Author Topic: afrikaans  (Read 3870 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
afrikaans
« on: February 12, 2013, 06:10:22 PM »
Onthou 'n toekoek is 'n voel wat nie haar eiers kan le nie!!!!!


 AFRIKAANS UIT DIE BOONSTE GESKIEDENIS

Uittreksels van gr 5-kinders se geskiedenisvraestel se antwoorde.

* Salomo het driehonderd vroue en nog sewehonderd bye-vye gehad. Nie
almal van hulle het gesteek nie, maar hy was gelukkig baie slim en het
'n plan uitgewerk.

* Nog 'n belangrike uitvindsel was die bloedsomloop. Dit het verhoed
dat jou bloed stilstaan, wat stilstuipe veroorsaak.

* Egipteland was bewoon deur mummies en hulle het almal op hulle
hero-gleuwe geskryf en vir hulle pappies gewys. Hulle het in die
Sarah-woestyn gewoon en het waterbeurte gehad van die min reën..
Die klimaat was so erg dat al die inwoners op ander plekke gebly het,
en net naweke huistoe gekom het om sandkastele te bou. Die boesmans
het in hulle tuine gewerk.

* Moses het die Hebreeuse slawe na die Rooi See gelei waar hulle
ongesuurde brode gebak het, dit is brood wat sonder enige bestanddele
gemaak is en baie soet is van te min suurdeeg. Moses het die berg
Sianied uitgeklim om die tien gebooie te kry.

* Die Egiptenare was 'n hoogs gekulde volk en sonder hulle sou ons
nie 'n geskiedenis gehad het nie. Hulle het omtrent al die kafees in
Egipte gehad. My ma sê hulle het baie mites gehad wat seker in die
kombuis gewerk het.

* Demokrates was 'n beroemde Griekse wysheid wat rondgeloop en
mense raad gegee het.. Hy is dood omdat hy verskriklik oordosis of so
iets. Na sy dood het sy loopbaan dramaties agteruitgegaan.

* In die ou Olimpiese Spele het die Grieke kaal paal gespring, zol
geswaai, en disnis gegooi. Hulle was ook lief vir budgie-jump, omdat
daar niks anders was om te jump nie.

* Johanna van Arkel het van 'n stapel brandwonde gesterf. Hulle het
haar met 'n blaasbalk aan die brand gepomp, tot haar hare afrou geraak
het van skrik.

* Koningin Elizabeth was die "Maagdekoningin". As 'n koningin was
sy 'n sukses, maar nie as 'n maagd nie. Sy het haar volk se probleme
aangetrek. En was altyd mooi geklee.

* Dit was 'n tydperk van groot uitvindsels en ontdekkings. Gutenberg
het die wynpers uitgevind. Hy het die slaweklokke gelui deur dit in
die wynpers vas te draai dat die wyn spat.

* Die grootste skrywer van die Renaissance was William Shakespeare.
Hy is in die jaar 1564 gebore en die geskiedkundige mense dink dit was
op sy verjaardag.
Hy het nooit geld gemaak nie, en is net beroemd oor die toneelstukke
wat hy geskryf het. Hy het tragedies, komedies en historektomie
geskryf. Romeo and Juliet is een voorbeeld.

* Abraham Lincoln het Amerika se grootste presedent geword.
Lincoln se ma is dood toe sy nog 'n maagd was en hy is gebore in 'n
houthut wat hy met sy eie hande gebou het in die franse evolusie.

* Johann Sebastiaan Bach het baie komposisies geken en het so ook
baie kinders gehad. Hy is dood sedert 1750 tot vandag toe. Bach was
die beroemdste komponis in die wêreld, amper soos HÃndel. HÃndel
was half-Duits, half-Italiaans en half-Engels wat Hollangs gepraat
het.

* Beethoven het musiek geskryf al was hy doof. Hy was so doof dat hy
harde musiek geskryf het. Hy het ver in die woude gaan loop selfs al
het almal na hom geroep. Beethoven het in 1827 opgehou bestaan en dis
hoekom hy later dood is. Hy het rooi hare by geboorte gehad toe noem
sy ma hom Beethoven. Sy hare het egter na sy eerste bad heelwat
verander.

* Die negentiende eeu was 'n tyd van baie uitvindsels. Mense
het opgehou om met die hand te reproduseer en met toestelle begin
reproduseer.

* Die uitvinding van die stoomboot het 'n netwerk van riviere laat
ontstaan, waarna die mense gevlug het as die water te warm raak van
die stoom wat afgeblaas word.

* Die Toekoek is 'n voël wat nie haar eie eiers kan lê nie.

* Parallelle lyne ontmoet mekaar nooit nie, tensy jy een of altwee
van hulle buig.

* 'n Sirkel is 'n lyn wat sy ander end ontmoet sonder om te end.
Daarom is dit moeilik om sy end te kry, voordat jy dronk word.

* Die maan is 'n planeet net soos die aarde. Daar bly net een man
wat baie gelukkig is. Een keer 'n jaar raak sy koeie mal en spring oor
die maan.

* Vegatiewe voortplanting is 'n proses waarin een individu per
ongeluk 'n ander individu vervaardig waarop net die ouma trots is.

* Koolstofmonoksied is 'n reuklose gas wat verskriklik stink.

* Peter Stuyfgestaan is 'n geskiedkundige figuur, want hy het
sigarette uitgevind en begin rook. Hy het so baie gerook dat die
niekoetien-kolle in sy onderbroek duidelik sigbaar was.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: afrikaans
« Reply #1 on: February 12, 2013, 07:07:02 PM »
 :headbang: hahahahaha! Ai, nou het ek lekker gelag!

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: afrikaans
« Reply #2 on: February 12, 2013, 10:52:45 PM »
Heheheheheheh ek dink die ene was ook skreeusnaaks: * Vegatiewe voortplanting is 'n proses waarin een individu per ongeluk 'n ander individu vervaardig waarop net die ouma trots is  :toothy4:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: afrikaans
« Reply #3 on: February 13, 2013, 07:41:31 AM »
Dit was nou groot pret en so tussen die lees deur het ek gedink dit is waar skrywers vandaan
kom.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Aspoestertjie

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 102
  • Gender: Female
Re: afrikaans
« Reply #4 on: February 13, 2013, 08:56:24 AM »
Daai's nou baie snaaks gewees. Oupa het al sy moerstroop deur sy neus gelag toe ek dit vir hom voorlees.





 :mumum:
Oupa sê: Wyshyd is die truspieël van die ouderdom.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: afrikaans
« Reply #5 on: February 13, 2013, 01:12:32 PM »
 :icon_biggrin:  :icon_biggrin:  :icon_biggrin:

Ek het dit nou eers aangestuur vir o.a. my ma en sus. Skreeusnaaks en eintlik baie kreatief.