Author Topic: Wat is lojaliteit?  (Read 20059 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Wat is lojaliteit?
« on: January 31, 2013, 04:05:50 PM »
Ek sukkel altyd met die klein woordjie met die groot betekenis:  Lojaliteit
Wat beteken dit om lojaal te wees?
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Wat is lojaliteit?
« Reply #1 on: February 01, 2013, 02:13:05 AM »
Deur dik en dun iemand getrou by te staan/ondersteun sou ek dink en dit geld natuurlik ook vir dit waaraan ons glo soos bv. sienwyse/standpunte ens.  :headbang:
« Last Edit: February 01, 2013, 02:15:43 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Wat is lojaliteit?
« Reply #2 on: February 01, 2013, 08:30:05 AM »
Ek dink dit is soos wat Meraai sê.

Vir my beteken dit ook dat jy by die persoon sal staan, al stem jy nie noodwendig saam met hulle standpunt nie. Dit beteken ook vergifnis.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wat is lojaliteit?
« Reply #3 on: February 01, 2013, 12:27:19 PM »
Baie dankie julle. 

Die HAT skryf so oor lojaal:   Trou teenoor 'n saak of persone waarteenoor 'n mens 'n verbintenis of 'n verpligting het. 
Ek wonder dikwels of ek lojoliteit verwag waar dit nie hoort nie. 

Ek kan tog so maklik seergemaak en teleurgestel voel. 'n Mens gee en doen soms dinge vir mense ten koste van jouself en hulle verwag net meer en meer en is nie dankbaar daarvoor nie.  Dan sê ek graag dat hulle geen lojaliteit het nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Wat is lojaliteit?
« Reply #4 on: April 13, 2013, 09:02:30 PM »
Vir my om lojaliteit te sien, kyk na jou vierbeen babas. Daar is nou vir jou lojaliteit....
              As ek bietjie 'n slegte dag gehad het, is hulle almal om my as of hulle bang is ek gaan iets dom doen.
                      As ek tuis kom al was ek net 5 minute weg, word ek gegroet asof ek jare lank weg was.
Dan as ek 'n goeie dag het, is hulle ook by om die goeie dag met my te deel...

 :angel12:


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wat is lojaliteit?
« Reply #5 on: April 15, 2013, 11:28:23 AM »
Pragtig gestel Trappies.  Al skop party mense hulle diere, hulle bly lief vir hulle en dit is werklik lojaliteit.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Wat is lojaliteit?
« Reply #6 on: September 14, 2015, 12:07:15 PM »
Lees ek soos gewoonlik oor die skouer van ons gaste en onthou wat Outop een keer kwytgeraak het jare gelede toe die 'demands' by die werk nou te veeleisend word en hy besef hulle vat 'n kans - daardie tipiese ek is baas en jy is maar net die altyd gewillige klaas! Almal het mos gewoonlik skielik hierdie vreeslike verskoning hoekom hulle nou die of daai byeenkoms of partytjie aan die gang het  en nie hand kan gaan bysit nie. Raak die ou op 'n dag mooi vol en hak op sy biltongmanier af toe 'baas' oor loyalty skimp - if you want loyalty, get a dog! Toe gaan hulle daarna mooitjies op die lysie af van wie is op bystand en wie nie!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wat is lojaliteit?
« Reply #7 on: September 15, 2015, 12:03:06 PM »
Biltongmanier!  Is dit nou Boers?   :toothy4:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Wat is lojaliteit?
« Reply #8 on: September 15, 2015, 10:48:23 PM »
My woord vir sy gedroogde sin vir humor PM  :sign10: