Author Topic: 'n kalmte versplinter  (Read 7085 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
'n kalmte versplinter
« on: February 19, 2013, 09:43:06 PM »
'n kalmte versplinter

in die vergane jare
en maande
waarna ek nie
hoef terug te kyk,
le’ stukke en brokke
van ’n lewe verby,
skaafsels vul die pad
se krake en skeure
en slote word vol
van deernis en omgee
en stille ondersteuning
 
berusting het ek
eens geplant
en nog na jare
dit bly versorg,
eendag aan myself gesê
om die wondersade weer
in leemgrond in te lê…
 
maar ’n stormwind
het onverwags
by tornado’s
gaan kers opsteek,
’n aardkors in
my lewe laat kraak
en ‘n tsunami gevorm,
die aarde onder
my uitgewis,
worstelend sukkel ek
boontoe, soekend na asem
om my berusting-plantjies
te probeer red en versorg.
 
langs die bedding
wil ek kniel
om my hartseer uit te stort,
die grond te vul
met my trane
en hoop in te spit
want more moet ek weer
plantjies soek
om in nuwe beddings
te verplant

 :grommit: 
« Last Edit: May 13, 2013, 08:48:45 AM by adele »
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n kalmte versplinter
« Reply #1 on: February 20, 2013, 03:10:57 AM »
Dit is baie mooi Adéle, al wat vir my effens laat stilstaan is die

skaafsels vul die pad
se krake en skeure
en slote word gevul

ek sou een van die twee verander, wat van
en slote word vol?

Hierdie "na" laat dit vir my klink of jy dit eers  na  en na baie lang jare
dit bly voed en versorg,...

Verder dink ek dit is puik.   :love7:

Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: 'n kalmte versplinter
« Reply #2 on: February 20, 2013, 08:29:01 AM »
en as jy weer drie uur in die oggend in die maanlig by jou skoottoppie sit?
dankie vir saamlees, en jy is reg, ek gaan kyk na daardie veranderings. ek het gisteraand net gesit en skryf maar wil graag hierdie gedig skaaf en skuur om dit beter te skryf, sukkel nog bietjie om slegte nuus te verwerk, sal later daaroor kom gesels.
lief julle

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n kalmte versplinter
« Reply #3 on: February 20, 2013, 08:38:22 AM »
Ai matertjie, ek het so 'n benoudheid ervaar en gewonder of dit persoonlik is of nie.  Kom deel dit met ons, ons deel graag drukkies uit.  Hier is solank vir jou een, twee, drie en van Hannes af.  

 :angel4: Al my sondes wat my uit die slaap uit hou.  Gisteraand was ons vroeg in die vere en teen twee-uur het ek genoeg slaap ingekry.   :bootyshake:
« Last Edit: February 20, 2013, 08:40:16 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: 'n kalmte versplinter
« Reply #4 on: February 20, 2013, 08:39:06 AM »
Sterkte met die slegte nuus. Werklik baie goed geskryf.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 'n kalmte versplinter
« Reply #5 on: February 21, 2013, 09:47:56 AM »
Vou jou ook toe met omgee matertjie. Ons dink aan jou!!  :love7:

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: 'n kalmte versplinter
« Reply #6 on: May 13, 2013, 11:18:50 AM »
geskaaf en geskuur
as julle sal help kan ek dit 'polish' en vernis ..   :icon_biggrin:   [ek soek 'n goeie sinoniem vir polish]

in die vergane jare
en maande
waarna ek nie
hoef terug te kyk nie,
lê stukke en brokke
van ’n vorige eeu;
my lewenspad
se krake en skeure
is met deernis
en omgee opgevul
 
berustings het ek geplant
en dit met liefde versorg;
toe aan myself gesê
om die wondersade
in leemgrond in te lê…
 
maar ’n stormwind
het onverwags
by tornado’s
gaan kers opsteek,
die seebodem laat kraak
en ‘n tsunami gevorm…
daarmee die aarde
onder my laat sak

worstelend
ontredderd
soekend na asem
het ek gespartel,
gesukkel om
weer vrede te vind
 
langs die bedding
kniel ek nou neer
en stort my hartseer uit,
soos kompos spit ek hoop
en aanvaarding in
want gou sal ek nog
plantjies moet soek
om al die kaal kolle
weer vol berustings te plant

