Author Topic: "Nee, ek is NIE moeg nie!"  (Read 10677 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
"Nee, ek is NIE moeg nie!"
« on: February 13, 2013, 08:02:38 AM »
Toe ons hier aangekom het, het Hannes 'n spyskaart en selfoonnommer gekry waar hy ons kos kon bestel.  Ons kan dit by die restaurant eet of hulle bring dit na ons eenheid toe. 
Hy skakel die vorige aand, hulle neem die bestelling en alles is reg.  Gisteraand skakel hy weer, hy vra wat is die groente van die dag?  Die dame ('n blanke vrou) sê sy weet nie, sy sal uitvind.  5 minute later kom sy om die hoek gestorm.  Duidelik baie omgekrap sê sy vir Hannes dat hy sy kos by die restaurant moet gaan bestel. 
Aangesien sy die vorige dag baie vriendelik was, wonder ek of sy 'n moeilike dag gehad het en vra so ewe vir haar, nadat sy die bestelling geneem het, of sy baie moeg is. 
Sy wip haar alie en met die verdwynslag, om die hoek, antwoord sy:
"No, I am  NOT  tired, I am PREGNANT!
Ons het mekaar eers verbaas aangekyk en toe sy buite hoorafstand is, bars ons uit van die lag.  Hannes sê toe so ewe droog:  DIT     is nie  MY  skuld nie.  Toe lag ons weer van vooraf. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Aspoestertjie

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 102
  • Gender: Female
Re: "Nee, ek is NIE moeg nie!"
« Reply #1 on: February 13, 2013, 08:49:24 AM »
Dis nou vir jou 'n ding. Haar mormone is seker maar op loop met haar.



 :mumum:
Oupa sê: Wyshyd is die truspieël van die ouderdom.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: "Nee, ek is NIE moeg nie!"
« Reply #2 on: February 13, 2013, 11:22:20 PM »
Hannes se opmerking ..... hehehehehehe  :sign10: ek hoooooor dit!!!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: "Nee, ek is NIE moeg nie!"
« Reply #3 on: February 14, 2013, 07:43:13 AM »
Die poppie het 'n sesjarige dogtertjie wat heeldag hier op en af baljaar tussen die eende, die swembad en soos 'n stertjie agter die nutsman aandraf.  Nou wonder ek wat gaan word.  Dalk is hier 'n privaatskool in die omgewing...

'n Ander se boeke is duister om te lees. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: "Nee, ek is NIE moeg nie!"
« Reply #4 on: March 09, 2013, 07:19:09 AM »
toe ek hier bo begin lees het ek gewonder of sy nie vol PMS was nie, toe nog erger...die pregnant ding.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: "Nee, ek is NIE moeg nie!"
« Reply #5 on: March 09, 2013, 09:30:24 PM »
O hallie ha!!!!  PMS beslis AB. 
Aangesien niemand niks anders hier skryf nie wil ek net graag nog 'n keer sê, baie baie dankie vir die druiwe.  Hannes het so pas met jou broer gesels en hy sal more sy druiwe kom afhaal. 
Ek sal sekerlik nog op 'n ander paar onderwerpe gesels oor die heerlike druiwe, maar dit het nogals opslag gemaak sover as wat ons getoer het. 
Ek stem ook beslis met jou saam, daardie klein bruin korreltjies is stroopsoet en enige ander rosyntjie kan maar kom kers opsteek. 
Dit was heerlik om jou weer te sien en julle huis!  Wat 'n pronkstuk!
Weereens, baie dankie vir die tyd wat jy met ons spandeer het, te midde van jou besige oestyd.  Ons sal altyd lief wees vir jou en vir vroulief. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: "Nee, ek is NIE moeg nie!"
« Reply #6 on: March 10, 2013, 04:55:33 AM »
groot plesier PM

Ek moet seg ek is trots op ons produk en gee graag vir mense daarvan om te proe en dis net paar weke in die jaar wat die druiwe beskikbaar is. dis vir my lekker om tyd af te staan aan mense wat belangstel en waardeer as ek vir hulle die wingerd en omgewing en kelder wys.

ek weet julel was vrek haastig en dankie vir die tyd maak om te kom inloer ek waardeer dit ook.

as julle meer tyd gehad het sou ek julle gaan wys het hoe ons met die masjein oes en dan ook kelder toe gevat het om te proe hoe smaak mos.

Ja ek idnk ook ons huis lyk nou pragtig. het gister gaan matrasse koop en dit kos 'n arm en been maar ek voel ek wil op 'n goeie matras slaap want mens brning die meeste tyd van jou lewe daar op deur, min of meer 6 tot 8 of 10 ure per 24 uur. daarom het ek maar hand diep in die sak gesteek vir iets ordentlik. dalk kan ons iewers in die komende week die ysaks en vrieskas en stoof oortrek, dan kan ons ook daar slaap, sal heerlik wees.
dalk maar eers op die grond slaap tot die bed kom.

mmm daai klein pitlose rosyne korrels, ek het vergeet om julle te vertel wat my oom altyd van hulle gesê het. dis nou nie iets wat mens in die openbaar kan vertel nie.

julle moes ook nie 'n dag leter gekom het nie, toe reen dit vrydag heeldag, en die druiwe was sopnat, sou nie gehou het as jy dit stoor nie.

en baie dankie dat julle die druiwe vir my se boer saam geneem het. ek probeer maar altyd vir hom 'n lift vir druiwe soek want ek weet hulle waardeer dit ook baie.

waar kan 'n oorspronlike bolandse klong 'n jaar deurgaan sonder om 1 keer in die jaar ordentlike hanepoot druiwe te proe?








Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: "Nee, ek is NIE moeg nie!"
« Reply #7 on: March 10, 2013, 08:11:47 AM »
Jy kan met reg trots wees op julle produk, dit is uitvoergehalte.  In my kassie het ons 'n tros gekry wat ses groot manshande met uitgestrekte vingers, nie kan toevou nie.  Dit sou baie baie interessant gewees het om die grootste tros se foto te sien. 
Ons besef ook dat tyd nou jou meester is tot na die oes.  As ons so tussen die wingerde ry dan kan ons nie glo dat julle so 'n "magtige" groot werk in so 'n kort tydjie kan bemeester nie. 

Ons was baie bekommerd dat die druiwe nie sou hou nie, maar dit het goed hier geland.  'n Mens kan nie glo dat dit so warm kan word agter in daardie bakkie nie.  Dalk is dit van al die stilhou en wag by die padverleggings.
Met al die padverleggings kon ons die eerste dag nie verder as Beaufort Wes kom nie.  Die volgende dag het ons ook eers laat by Gawie aangekom, maar ons het 'n hond uit 'n bos uit gekuier.  Hulle is altyd so gasvry.
Ons het gister net gedink ons is deur al die verleggings, toe tref die volgende klomp ons.  Gelukkig sal die paaie binnekort eksie perfeksie wees. 

Ek stem, 'n mens slaap op 'n goeie matras en dit hou ook baie langer. 

Ons het vanoggend met iemand gesels wat vir ons 'n goeie prys gegee het om die teëlwerk te doen.  More gaan koop ons teëls en dan begin ons groot regmaak. 

Ons het in 'n maand se tyd oor die agt duisend kilometer gery sonder enige insident.  Dankie Toyota, jy is 'n wenner.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: "Nee, ek is NIE moeg nie!"
« Reply #8 on: March 10, 2013, 09:53:01 AM »
sjoe sterkte vir julle met die reparasies.
gisteraand toe ek en Anton die matrasse gaan aflaai het hy om een of ander rede bo op die een binne deur gevoel, en wat voel hy.......'n gat. die deur is bo om een af ander rede nie toe nie. dis mos die binne deure wat hol is binne en dlak het hulle aan die een kant te veel afgesaag ipv aan albei kante 'n bietjie. sal maar 'n foto neem en dit vir die bouer stuur. sal nou die ander deure ook moet voel. bo en onder. as hulle die deur omgedraai het met die gat onder sou ons dit nie agtergekom het nie. ek sal maar'n draad buig en onder voel want die deure is te naby di emat om jou vingers onder in te druk.

dankie ook dat julle vir Gawie bederf het met druiwe. ek het nou nei daaraan gedink nie, eintlik moes ons koerante oor die bokse druiwe gegooi het. so leer mens algaande.


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: "Nee, ek is NIE moeg nie!"
« Reply #9 on: March 10, 2013, 11:06:09 AM »
Natuurlik deel ons graag, dit was 'n groot plesier. 

Ek glo julle sal nog 'n paar foutjies opspoor wanneer julle eers permanent inwoon. 

Ons moes die agter ruite oop gemaak het terwyl ons gery het.  Ons het ook nie daaraan gedink nie.  Volgende keer sal ons voorsorg tref.  Jou boeta sal so teen 11.30 sy druiwe kom haal. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: "Nee, ek is NIE moeg nie!"
« Reply #10 on: March 10, 2013, 11:26:37 AM »
Dis nou 11:30
ek hoop julle  kuier lekker saam met hom saam.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: "Nee, ek is NIE moeg nie!"
« Reply #11 on: March 10, 2013, 11:37:55 AM »
En ek het weer op my beurt so paar trossies vir my seuntjies saamgevat gistermiddag. Kleinste boetie prop daai kiesies sommer vol. Hahaha sy ma het haastig die laaste korreltjie gegryp voor sy niks kry nie. Dit was 'n heerlike, gesonde bederfie. Dankie oom AB. En toe kry ek sommer weer kans om jou stem te hoor. Groot, groot voorreg.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: "Nee, ek is NIE moeg nie!"
« Reply #12 on: March 10, 2013, 11:42:10 AM »
ja dankie Gawie dat jy my gebel het. was goed om jou weer te kon hoor praat ja.

ek is blyons produk kon so onbeplan harte bly maak iewers by 'n skool wat min mense van weet.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: "Nee, ek is NIE moeg nie!"
« Reply #13 on: March 10, 2013, 04:01:11 PM »
Hier by ons het die druiwe ook uitgekom op die tafel vir middagete en almal was gaande daaroor.  Die "wynkapsules".   :icon_biggrin:  Wag dat Raaitjie daai een van jou kom gaps AB.

