Die Biblioteek > Die woordmandjie/Skrywers-skatkis

Kom help skep aan nog (assebliefie)

(1/5) > >>

Meraai vannie Baai:
There's a lie in believe, and over in lover, and end in friend, an us in trust and an if in life ...

Kan ons so iets in Afrikaans skep vir die woordskuur? Kom help groot assebliefie  :love7:

 :crybaby2: Die ui in lui laat my oge traan!

PM:
Is dit min of meer wat jy wil hê?   Ons kan groot pret hê met hierdie speletjie Raaitjie. 

Ek sien laf in lafaard, maar die laf in lafenis het 'n ander betekenis.
'n Os in kos en ook 'n os in bos.
Daar klop 'n aar deur waar, maar daar vloei ook 'n aar deur swaar.
Daar's 'n ma in ouma en'n pa in oupa.
In blink rus ink, maar dit lê ook in stink en
Klaas Geswind word gedryf deur die wind.
Daar's 'n aap in swaap, maar tog kry jy dit ook in slaap.
Hier lê raak in wraak, hoekom dan gif in vergifnis?

Meraai vannie Baai:
Atta pattata, ek lief ons taal. PM staan nader ....  :love7: :hello2: :notworthy: :icon_salut: dit is boektoe-perrrfek!!

PM:
Dit sal maar eensaam wees daar op 'n blaadjie sonder julle bydraes.  Ek wag!   :icon_biggrin:

PM:
Toe speel ek nog:

moor skuil in versmoor
wat soek sies in presies
daar is raat in praat
'n luit in fluit
en roet in gegroet
'n uier in kuier
gom in bruidegom
tee in steek
eet in skeet
gal in galant

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version