 :grommit:
« Last Edit: May 13, 2013, 09:46:38 PM by adele »
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n kalmte versplinter
« Reply #7 on: May 13, 2013, 01:32:07 PM »
Dit lees vir my so mooi Adéle, gee kans ek sal nog en nog lees. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Aspoestertjie

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 102
  • Gender: Female
Re: 'n kalmte versplinter
« Reply #8 on: May 13, 2013, 10:47:33 PM »
Poets en vernis...
Oupa sê: Wyshyd is die truspieël van die ouderdom.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: 'n kalmte versplinter
« Reply #9 on: May 14, 2013, 11:34:20 AM »
dankie Assie, dis perfek ... sal onthou   :toothy4:   
adéle  :grommit:

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Re: 'n kalmte versplinter
« Reply #10 on: May 14, 2013, 12:15:32 PM »
dis mooi geskryf en ek hou daarvan want ek kan jou prentjie sien. as ek egter so voorbarig mag wees: vir my is die tornado waarna verwys word in die meervoud en se tornado's iets heeltemal anders en sou ek graag die ' weg wou sien. andersins goed

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n kalmte versplinter
« Reply #11 on: May 14, 2013, 12:22:22 PM »
Ek wag om te hoor wat Adéle sê.  Moet ek verander matertjie?
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: 'n kalmte versplinter
« Reply #12 on: May 14, 2013, 03:33:37 PM »
dankie baaaie Natali

as "tornado" ook in meervoud so gebruik word ... anders kan PM dit "'n tornado" maak, dan klink dit beter

 :grommit: 
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n kalmte versplinter
« Reply #13 on: May 14, 2013, 03:44:11 PM »
PM maak so.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: 'n kalmte versplinter
« Reply #14 on: May 19, 2013, 08:29:42 PM »
die aand toe my kalmte versplinter het ...

my skoonsus wat amper 5 jaar gelede kanker - operasie, chemo, bestraling - die sterkste wat daar is, gekry het ... want die drs het besluit sy is 40jr, sterk, fiks, gesond, nooit swanger gewees nie - en kan dit hanteer.
en sy het en is vir 4 jaar lank elke 6 maande ge'evalueer en 'in remissie' verklaar. so ook in Januarie vanjaar ... en hulle is terug Noorwee toe waar hulle nou al 'n jaar lank bly.
maar 'n maand later wou longontsteking nie opklaar nie en uiteindelik is sy in 'n tonnel gestoot en die uitslag:
KANKER versprei ... longe, lewer, veral haar rug. die pyn was toe al ondraaglik.

lang storie kort: hulle het haar omtrent 6 weke onder sterk morfienverdowing gehou en baie sterk chemo gegee - nuwe behandelings wat ontwikkel is.
later is sy stadigaan bygebring, moes van vooraf leer eet, loop, leef!

en Vrydagaand toe ek en my broer google-gesels, toe klim sy self, vir die 1ste keer, hulle huis se trappe op studeerkamer toe, sonder haar loopraam en kom kuier 'n halfuur saam met ons!!!

ek het eers agterna gehuil

[[die drs het eers met Paasnaweek toe sy die 1ste keer huistoe is, aan hulle vertel dat hulle geen hoop gehad het nie, hulle het haar net 1 week gegee om nog asem te haal]]

ons besef nou elke dag, elke uur is 'n gegewe gawe, 'n wonderwerk ... sy is nog baaaie siek, maar hoe lank weet ons mense nie ... dalk 'n jaar, dalk 5, dalk  ??baie langer nog

 :grommit: 
« Last Edit: May 19, 2013, 08:31:38 PM by adele »
adéle  :grommit: