklaar nie.  Die bedoeling is om my te help om te verbeter.  As my toon dan in die pad kom, is dit omdat my toon op die verkeerde plek was.   :icon_biggrin:

My leuse is ook om iemand die geleentheid te gee om vir my te wys dat hy betroubaar is voordat ek hom onder die groep van "onbetroubares" sorteer.

Daar is nie 'n manier dat ek met iemand  lelik sal wees nie, ek vat liewers my baadjie en loop sonder om 'n woord te sê.   
« Last Edit: February 21, 2013, 09:49:49 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Vertroue
« Reply #9 on: February 21, 2013, 02:25:30 PM »
Ja, Meraai, ek is baie skuldig daaraan. :-)

PM, ek verstaan wat jy sê. Dit is 'n baie oulike uitdrukking.

Soms gebeur dit egter dat jy en jou geliefdes radikaal oor iets verskil of dan verskillend glo. In so 'n geval dink ek persoonlik dat dit soms beter is om dan nie jou eie opinie/geloof te lig nie. Eerder net te luister. Val dit onder oneerlik of bedrieg? Miskien sien ek eerlik in hierdie opsig meer as lojaliteit en laasgenoemde loop beslis hand en hand met vertroue. Maak dit sin?

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vertroue
« Reply #10 on: February 21, 2013, 03:33:46 PM »
Dit maak baie sin en in daardie opsig stem ek totaal met jou saam.  Dit is net 'n feit dat baie mense nie verstaan nie, dat ons wel van mekaar mag verskil en nog vriende kan wees.  Ons  HOEF  nie saam te stem en van dieselfde goed te hou of dieselfde geloof na te volg nie.  Solank mense ander se siening en smake kan respekteer is daar nie probleme nie.  In baie gevalle is dit beter om liewers nie jou opinie te lig nie, veral as jy weet dat jou mening radikaal van 'n ander s'n verskil en dat dit 'n geveg sal ontketen.
Ek dink 'n mens noem dit diplomasie ook (waarsonder ek gebore is)  :icon_biggrin:  en nie oneerlikheid nie.   :icon_biggrin: Lojaliteit is sekerlik die beste beskrywing. 
'n Goeie vriendin van my dra die snaakste klere.  Ons verhouding is egter van so 'n aard dat ons saam kan lag oor ons verskillende smake en met mekaar kan grap sonder dat die een of die ander aanstoot neem. Seker juis omdat ons weet ons is lief vir mekaar. 
Hier op die forum vertrou ek dat wanneer iemand aanstoot neem oor iets wat ek kwyt raak, hy/sy ook vir my die lyntjie sal gooi:  Hoe bedoel mevrou dan nou! Nie net sal stilbly en verdwyn nie, want ek lief elkeen van julle en stel julle vriendskap hoog op prys. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Vertroue
« Reply #11 on: February 21, 2013, 11:21:25 PM »
Baie waar. Vriendskappe met verskillende tipe mense verbreed jou persepsieraamwerk en bring dikwels balans. Wat vir my baie interessant is, is hoe jy dikwels in 'n langtermyn verhouding na mekaar begin te groei en eienskappe van die ander persoon begin te aanneem.

 :love7:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vertroue
« Reply #12 on: February 22, 2013, 03:47:12 AM »
Dit is so, 'n mens groei aan die heup vas.   :icon_biggrin: Naderhand voel dit vir jou of julle mekaar se gedagtes kan lees.  Een van ons dink net iets dan antwoord die ander al.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Marius

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
  • Gender: Male
    • Marius Buys Se Skrywes
Re: Vertroue
« Reply #13 on: February 22, 2013, 12:36:23 PM »
Eerlikheid is gekoppel aan inbors.
Vertroue is gekoppel aan risiko.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vertroue
« Reply #14 on: February 22, 2013, 12:48:30 PM »
Goed gestel.  Meer as dikwels 'n groot risiko.  Vra net vir 'n kans om te bewys ek is te vertrou. 
Om te weet is om te verstaan.