Author Topic: Kom help skep aan nog (assebliefie)  (Read 19898 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Kom help skep aan nog (assebliefie)
« Reply #15 on: February 03, 2013, 11:35:45 PM »
Daar skuil 'n oord in woord en moord, maar nie in brood nie.

Ouderdom is oud en dom, maar 'n idiot het dit uitgedink want oud is wys, nie dom nie.


 :`ip2: Ditto Willa - waar 'n wil is, is daar 'n weg  :toothy4:  daar kruip dan eintlik 'n 'gryswys' weg in ouderdom!
« Last Edit: February 03, 2013, 11:39:52 PM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom help skep aan nog (assebliefie)
« Reply #16 on: February 04, 2013, 04:34:08 AM »
Dankie Willa-la-la,  :icon_biggrin: vir die aandra. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Kom help skep aan nog (assebliefie)
« Reply #17 on: February 04, 2013, 09:11:39 AM »
daar is ook 'n tor in motor, ek wonder watse storie JanDink rondom die tor sal bedink?
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Kom help skep aan nog (assebliefie)
« Reply #18 on: February 28, 2013, 02:08:11 AM »
*Saamgestelde woorde wat my laat dink/glimlag.

Hoop nie ek is eendag so tevrede met my lewe dat ek as dood beskou word nie!
(doodtevrede)

Is Tom die enigste naam wat mens in 'n vers kan gebruik as jy baie verbaas is?
(verstom)

Staan mens agter omdat jy dog ander sal dink jy's voor op die wa?
(agterdog)

Wat laat mense ewe goor voel op 'n sekere gedeelte van die aardbol?
(ewenaar)

Waarmee word daar geweef in 'n sel?
(weefsels)

Hoe klein of groot is die aks wat ons soms klim?
(klimaks)

Soos wat klink klaar vir jou?
(klinkklaar)

Wat is so erg dat as jy dit sou mors, dit jou kan laat sterf?
(morsdood)

Wat smoor mens as jy baie boos word?
(smoorkwaad)

Hoekom kan ons nie 'boerboel' ook gebruik in die plek van 'n intensiewe vorm van naak nie?
(poedelnaak)

Is die Skotte dan die enigste vryerige nasie?
(skotvry)

Waar kom die splinters vandaan as die artikel nog nuut is?
(splinternuut)

Wat word gestapel deur gekke as hulle koppe begin raas?
(stapelgek)

Hoe lyk 'n stok wat flou is?
(stokflou)

Leef die suinige vrek nog?
(vreksuinig)


« Last Edit: March 03, 2013, 10:45:18 PM by Meraai vannie Baai »

Offline Marius

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
  • Gender: Male
    • Marius Buys Se Skrywes
Re: Kom help skep aan nog (assebliefie)
« Reply #19 on: February 28, 2013, 09:16:32 AM »
My hond le en droomblaf op die bank.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Kom help skep aan nog (assebliefie)
« Reply #20 on: March 01, 2013, 08:31:01 AM »
Marius ek hoop nie hy storm ook in sy slaap op net om homself te pletter teen die muur te loop soos in daardie videotjie wat die omloop hier gedoen het nie  :`ip2:

Offline Marius

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
  • Gender: Male
    • Marius Buys Se Skrywes
Re: Kom help skep aan nog (assebliefie)
« Reply #21 on: March 01, 2013, 11:15:56 AM »
erm, nee, sy is n Boerboel, hulle issie so stupid nie...wel miskien as sy van 'n kat droom...

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom help skep aan nog (assebliefie)
« Reply #22 on: September 17, 2019, 05:03:00 AM »
Lees ek nou weer deur ons spelery met woorde. Juis gister gestaan en dink aan die verskil wat 'n spasie tussen woorde kan maak. Dink toe spesifiek aan 'verskoning' versus 'vers koning'. 
:icon_biggrin: :headbang:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom help skep aan nog (assebliefie)
« Reply #23 on: April 03, 2020, 01:29:40 PM »
Hierdie is regtig 'n prettige speletjie in die sandput.  Ek hoop almal het gou lekker handjies gewas en ge-eet.  Ek wag vir julle!  :love7:
Om te weet is om te verstaan.