Author Topic: Ek kla nie meer nie, ek doen net verslag!  (Read 8302 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Ek kla nie meer nie, ek doen net verslag!
« on: January 23, 2013, 08:21:05 PM »
Ai man, ek het nou al  hierdie "eetgewoontes" van Eva se tyd al uitgepluis.  Kyk, Hannes Smit sal nooit weer kla oor my kosmaakmetodes nie.   Nei my brother!  Hy het nou deeglik kennis gemaak met "blikkieskos"!  Altwee van ons het!
Antwoord my net:  het blikkieskos meer voedsaamheid?  Is dit goedkoper? Is dit sommer net meer gerieflik? Wat is dit met blikkieskos?   Wat het geword van "vars uit die grond uit"?
Spinasie en pampoen, wortels en boontjies, blaarslaai, komkommers  en tamaties?  Mens kry dit mos nie uit blikkies nie?   En wat van daai vars mielies, gesteel langs die pad! Ag nee julle ouens, kom help my tog asseblief!  Ek smag na vars boerekos, soos uit Ouma se kombuis!  Pampoenkoekies met kaneel en suiker!  Boontjies sonder hare en wortels met brille op!
Ai, ek is honger!  Vet en ollie is nie vir my nie!  Toemaar, Vrydag gaan ons huistoe en dan eet ons weer uit Ouma se kombuis!
 :hello2: 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Ek kla nie meer nie, ek doen net verslag!
« Reply #1 on: January 23, 2013, 11:32:18 PM »
Net so kort gelede as gister was ek skoon bedons verlang na my ouma se kombuis en haar boerekos menu PM. Die erf van jou is gemerk  :book1:  :icon_salut:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek kla nie meer nie, ek doen net verslag!
« Reply #2 on: January 24, 2013, 07:39:54 AM »
Dalk is dit daardie storie van jou "uit gister" wat my so lus gemaak het vir boerekos.  Dit is nou presies sewe maande wat ons uit ons eie kombuis is, maar dinge gaan nou verander.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Aspoestertjie

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 102
  • Gender: Female
Re: Ek kla nie meer nie, ek doen net verslag!
« Reply #3 on: January 24, 2013, 08:28:33 AM »
Vars kos bly maar vars kos. Wanneer kos geblik word moet daar ongelukkig preserveermiddels bygevoeg word wat die smaak van die kos verander. Ek dink blikkieskos het wel 'n plek wanneer mens in Tannie PM en oom JC se skoene is en niks anders het nie en natuurlik wanneer jy groente wil eet wat buite tyd is en nie maklik te kry is nie.
Ek was in Sodom en Cremora by 'n groot kettingwinkel se store saam met 'n klong wat hier kom uithang het en julle sal kwaad raak as julle moet hoor hoe hulle die publiek verneuk met vervaldatums en vars produkte. Maar dis 'n lang storie vir 'n anner dag.


 :mumum:
Oupa sê: Wyshyd is die truspieël van die ouderdom.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek kla nie meer nie, ek doen net verslag!
« Reply #4 on: January 24, 2013, 08:52:21 AM »
Ek moet skaam-skaam erken, ek kerm so oor blikkieskos terwyl daar ander is wat wat sou gee om elke dag 'n vol magie te hê.  Oudste vertel juis dat daar niks lekkerder is nie, as om 'n gaatjie in die blikkie te maak, dit op die vuur te sit en saam met vispap te eet.  Dit kan werk vir 'n visvangnaweek, maar nie vir elke dag nie.  Blikkieskos is seker ook beter as niks.
Ek skep moed, more gaan ek huistoe.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Ek kla nie meer nie, ek doen net verslag!
« Reply #5 on: January 24, 2013, 11:01:34 PM »
My pa kon die lekkerste vispap maak en daai groot blik met kaboemmielies - oe my aaa  :icon_biggrin: :icon_biggrin: lekkerder as enige blikkieskos  :headbang:

Geniet jou eie kebuis & huis PM, en kom wys wat jy optower hoor!!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek kla nie meer nie, ek doen net verslag!
« Reply #6 on: January 25, 2013, 01:49:51 AM »
Ek sal beslis.  As jy kyk na die tyd sal jy weet hoe gretig ek is om tuis te kom.  Ongelukkig moet JC eers weer terein toe gaan om sekere dokumente te laat afteken.  Die ou in beheer was nie gister beskikbaar nie. 
Alles is klaar gepak, dit wag net om gelaai te word.   :hello2:

Ek onthou net iets van koring wat so suur geruik het.  Maroek?  Die afvalproduk van mandellabier?
« Last Edit: January 25, 2013, 01:51:41 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Ek kla nie meer nie, ek doen net verslag!
« Reply #7 on: January 25, 2013, 09:41:36 AM »
Maroek ken ek nie maar myse pagoed het sy eie 'magou' gemaak en daarby gesweer as beste medikasie vir 'n maagsweer  :icon_biggrin:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek kla nie meer nie, ek doen net verslag!
« Reply #8 on: July 25, 2013, 05:22:32 AM »
Hier was dit die 25ste Januarie toe ek so opgewonde was dat ons kan huistoe kom.  Vandag is dit die 25ste en ek is besig om te pak om weer terug te gaan na die land van blikkieskos en slaptjips.   :dontknow:

Na vele omwentelings, draai die wiel nou weer in daai rigting.   :icon_scratch:
« Last Edit: July 25, 2013, 05:24:08 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: Ek kla nie meer nie, ek doen net verslag!
« Reply #9 on: July 25, 2013, 06:27:26 AM »
So dis die rede hoekom ek jou nie meer op die skypeskoeter raaksien nie.  Ek het skoon vergeet jy het gesê jy gaan alweer kamp.  Ai toggie en mens het so baie goed om te doen en te reël voor jy kan pak en ry.  Sterkte hoor.  Ons mis j ou geselsies.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek kla nie meer nie, ek doen net verslag!
« Reply #10 on: July 25, 2013, 06:51:27 AM »
Dankie dat jy kom inloer het.  Ek het julle ook gemis, maar die kamp baie geniet.  10 Dae is so kort!  :icon_scratch:
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Ek kla nie meer nie, ek doen net verslag!
« Reply #11 on: July 25, 2013, 08:05:18 AM »
ek hou nie tred met internet nie, dinge loop desedae nie so glad nie, so weet ek nie waar wie kuier of kamp of werk nie ... weet meestal nie eers wanneer dit skolevakansie is nie ...
so geniet elke dag en elke blikkie, waar julle ookal grammadoela, lief PM

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek kla nie meer nie, ek doen net verslag!
« Reply #12 on: July 25, 2013, 09:03:13 AM »
Dankie my Annie.  Ek verstaan dit gaan dol daar met julle. 
Ons hou julle net stewig in ons gedagte en hang so 'n omgeekombersie oor julle skouers.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Ek kla nie meer nie, ek doen net verslag!
« Reply #13 on: July 25, 2013, 11:23:22 AM »
dankie dankie baaaaie ... ja, die seer le' vlak, my trane rol maklik, is mos rond.... maar genade en aanvaarding is netjies verpak, vierkantig, dit rol nie weg nie.

 :grommit: 
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek kla nie meer nie, ek doen net verslag!
« Reply #14 on: July 25, 2013, 11:32:38 AM »
Jy is loshande die mooiste Christen wat ek ken vriendin.   :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.