Author Topic: Welkom Marius  (Read 3369 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Welkom Marius
« on: February 12, 2013, 11:20:16 AM »
Baie welkom Marius.  Ons hoop jy sal gou deel word van die forumfamilie.  Maak jouself tuis en plaas jou werk in jou eie plekkie.  Gesels orals saam.  Jy kan sommer hier vir almal vertel wie Marius is, ons sien uit na jou plasings.

Indien jy enige hulp benodig kan jy ook hier vra.  Ons help graag. 

 :bootyshake:   (PM)
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Welkom Marius
« Reply #1 on: February 12, 2013, 10:55:57 PM »
Warm welkom van die anderkant van die aardbol ook vir jou Marius. Plek geboek vir die saamkuier tussen lyne hoor!  :notworthy: :icon_biggrin:

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Welkom Marius
« Reply #2 on: February 13, 2013, 02:21:21 AM »
 :hello2: :hello2: :hello2: :hello2: :hello2:  BAIE WELCOME  oops WELKOM   :icon_bigsmurf:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Marius

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
  • Gender: Male
    • Marius Buys Se Skrywes
Re: Welkom Marius
« Reply #3 on: February 20, 2013, 12:32:17 AM »
My ma is 'n direkte afstammeling van Paul Kruger se ouers wat my dus sy agter-kleinneef maak en my oumagrootjie was een van die Dorsland trekkers wat as dogter die trek na die hooglande van Humpata toe meegemaak het. Daar moes haar ouers, Kruger se ma en pa, die Herrero Opstand oorleef. My oupagrootjie was ook later deel van die Boere Rebelle wat verraai is en in bannelingskap na die eiland St. Helena toe verskeep is. Van my ander nabye familie het saam met Dirkie Uys gesneuwel.
Ek is gebore op die dorpie Oranjekrag in die Vrystaat (Eintlik tegnies gesproke op Colesberg in die Oos-Kaap waar die naaste hospitaal was.) Beide my pa en oupa was toe werksaam as ingenieurs op die Hendrik Verwoerd Dam Projek, vandag bekend as Die Gariep Dam.
 
My laerskooldae was in Evander en ek was daarna op skool by Hoër Seunsskool Hugenote in Springs. Ons het op Grootvlei-myn gebly en ek het deeltyds my pa gehelp boer met skape en beeste. Ons het ook perdestalle gebou waar ons eie en perde van ons vriende aangehou het, altesaam so 36. Nodeloos om te se dat daar baie perdgery en visgevang was.
 
Op skool het ek, behalwe vir die normale rugby, krieket en atletiek ook aan debat en ATKV kompetisies deelgeneem. Ek het ook die Eistedford Tweetaligheids eksamen met sukses afgele. Daarna het ek 'n beurs vanaf die Transvvalse Onderwys Dept. ontvang om vir vier jaar gaan onderwys studeer te Normaal Kollege in Pretoria met Afrikaans & Spraak en Drama as spesialiteits vakke.
In my derde studiejaar het ek die Nasionale ATKV toekennig vir beste eenbedryf ontvang met my eerste skryf poging en die verhoogstuk "Wolf" is daarna op versoek vir die privaat biblioteek van die GRA verskaf.
Die verhoogstuk is ook opgevoer in die Kleinteater in Pretoria. Ek het ook gereeld in hoof of ondersteunende rolle op verhoogstukke gespeel en het selfs in ander teaters 'n draai loop maak.
 
Daarna het ek twee jaar militêre diensplig gaan doen waar ek as gevegs infanterie offisier by Oudtshoorn opgelei was in stedelike teen-insurgensie (anti-terrorisme). Ek was deel van die opleidingskool se toutrekspan en het in een jaar (sonder om enige vorige ondervinding) kleure ontvang SA Magte, Suid-Westelike Distrik en Springbok spanne. Na my opleiding is ek uitgeplaas na Groep 16 as adjudant waar ek oor 9 kommandomente moes diens doen wat alles ingesluit het van militere verhore tot patrollies.
 
Die vak Tegnologie is in skole bekendgestel en het my belangstelling geprikkel. Ek het later verskeie kursuse daarin geneem in onder andere by die Tegnologie vakrigting aan die Universiteit van Johannesburg. In 2005 het een van my robotika span die wereldbeker verower vir navorsing teen 52 lande en altesame 130 000 deelnemers.
 
Ek het oraloor, en vir ieder en elk, Afrikaans gegee en was dertien jaar onderwyser by n katolieke skool in Sandton waar ek as Afrikaanse onderwyser begin het en toe tot vakhoof van die hoërskool se tegnologie afdeling bevorder was.
 
Ek het op eerste vlak rugby gespeel tot ek 36 was by die Witwatersrandse Universiteit. Ek het my Vlak 3 afrigtings kwalikasie by die Blou Bul Rugby Unie verkry waar ek Cum Laude as top student van die kursus aangewys is. Ek kon nie in hulle Elite afrigters program deelneem nie omdat ek toe nog by die Goue Leeus afgerig het. Ek het junior rugby afgerig vir die Leeus en was ondervoorsitter van SA skole water polo asook voorsitter van Gauteng skole water polo. Ek het die Alexandra JeugRugby klub, asook die Korrektiewe dienste - Pretoria, se vrouerugby klub help begin.
 
Eks eers op 37 getroud en my tweeling seuns, Bradley en Matthew, was in 2004 gebore. Ek is, tot my spyt maar vir die beste, vroeg geskei, en bly tans op die Oos Rand.
Ander tegniese skryfwerk sluit in n navorsings aanbieding oor die effek van elektriese impulse op haaie se sensors. Ek het ook oorklankings werk gedoen by OKVO (Onderwys Kollege vir Verdere Opleiding) asook by die SAW wat soldaat opleidings videos gemaak het.
 
Ek het eers in laat 2011 begin om gedigte in erns te skryf maar het al op skool begin om vriende wat minder woordbevoordeeld is te help om hulle oogappel se harte te wen met n mooi gediggie of omverskonings briefie. Ek werk tans aan my persoonlike BUNDEL asook n doku-verhaal van die Afrikaner vrou uit van my ouma grootjie se herinneringe.
 
Ek geniet dit om te skryf, met my kinders voortrekker dinge te doen, rugby af te rig en om vis te jag met my pylgeweer. Ons het nou onlangs begin paintball speel en geniet dit "vreeslik", amper meer as lekker kookkos. My motor hoort in n plakkerskamp en ek is gewoonlik werkloos maar gelukkig. Ek het beslis n poetsbakkende, plattelandse sin vir humor en is beide trots Afrikaans en trots Afrikaner.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Welkom Marius
« Reply #4 on: February 20, 2013, 03:39:59 AM »
Goeiste maar jy het 'n vol lewe Marius.  Baie dankie vir die bekendstelling.  Plaas asseblief van jou werk in jou eie plekkie dat ons daarin kan deel. 
Om te weet is om te verstaan.