Author Topic: Ekke weet dit is een dag te vroeg maar GELUK aan ons liefste forummoedertjie!  (Read 4528 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
 :love10: :occasion18: :occasion13: :occasion15: :occasion14: :love10:

Die 16de word onse forummoedertjie mos 16 en ek vergaap my aan die gevlerkte vrindjies op daardie dag ergens tussen die berge - daar is nie manier wat ek uitmis op die feestelike gebeure nie en los vir jou klompe klompe liefde en net die allermooiste wense dierbare ou matertjie van my!!! Lief jou stikkint. Geniet die dag!!!

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Baie geluk PM by voorbaat. Mag dit 'n lieflike dag wees.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Ek dink die laaste ding wat ek gesê het is dat ek nie van verrassings hou nie en hier kom spring die mooiste verrassing uit!  :notworthy:
Baie dankie Raaitjie en Fransi, julle is dierbare matertjies.

 :occasion14:
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
pieter magrieter, baie geluk met die verjaardag. ek het nou die dag uitgevind dat ek op my verjaardag gebore is, dus kan jy 2 goed vier vandag indien jy ook op jou verjaardag gebore is: jou verjaardag sowel jou geboortedag vier.

mag dit 'n heerlike dag wees en 'n wonderlike jaar, beter as verlede jaar en slegter as die volgende lewensjaar.
 
mwha.. groot soen vir jou X

en groete vir Hannes

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Baie dankie AB.  Ek het gou gaan kyk en ja sowaar, ek verjaar ook op my
geboortedag.   :icon_biggrin:    :hello2:

Baie dankie vir die mooi wense.  Sover het my dag goed verloop.  Ons het ook met ons jongste uit NZ geskype.  Hy het werk gekry!  Dit laat ons sommer baie rustiger voel. 

Groot liefies vir julle ook. 

Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
amper is ek weer een dag te laat, maar hier is ook 'n ruiker met BAAAIE gelukwense en 'n groot mandjie vol dankbare seenwense dat dit met julle so goed gaan. ons is ook so bly dat jul kids so gelukkig is.
liefde ook van my en Eben.
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Baie baie dankie Adéle, ek lief die blomme en die liefde. 
Julle weet mos hoe moeilik dit is as die kinders die land verlaat.  Veral as daar kleinkinders by betrokke is.  Ons is so dankbaar dat hy so gou werk gekry het. 
Dit wys ook net weer, 'n mens moet nooit sê "nooit weer" nie.  Ons werk en spaar nou dat dit bars vir vliegkaartjies.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Ek jubel en juig saam met julle PM! Dit is wonderlike nuus dat hy reggekom het met werk in NZ  :hello2: Adele die ruiker is pragtig mater!!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Dankie Raaitjie, dit is regtig 'n groot las van ons skouers af.  Hulle lief die land en sy mense al klaar.
Jannas het so met die skypekameratjie vir ons gewys waar hulle bly by sy swaer en dit is ruim en pragtig.  Ook die voertuig wat hy "geruil het vir 'n piesang".  Dit is ongelooflik hoe vinnig die wiel gedraai het vir hulle.  Hy sê hy moes jare gelede al die besluit geneem het.  

Hier is my blommetjies wat Hannes gepluk het vir my verjaarsdag.

« Last Edit: February 18, 2013, 03:05:40 PM by PM »
Om te weet is om te verstaan.