Ja, ons het heerlik gekuier en hy wil iets skryf vir boek twee.  Dit sal nou gaaf wees, twee boeties in die boek! 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: "Nee, ek is NIE moeg nie!"
« Reply #14 on: March 10, 2013, 06:54:18 PM »
hyt my gevertel van die wil skryf in jou boek. sover ek onthou het hy al 3 boeke geskryf. hy hou van skryf, seker omdat sy werk agter 'n lessenaar is en baie skryfwerk behels.

ek glo nie ek sal in boek 2 iets kan gee nie, sal in boek 3 iets wil sit as daar 'n boek 3 gaan wees. dit sal weer kiekies wees en hopelik woestyn kiekies.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: "Nee, ek is NIE moeg nie!"
« Reply #15 on: March 11, 2013, 08:01:23 AM »
Ja, "groot" goete geskryf.  Hy is tans besig met 'n boek wat volgende jaar voorgeskryf word vir Unisa-studente.  Alles in Engels.   :read:

Wanneer gaan jy Duits-Wes toe?
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: "Nee, ek is NIE moeg nie!"
« Reply #16 on: March 11, 2013, 12:58:23 PM »
Die plan is dat ek en Piet en Peet helfte Julie Duits wes toe gaan. Plan is as dit kan uitwerk:
Alexanderbaai toe en dan oranjemund toe en hopelik deur die spergebied see langs kolmanskop toe.
Dan na Aus en deur die woestyn walvisbaai toe. so paar dae in walvis omgewing kuier en dan henties toe vir i naweek en dan 2 dae windhoek toe en dan huis toe en dan is 3 na 4 weke in sy maai met hoeplik so 5000 fotos byderhand.


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: "Nee, ek is NIE moeg nie!"
« Reply #17 on: March 12, 2013, 07:41:36 AM »
Dit klink na 'n baie lekker toer.  Jy sal moet 166.66 foto's 'n dag moet neem vir 30 dae aanmekaar AB. As jy 12 ure per dag foto's neem sal jy moet ongeveer 14 foto's per uur neem.   Daai kamera gaan aan jou hande vasgroei.   :icon_biggrin:  As jy 'n kwart daarvan op die forum plaas sal dit jou 3 maande neem as jy elke dag 14 foto's plaas. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: "Nee, ek is NIE moeg nie!"
« Reply #18 on: March 12, 2013, 08:44:45 AM »
Nou weet ek nie of my kop in die rondte draai van die glasie witwyn of die formule probeer uitpluis wat jy gebruik het nie  :icon_biggrin: :bootyshake:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: "Nee, ek is NIE moeg nie!"
« Reply #19 on: March 12, 2013, 08:57:28 AM »
Dit was maklik.  AB sê 5000 foto's vir drie tot vier weke wat hulle gaan toer.  Ek werk toe maar op vier weke, want ek glo nie hy sal dit in drie weke regkry nie!   :icon_biggrin:
Al daai sesse het my ook 'n bietjie deurmekaar gemaak, want 'n ou kan mos nou nie .66 foto neem nie
nê!  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: "Nee, ek is NIE moeg nie!"
« Reply #20 on: March 12, 2013, 09:11:40 AM »
Outop se nou hy neem gemiddeld so 300 fotos per dag met ons toere maar ek is nou verby die punt van maal en deel om te sien hoeveel dit oor 21 dae sal wees. Vanaand pyn onse elmboge weer  :icon_biggrin:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: "Nee, ek is NIE moeg nie!"
« Reply #21 on: March 12, 2013, 09:16:28 AM »
 :angel4:  Ons elmboge pyn ook.  Vandat ons tuis gekom het kuier almal hier.  Seg ek vanoggend vir Hannes, ons kon maar net so wel nog 'n nag oorgeslaap het in die Kaap.  Daar vang die wyn 'n ou nie soos hier bo in die hogere plek nie.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: "Nee, ek is NIE moeg nie!"
« Reply #22 on: March 12, 2013, 10:01:41 AM »
Giggel ek diekant. Dink jy die lugdruk maak regtig verskil? Amper tik ek 'ligdrink' :sign10:

Ek onthou so goed ons kuiertjies in Mosselbaai saam oupa en ouma en die djeeerlikste wyne ooit uit die kelders wat oupa ons mee bederf het. Ai jai jai, gelukkig het ons enetjie diekant ontdek wat amper net so proe. Let wel, amper!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: "Nee, ek is NIE moeg nie!"
« Reply #23 on: March 12, 2013, 10:07:23 AM »
Die ligdrink maak 'n verskil.  Regtig.  Daar kan jy swaardrink sonder om elmboogpyn te
kry.   :icon_biggrin: 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: "Nee, ek is NIE moeg nie!"
« Reply #24 on: March 12, 2013, 10:26:59 AM »
Ek het jou gemissssss!!!  :love7: :hello2: